{"id":38073,"date":"2016-05-09T07:28:23","date_gmt":"2016-05-09T05:28:23","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38073"},"modified":"2016-05-09T07:28:23","modified_gmt":"2016-05-09T05:28:23","slug":"matthew-theunissen-teken-amptelik-verskoning-aan-vir-gebruik-van-k-woord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38073","title":{"rendered":"Matthew Theunissen teken amptelik verskoning aan vir gebruik van &#8216;K-woord&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Matthew Theunissen, die nagraadse student wat uit protes teen rassekwotas in sport op Facebook ges\u00ea het, &#8220;die land word deur &#8216;n spul kaffers regeer&#8221;, het nou via sy vader se prokureur amptelik verskoning aangeteken. Sy skrywe, wat aan &#8220;sy edele minister Fikile Mbalula, die mense van Suid-Afrika, die regering van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie&#8221; gerig is, heet &#8220;Ope brief (en) onvoorwaardelike verskoning&#8221;.<\/p>\n<p>In die brief, wat op Engels vrygestel is, en elders op PRAAG in <a href=\"http:\/\/praag.org\/?p=22391\">die oorspronklike<\/a> te lese is, druk hy sy spyt uit oor sy verklaring op Facebook &#8220;wat &#8216;n invloed op sy lewe had, maar belangriker, die uiterste leed en belediging aan ander aangerig het&#8221;. Hy bied &#8220;onvoorwaardelik verskoning vir sy gedrag, sy taalgebruik, rassistese opmerkings [aan] en die wyse waarop hy in di\u00e9 oomblik sy gevoelens verwoord het&#8221;.<\/p>\n<p>Terwyl Theunissen se oorspronklike uitbarsting veral teenoor die minister van sport, Fikile Mbalula, geskied het, bied hy nou insgelyks &#8216;n verskoning aan die minister aan deur te s\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Minister, u het ontelbare pogings aangewend en vordering in die departement van sport en ontspanning gemaak om Suid-Afrika te verenig en om grondwetlike waardes hoog te hou wat daarop gerig is om Suid-Afrika die groot nasie te maak wat dit is.<\/p>\n<p>&#8220;Dit ly geen twyfel dat my verklaring aanstootlik was nie, en sou, in weerwil van u posisie, u persoonlik leed aandoen. Daar is geen verskoning vir my om die taal te gebruik wat ek wel gebruik het nie, en ek kan my bloot beskikbaar stel aan u, u genade en raad oor hoe ek kan begin om die skade wat ek u berokken het, reg te stel.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Teenoor die ANC-bewind, wat enkele dae tevore nog &#8216;n klomp swartnerwe en &#8220;d*se&#8221; was, bied Theunissen insgelyks verskoning aan deur te s\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Ongeag (my) politieke posisies en mening, is my gedrag onverskoonbaar en my verklarings oor u ongegrond. Ek het geen idee wat dit behels om &#8216;n land te bestuur nie, wat nog te s\u00ea om mense van &#8216;n apartheidsbewind na vryheid te neem nie. My gedagtes word toegeskryf aan &#8216;n grondige gebrek aan begrip en my verklaring was nie net in swak smaak nie, maar blatant oneerbiedig. Ek vra opreg om verskoning daarvoor.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Intussen het die kleurlingrubriekskrywer Eusebius McKaiser geweier om Matthew Theunissen se verskoning te aanvaar en ges\u00ea hy beskou hom steeds as &#8216;n &#8220;rassis&#8221;.<\/p>\n<p>Onder andere skryf McKaiser in sy <a href=\"http:\/\/www.iol.co.za\/capetimes\/net-reveals-theunissens-history-of-abuse-2018920\">rubriek op IOL<\/a>:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Die woord &#8216;kaffer&#8217;, vrees ek, is so uniek gelaai met minagting, kwaadwilligheid, haat en boosaardigheid dat niemand wat nie &#8216;n rassis nie, dit sou gebruik nie.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Matthew Theunissen, die nagraadse student wat uit protes teen rassekwotas in sport op Facebook ges\u00ea het, &#8220;die land word deur &#8216;n spul kaffers regeer&#8221;, het nou via sy vader se prokureur amptelik verskoning aangeteken. Sy skrywe, wat aan &#8220;sy edele minister Fikile Mbalula, die mense van Suid-Afrika, die regering van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie&#8221; &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38073\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Matthew Theunissen teken amptelik verskoning aan vir gebruik van &#8216;K-woord&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38074,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[2878,9791,11081,7210,16408,22519,8090],"class_list":["post-38073","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-facebook","tag-fikile-mbalula","tag-k-woord","tag-kaffer","tag-kaffir","tag-matthew-theunissen","tag-verskoning"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38073","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38073"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38073\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38074"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38073"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38073"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38073"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}