{"id":37997,"date":"2016-05-03T11:41:30","date_gmt":"2016-05-03T09:41:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37997"},"modified":"2016-05-03T11:46:36","modified_gmt":"2016-05-03T09:46:36","slug":"kaapse-rasherrie-blanke-kelnerin-ontvang-r131-000-aan-skenkings-van-publiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37997","title":{"rendered":"Kaapse rasherrie: blanke kelnerin ontvang R131 000 aan skenkings van publiek"},"content":{"rendered":"<p>Nadat sy deur &#8216;n selfaangestelde &#8220;antikoloniale&#8221; swart aktivis in die kafee waar sy werk beledig is, het &#8216;n blanke kelnerin van Kaapstad, Ashleigh Schultz, honderde skenkings of &#8220;fooitjies&#8221; van regoor die w\u00eareld ontvang. Op Donderdag 29 April het Ntokozo Qwabe, &#8216;n Rhodes-beurshouer aan die Universiteit van Oxford wat sy &#8220;dankbaarheid&#8221; teenoor Rhodes betoon het deur &#8216;n onsuksesvolle veldtog te voer om die standbeeld van die beroemde imperialis van Oriel-kollege in Oxford te laat verwyder, geweier om &#8216;n fooitjie aan Schultz te gee omdat sy wit is.<\/p>\n<p>Qwabe het &#8216;n boodskap in hoofletters aan die hele blanke ras in Suid-Afrika op &#8216;n rekening geskryf wat hy van mejuffrou Schultz in die Obzcaf\u00e9 in Kaapstad ontvang het: &#8220;WE WILL GIVE TIP WHEN YOU RETURN THE LAND.&#8221; Hy het later op Facebook daaroor gespog, asook oor die &#8220;blanke trane&#8221; waarin sy uitgebars het. Di\u00e9 inskrywing het viraal versprei en is selfs op die globale webblad Mail Online, wat aan die gewilde Britse koerant met di\u00e9 titel gekoppel is, geplaas onder die opskrif:<\/p>\n<h4 id=\"ext-gen98\"><a href=\"http:\/\/www.dailymail.co.uk\/news\/article-3566362\/Oxford-student-Rhodes-Fall-campaign-boasts-refused-tip-waitress-white-left-floods-tears.html\">Oxford student who led campaign to remove Rhodes statue boasts that he refused to tip a waitress because she is white and left her in floods of &#8216;white tears&#8217;<\/a><\/h4>\n<div>Twee weldoeners, Roman Cabanac van Johannesburg en Sihle Ngobese van Kaapstad, het besluit om &#8216;n fondsinsamelingsveldtog in haar guns te loods. Ngobese, wat swart is maar vir die opposisiebeheerde Wes-Kaapse provinsiale regering werk, het Saterdag aan &#8216;n Suid-Afrikaanse nuuswerf ges\u00ea dat hy Qwabe se Facebook-plasing &#8220;beledigend, rassisties en skandelik&#8221;vind en gevoel dat hy die minste wat hy kan doen, was om aan die kelnerin die fooitjie te gee wat aan haar geweier is&#8221;. Hy het &#8216;n foto van sy kwitansie vir R50 op Twitter geplaas, met die handgeskrewe woorde :&#8221;And the kindness is free. F*** RMF!&#8221;<\/div>\n<div><\/div>\n<div>Hy het voorts ges\u00ea: &#8220;Qwabe sien nie die ironie raak van wat hy gedoen het nie. As jy oor bevoordeling wil praat, dis die toppunt van ironie vir &#8216;n meestersgraadstudent van Oxford om baas te speel oor &#8216;n kelnerin wat vir die minimumloon werk. Dit druk vir my die minagting uit wat RMF se bewerings dat dit &#8216;n stem vir die armes is, verdien.&#8221; Die afkorting RMF staan vir #RhodesMustFall, &#8216;n hutsmerk wat aanvanklik aan die Universiteit van Kaapstad gebruik is toe Rhodes se standbeeld daar met menslike ontlasting deur swart betogers bevuil is.<\/div>\n<p>Die geldinsamelingsveldtog ten gunste van mejuffrou Schultz het verder momentum gekry toe twee omroepers van Gareth Cliff se aanlynradiostasie, CliffCentral, betrokke geraak het. Roman Cabanac en Jonathan Witt, aanbieders van die program &#8220;The Renegade Report&#8221;, het besluit om geld vir die blanke kelnerin wie se moeder ook aan kanker ly, in te samel. Hulle het &#8216;n rekening by Capitec-bank geopen en teen Sondagaand 20:00 toe die veldtog sluit, was daar &#8216;n totaal van R44 777,70 in die rekening. &#8216;n Ander veldtog op die skarebefondsingsplatform GoFundMe het tot dusver $6 045 ge\u00efn, wat die groottotaal op R130 928 in randterme te staan bring.<\/p>\n<p>Op die GoFundMe-blad ten gunste van die 24-jarige blanke kelnerin, word Qwabe se antiwit tirade teen haar op Facebook prominent vertoon. Dit wil voorkom asof sy polities korrekte minagting vir haar heelwat aanlynsimpatie vir haar geskep het.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/qwabe_facebook.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-22353\" src=\"http:\/\/praag.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/qwabe_facebook.png\" alt=\"qwabe_facebook\" width=\"428\" height=\"764\" \/><\/a><\/p>\n<p>Die fondsinsamelingsprojek ten gunste van Ashleigh Schultz het egter kritiek gekry van linksgesindes wat alle blankes steeds as &#8220;bevoordeel&#8221; beskou. Cabanac is deur die linkse joernalis Nikolaus Bauer op Twitter aangeval (sien onmiddellik hier onder).<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">*yawn* Let me know when y&#8217;all ever collect R30k for black waitrons abused by white patrons (to paraphrase <a href=\"https:\/\/twitter.com\/lesterkk\">@lesterkk<\/a>) <a href=\"https:\/\/t.co\/IidIlYMfi7\">https:\/\/t.co\/IidIlYMfi7<\/a><\/p>\n<p>\u2014 Nickolaus Bauer (@NickolausBauer) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/NickolausBauer\/status\/726708789861339137\">May 1, 2016<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Die alomteenwoordige anti-Afrikaanse, antiblanke popman Conrad Kock en sy pop Chester Missing het ook aan &#8216;n rusie met Roman Cabanac en die Renegade Report deelgeneem:<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\"><p>\nMr. Missing fails to disclose that he gets paid that amount for a corporate gig. What has he donated? <a href=\"https:\/\/t.co\/wQXrTkFkkM\">pic.twitter.com\/wQXrTkFkkM<\/a><\/p>\n<p>\u2014 The Renegade Report (@Renegade_Report) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/Renegade_Report\/status\/727087465534767104\">May 2, 2016<\/a>\n<\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Op die konserwatiewe Britse tydskrif, The Spectator, se woernaal, skryf Candice Holdsworth dat Qwabe en sy mede-swartaktiviste teen Rhodes en blankes in die algemeen <a href=\"http:\/\/blogs.spectator.co.uk\/2016\/04\/rhodes-must-fall-activists-have-become-the-very-thing-they-hate\/\">presies d\u00edt geword het wat hulle verpes<\/a>:<\/p>\n<blockquote><p>A cruel stunt by a group of Rhodes Must Fall activists has exposed just how detached from reality the regressive left\u2019s \u2018privilege\u2019 narratives are. Ntokozo Qwabe, one of the most prominent figures of Oxford\u2019s \u2018Rhodes Must Fall\u2019 movement, has been publicly gloating on social media about humiliating a white waitress in Cape Town.<\/p>\n<p>Showing a stunning lack of self-awareness, Qwabe, in his recollection of the incident, does not recognise that as a student of law at one of the world\u2019s most prestigious universities, he is probably more privileged than a waitress working a minimum-wage job. Even if she is white and he is black.<\/p><\/blockquote>\n<p>PRAAG het mejuffrou Schultz gekontak wat ges\u00ea het dat sy al vier jaar lank by ObzCaf\u00e9 werk maar in al di\u00e9 tyd &#8220;nog nooit die voorwerp van &#8216;n politieke grap of belediging&#8221; was nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van ObzCafe het Saterdag aan die media ges\u00ea dat hy nie kommentaar wil lewer nie. Die eienaar, Gavin Hagger, het aan die Weekend Argus ges\u00ea dat &#8220;dit ongelukkig en treurig is&#8221; dat klante &#8220;die politieke kaart gespeel het&#8221;.<\/p>\n<p>Die presiese rede waarom mejuffrou Schultz in trane uitgebars het, is nie tot dusver onthul nie, en kan Qwabe se buffelagtige gedrag in &#8216;n selfs slegter lig stel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nadat sy deur &#8216;n selfaangestelde &#8220;antikoloniale&#8221; swart aktivis in die kafee waar sy werk beledig is, het &#8216;n blanke kelnerin van Kaapstad, Ashleigh Schultz, honderde skenkings of &#8220;fooitjies&#8221; van regoor die w\u00eareld ontvang. Op Donderdag 29 April het Ntokozo Qwabe, &#8216;n Rhodes-beurshouer aan die Universiteit van Oxford wat sy &#8220;dankbaarheid&#8221; teenoor Rhodes betoon het deur &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37997\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kaapse rasherrie: blanke kelnerin ontvang R131 000 aan skenkings van publiek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37998,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[22498,22045,4772,22121,22499],"class_list":["post-37997","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-ashleigh-schultz","tag-ntokozo-qwabe","tag-ras","tag-rasherrie","tag-roman-cabanac"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37997","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37997"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37997\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37998"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37997"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37997"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37997"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}