{"id":38076,"date":"2016-05-09T10:02:09","date_gmt":"2016-05-09T08:02:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38076"},"modified":"2016-05-09T10:02:09","modified_gmt":"2016-05-09T08:02:09","slug":"belgie-se-nee-vir-namibiese-indringerbos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38076","title":{"rendered":"Belgi\u00eb s\u00ea nee vir Namibiese indringerbos"},"content":{"rendered":"<p>Die Belgiese minister van energie, me. Annemie Turtelboom, is sterk gekant teen di\u00e9 regering se subsidi\u00ebring van \u2019n kragstasie in die stad Gent wat elektrisiteit sal opwek met indringerbos uit Namibi\u00eb.<\/p>\n<p>Die Vlaamse dagblad De Morgen berig die rede hiervoor is die Namibies-\u00adIsraeliese sakeman mnr. Gershon Ben-Tovim, hoof uitvoerende beampte van Greencoal\u00ad (Namibia) Limited wat die hout sal lewer, se vermeende bande met die Italiaanse Mafia. <\/p>\n<p>Greencoal is in 2010 in Namibi\u00eb geregistreer en die maatskappy se registrasienommer is 2010\/0314.<\/p>\n<p>Ben-Tovim was \u2019n sakevennoot van die omstrede Vito Palazollo wat tans tronkstraf in Milaan, Itali\u00eb, uitdien vir sy betrokkenheid by die Cosa Nostra-\u00admafia se geldwassery-skandaal waarby US$80 miljoen se dwelmgeld betrokke was.<\/p>\n<p>Belgian Eco Energy (BEE), die Belgiese maatskappy wat die kragstasie wil oprig, het na wat berig word \u2019n ooreenkoms met Ben-Tovim gesluit vir die verskaffing van biomassa uit Namibi\u00eb om as grondstof in die opwekkingsproses te gebruik.<\/p>\n<p>De Morgen het vroe\u00ebr die week \u2019n \u201cingeligte bron\u201d aangehaal wat ges\u00ea het die laaste ding wat die (Belgiese)\u00ad regering wil doen, \u201cis om miljoene se subsidie aan \u2019n buitelandse misdadiger te gee\u201d.<\/p>\n<p>Turtelboom het verlede Vrydag op grond van die inligting in \u2019n verslag oor Ben-Tovim se betrokkenheid, probeer om \u2019n stokkie te steek voor die subsidi\u00ebring van die kragstasie. Sy het egter nie genoeg steun daarvoor gekry nie.<\/p>\n<p>BEE maak aanspraak op subsidie van meer as 2 miljard euro oor die volgende 15 jaar vir di\u00e9 projek en is van voorneme om \u2019n kwart van die biomassa wat vir opwekking gebruik gaan word, uit Namibi\u00eb in te voer.<\/p>\n<p>\u2019n Groot deel van di\u00e9 subsidie sal volgens die berig in De Morgen aan\u00adgewend word om Ben-Tovim vir die lewering van die indringerbos te betaal.<\/p>\n<p>Ben-Tovim en Palazollo se\u00ad \u00adsakebande strek terug tot kort n\u00e1 Namibi\u00eb se onafhank\u00adlikwording.<\/p>\n<p>Hulle het in die negentigerjare saam \u2019n volstruisbroeiery op Palazollo se plaas naby Omaruru begin. In 1995 het Palazollo vir hom geld geleen om \u2019n diamantmyn in Rusland te koop.<\/p>\n<p>Verder het hy eksklusiewe regte bekom om diamante in Diamantgebied 1 tussen Oranjemund en Bogenfels te ontgin.<\/p>\n<p>Die Instituut vir Sekuriteitstudies (ISS) het vroe\u00ebr in \u2019n verslag oor ge\u00f6rganiseerde misdaad in Namibi\u00eb sy bedenkinge uitgespreek oor waarom een van die mees winsgewende konsessies binne \u2019n De Beers-diamant\u00adgebied aan \u2019n buitelander soos Ben-Tovim toegeken is.<\/p>\n<p>Volgens die instituut se verslag het hy ook bande gehad met August 26, die kommersi\u00eble arm van die Namibiese weermag.<\/p>\n<p>De Morgen berig Ben-Tovim se naam duik ook op in skandaal waarin die Britse parlementari\u00ebr Tony Baldry daarvan beskuldig is dat hy in 2012 sy invloed gebruik het om \u2019n \u00addiamantonderneming in Sierra Leone wat aan eersgenoemde behoort, van die swartlys in di\u00e9 land te haal. Baldry is glo 65 000 euro daarvoor betaal.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Belgiese minister van energie, me. Annemie Turtelboom, is sterk gekant teen di\u00e9 regering se subsidi\u00ebring van \u2019n kragstasie in die stad Gent wat elektrisiteit sal opwek met indringerbos uit Namibi\u00eb. Die Vlaamse dagblad De Morgen berig die rede hiervoor is die Namibies-\u00adIsraeliese sakeman mnr. Gershon Ben-Tovim, hoof uitvoerende beampte van Greencoal\u00ad (Namibia) Limited wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38076\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Belgi\u00eb s\u00ea nee vir Namibiese indringerbos&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38077,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[19005,22520,8312,15605],"class_list":["post-38076","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-gent","tag-indringerbos","tag-kragstasie","tag-mafia"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38076","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38076"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38076\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38077"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38076"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38076"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38076"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}