{"id":37910,"date":"2016-04-26T10:22:29","date_gmt":"2016-04-26T08:22:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37910"},"modified":"2016-04-26T12:56:57","modified_gmt":"2016-04-26T10:56:57","slug":"tradisionele-engelse-wereld-is-besig-om-uitmekaar-te-val","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37910","title":{"rendered":"Tradisionele Engelse w\u00eareld is besig om uitmekaar te val"},"content":{"rendered":"<p>Natuurlik bestaan daar steeds diepgaande historiese en kulturele bande tussen Brittanje en Amerika, maar die huidige w\u00eareldklimaat en opkoms van China veroorsaak dat die twee eertydse bondgenote se beskouings ingrypend verander het.<\/p>\n<p>Dikwels kla Suid-Afrikaners oor Suid-Afrika se vriendelike beleid teenoor China, maar sien nie raak dat dit direk verband hou met Brittanje se toenemende vriendskap met China nie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 Sino-Britse toenadering, soos die pas afgelope toer van die Britse koningshuiserfgename aantoon, is trouens iets waaroor Amerikaanse amptenare dikwels kla, en tans selfs stappe neem om te probeer kortwiek.<\/p>\n<p>Enigiemand wat twyfel dat &#8216;n hele aantal vooraanstaande lede van die huidige Amerikaanse buitelandse beleid nie hul insigte aan Oxford te danke het nie, moet blind wees.<\/p>\n<p>Susan Rice, die nasionale veiligheidsadviseur, Obama se Bill Burns, wat Hillary Clinton se adjunk by die departement van buitelandse sake was, asook Jake Sullivan, een van haar naaste adviseurs, is almal Oxford-alumni.<\/p>\n<p>Hierdie soort skakeling gee Brittanje maklike toegang in Washington, maar in die toekoms, gaan hierdie elite se Brits-opvoedkundige doppies geklink wees.<\/p>\n<p>Stephen Schwarzman, &#8216;n Amerikaanse finansier, het pas &#8216;n groot beursskema, wat deur die Rhodesbeurse aan Oxford ge\u00efnspireer is, vir skrander Amerikaners en ander oopgestel om aan die Chinese universiteit in Beijing te studeer.<\/p>\n<p>Die nie-onredelike aanname van Schwarzman is dat dit in die toekoms belangriker vir Amerikaanse aspirantleiers gaan wees om China te verstaan.<\/p>\n<p>Die opkoms van Asi\u00eb sal ook die aard van Kanada en Australi\u00eb, twee ander belangrike lede van die historiese Anglosfeer, onherroeplik verander.<\/p>\n<p>Australi\u00eb doen, waarde-gewys, 10 keer soveel handelstransaksies met China en Japan as met Brittanje.<\/p>\n<p>Die bevolking van Toronto, Kanada se grootste stad, bestaan nou uit sowat 35 persent etniese Asiate, en die syfer is meer as 40 persent vir Vancouver wat aan die kus van die Stille Oseaan gele\u00eb is.<\/p>\n<p>Dit is Britte wat nostalgies voel oor die Engelse w\u00eareld en meen dat hulle nog voordeel kan trek uit die kulturele krag van die VSA en nie die werklikheid wil raaksien nie: Die tradisionele Engelse w\u00eareld is besig om uitmekaar te val.<\/p>\n<p>Die Koningshuis en Obama hoop dat Brussel Engels as die gemeenskaplike taal van alle EU-instellings sal omarm om die gemis aan &#8216;n Empaaier draagliker te maak.<\/p>\n<p>Obama het juis weer sy besoek aan Duitsland gebruik om uit te vaar teen &#8220;nasionaliste&#8221;. In wese beteken dit dat hy van Europe\u00ebrs vra om van hul tale en identiteite ontslae te raak sodat hulle Engelse kan word. Dalk Engelse Chinese?<\/p>\n<p>Die koningin van Engeland het so pas haar negentigste verjaarsdag gevier en die kanse dat sy nog negentig jaar lank Engels oral gaan adverteer, is skraal. Haar seun en opvolger Charles is te ongewild daarvoor.<\/p>\n<p>Hopelik sien Frankryk en Duitsland egter gou genoeg die gaping om van hul Angel-Saksiese besetters ontslae te raak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Natuurlik bestaan daar steeds diepgaande historiese en kulturele bande tussen Brittanje en Amerika, maar die huidige w\u00eareldklimaat en opkoms van China veroorsaak dat die twee eertydse bondgenote se beskouings ingrypend verander het. Dikwels kla Suid-Afrikaners oor Suid-Afrika se vriendelike beleid teenoor China, maar sien nie raak dat dit direk verband hou met Brittanje se toenemende [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37911,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[4905,5311,6016,16597],"class_list":["post-37910","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-brittanje","tag-china","tag-engels","tag-imperialisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37910","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37910"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37910\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37911"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37910"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37910"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37910"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}