{"id":38053,"date":"2016-05-06T09:29:31","date_gmt":"2016-05-06T07:29:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38053"},"modified":"2016-05-06T09:29:31","modified_gmt":"2016-05-06T07:29:31","slug":"londonistan-britse-hoofstad-kry-moslemburgemeester-na-bittere-stryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38053","title":{"rendered":"&#8216;Londonistan&#8217;: Britse hoofstad kry Moslemburgemeester n\u00e1 bittere stryd"},"content":{"rendered":"<p class=\"mol-para-with-font\">Die Britse Konserwatiewe Party is besig met interne verwyte nadat hulle waarskynlik die plaaslike verkiesing in Londen ver verloor het. Hoewel stemme in gister se plaaslike verkiesings eers vanaf vanoggend om 9-uur Suid-Afrikaanse tyd (8-uur in Engeland) getel gaan word, is dit feitlik &#8216;n uitgemaakte saak dat die Moslemkandidaat van die Arbeidersparty, Sadiq Khan, teen Zac Goldsmith van die Konserwatiewes gaan wen. Dus gaan Londen, die rykste stad in Europa wat ook as nie-amptelike finansi\u00eble hoofstad optree, vir die eerste keer in die geskiedenis oor &#8216;n Moslemburgemeester beskik. Hy vervang mnr. Boris Johnson, wat in &#8216;n leierskapstryd met die eerste minister David Cameron gewikkel is.<\/p>\n<figure id=\"attachment_38065\" aria-describedby=\"caption-attachment-38065\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Sadiq-Khan-3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-38065\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Sadiq-Khan-3-300x200.jpg\" alt=\"Zadiq Khan met 'n plakkaat waarin vlugtelinge in Londen verwelkom word\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Sadiq-Khan-3-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Sadiq-Khan-3-148x98.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Sadiq-Khan-3-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Sadiq-Khan-3-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Sadiq-Khan-3-323x215.jpg 323w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Sadiq-Khan-3.jpg 615w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-38065\" class=\"wp-caption-text\">Zadiq Khan met &#8216;n plakkaat waarin vlugtelinge in Londen verwelkom word<\/figcaption><\/figure>\n<p class=\"mol-para-with-font\">Die mees onlangse meningspeiling deur die Evening Standard het aangetoon dat Khan met 14% teenoor Goldsmith voorloop. Laasgenoemde het gedurende die verkiesing gepoog om Khan verdag te maak deur hom met radikale Moslems te verbind. Maar volgens Andrew Boff, die Konserwatiewe leier van die Groter Londense stadsraad, was dit &#8216;n &#8220;verregaande&#8221; fout om Khan vir sy bande met &#8220;ekstremistiese&#8221; Moslems aan te val. Volgens hom &#8220;kan dit skade aan die party se verhouding met Moslems berokken&#8221;.<\/p>\n<p class=\"mol-para-with-font\">Enkele minute nadat die stembusse gisteraand gesluit het, het mnr. Boff Goldsmith se strategie om op Khan se o\u00ebnskynlike bande met radikale Moslems te fokus, skerp gekritiseer. Hy het aan die BBC ges\u00ea: &#8220;Dit kom eintlik daarop neer dat mense met konserwatiewe godsdienstige sienings nie vertrou kan word nie en dat jy nie &#8216;n platform met hulle kan deel nie. Dis verregaande.&#8221;<\/p>\n<p class=\"mol-para-with-font\">Boff het bygevoeg dat Zac Goldsmith &#8220;regte skade gedoen het&#8221; en &#8220;br\u00fbe opgeblaas het&#8221; wat die Konserwatiewe Party met Londen se Moslemgemeenskappe gebou het. Volgens hom is dit &#8216;n fout om &#8220;mense met konserwatiewe godsdienstige menings aan ondersteuners van terrorisme gelyk te stel. Ek het genoem dat dit &#8216;n fout is sover dit die toekomstige integrasie van Londen (met Moslems) betref. As jy &#8216;n politikus in Londen is, is dit &#8216;n baie vreemde ding om te doen. Ek meen dat dit die Konserwatiewes skerp gaan benadeel, veral in daardie dele van Londen met &#8216;n ho\u00eb Moslembevolking.&#8221;<\/p>\n<p class=\"mol-para-with-font\">Die persentasie Moslems in Londen is reeds vyftig persent en sal na verwagting toeneem soos wat immigrasie, asook die ho\u00eb bevolkingsaanwas van Moslems, sy tol eis.<\/p>\n<p class=\"mol-para-with-font\">Londen beskik oor &#8216;n reuse- stedelike ekonomie, die tweede grootste in Europa, naas Parys wat net &#8216;n kortkop voor die Britse hoofstad is. Die tien grootste stedelike gebiede in Europa is die volgende:<\/p>\n<ol>\n<li class=\"mol-para-with-font\">Paryse stedelike gebied, Frankryk \u20ac623 miljard<\/li>\n<li class=\"mol-para-with-font\">Groter Londen, Verenigde Koninkryk \u20ac622 miljard<\/li>\n<li class=\"mol-para-with-font\">Duitse Ryn-Ruhrgebied, Duitsland \u20ac362 miljard<\/li>\n<li class=\"mol-para-with-font\">Nederlandse Randstad, Nederland \u20ac263 miljard<\/li>\n<li class=\"mol-para-with-font\">Madrid-stedelikegebied, Spanje \u20ac199 miljard<\/li>\n<li class=\"mol-para-with-font\">Milanese stedelike gebied, Itali\u00eb \u20ac190 miljard<\/li>\n<li class=\"mol-para-with-font\">Frankfurt-aan-die-Main, Duitsland \u20ac173 miljard<\/li>\n<li class=\"mol-para-with-font\">Rome: stedelike gebied, Itali\u00eb \u20ac154 miljard<\/li>\n<li class=\"mol-para-with-font\">M\u00fcnchen-streek, Duitsland \u20ac147 miljard<\/li>\n<li class=\"mol-para-with-font\">Berlynse stedelike gebied, Duitsland \u20ac146 miljard<\/li>\n<\/ol>\n<p>Vergeleke hiermee, beskik die hele Suid-Afrika oor &#8216;n BNP van \u20ac284 miljard, oftewel effens groter as die Nederlandse Randstad wat uit Amsterdam, Rotterdam, Den Haag en Utrecht bestaan. Drie stedelike gebiede in Europa, waaronder Parys en Londen, se ekonomie\u00eb is dus meer as twee keer so groot soos die totale Suid-Afrikaanse ekonomie! En dit is juis een van hulle wat van vandag af onder &#8216;n Moslemleier staan.<\/p>\n<p>Die gevolge vir Engelse en Britse identiteit is ook legio, want voortaan sal Britse politici toenemend hul Islamitiese kiesers moet pamperlang, soos inderdaad reeds in Londen gebeur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Britse Konserwatiewe Party is besig met interne verwyte nadat hulle waarskynlik die plaaslike verkiesing in Londen ver verloor het. Hoewel stemme in gister se plaaslike verkiesings eers vanaf vanoggend om 9-uur Suid-Afrikaanse tyd (8-uur in Engeland) getel gaan word, is dit feitlik &#8216;n uitgemaakte saak dat die Moslemkandidaat van die Arbeidersparty, Sadiq Khan, teen &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38053\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Londonistan&#8217;: Britse hoofstad kry Moslemburgemeester n\u00e1 bittere stryd&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38054,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5038,22509,22510,22512,22511],"class_list":["post-38053","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-londen","tag-londonistan","tag-plaaslike-verkiesings","tag-sadiq-khan","tag-zac-goldsmith"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38053","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38053"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38053\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38054"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38053"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38053"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38053"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}