{"id":38052,"date":"2016-05-06T08:26:44","date_gmt":"2016-05-06T06:26:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38052"},"modified":"2016-05-06T08:26:44","modified_gmt":"2016-05-06T06:26:44","slug":"anc-se-komplot-kommer-is-indie-nog-deel-van-brics","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38052","title":{"rendered":"ANC se komplot-kommer: Is Indi\u00eb nog deel van BRICS?"},"content":{"rendered":"<p>Die ANC in KwaZulu-Natal s\u00ea die VSA en Brittanje voer &#8216;n komplot om van President Jacob Zuma en sy Brasiliaanse eweknie, Dilma Rousseff ontslae te raak. <\/p>\n<p>Die rede daarvoor is glo dat Anglo-Amerikaanse beleidsmakers die Brics-lande as &#8216;n bedreiging vir hul ekonomiese beheer beskou. <\/p>\n<p>Indi\u00eb word egter nie deur die VSA en Brittanje as &#8216;n bedreiging gesien nie, maar as &#8216;n bondgenoot.<\/p>\n<p>Die verhouding met China kan op die langduur problematies raak aangesien Rusland goeie verhoudinge met die Chinese aangeknoop het.<\/p>\n<p>Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala het &#8216;n lesing by die Universiteit van Zululand naby Empangeni gelewer. <\/p>\n<p>Zikalala het die totstandkoming van die Brics-ontwikkelingsbank as &#8216;n keerpunt beskryf, wat politieke aanvalle in vlae sal meebring, het RSG berig.<\/p>\n<p>Die geopolitieke omstandighede is egter meer verwikkeld as wat die Zoeloeleiers en Gupta-vennote wil voorhou.<\/p>\n<p>Indi\u00eb se premier Modi het &#8216;n reeks besluite oor die afgelope maand geneem wat toon dat sy land se strategiese berekeninge radikaal verander het sedert die Amerikaanse minister van verdediging Ashton Carter se besoek verlede maand.<\/p>\n<p>Elemente van &#8216;n anti-Chinese spilpunt is in Indi\u00eb se jongste beleidsverklarings opgemerk na die &#8220;logistieke dienste-ooreenkoms&#8221; (LSA) met die VSA wat glo tans onderhandel word.<\/p>\n<p>Reuters haal Amerikaanse milit\u00eare amptenare aan wat beweer dat die LSA die twee lande &#8220;sal toelaat om mekaar se grond-, lug- en vlootbasisse vir voorrade, brandstof en rus te deel&#8221;.<\/p>\n<p>Dit beteken in werklikheid dat die VSA effektief die reg verkry het om volle spektrum rotasiemagte oral in die hele Indi\u00eb op &#8216;n gereedheidsgrondslag te plaas ten einde China te beheer.<\/p>\n<p>Alhoewel Rusland voorheen wapens aan Indi\u00eb verskaf het, het die VSA intussen oorgeneem as die land se grootste verskaffer. Die Indi\u00ebrs is selfs &#8216;n Amerikaanse vliegdekskip belowe.<\/p>\n<p>Indi\u00eb was sigbaar ontsteld na China verlede jaar aangekondig het dat $46 miljard bestee sal word aan &#8216;n China-Pakistan Ekonomiese Korridor (CPEC) wat deur die Pakistani-geadministreerde Kasjmir sal loop.<\/p>\n<p>Nieu-Delhi het klaarblyklik Amerikaanse planne om Eurasiese integrasie te saboteer verwelkom deur &#8216;n konferensie te re\u00ebl van Chinese dissidente, iets wat Indi\u00eb met sy botsende etniese groepe skaars kan beskostig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC in KwaZulu-Natal s\u00ea die VSA en Brittanje voer &#8216;n komplot om van President Jacob Zuma en sy Brasiliaanse eweknie, Dilma Rousseff ontslae te raak. Die rede daarvoor is glo dat Anglo-Amerikaanse beleidsmakers die Brics-lande as &#8216;n bedreiging vir hul ekonomiese beheer beskou. Indi\u00eb word egter nie deur die VSA en Brittanje as &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38052\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC se komplot-kommer: Is Indi\u00eb nog deel van BRICS?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38055,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[],"class_list":["post-38052","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38052","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38052"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38052\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38055"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38052"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38052"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38052"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}