{"id":3790,"date":"2008-12-29T02:20:29","date_gmt":"2008-12-29T02:20:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3790"},"modified":"2008-12-29T02:20:29","modified_gmt":"2008-12-29T02:20:29","slug":"israelse-tenks-versamel-terwyl-vliegtuie-hamas-bombardeer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3790","title":{"rendered":"Israelse tenks versamel terwyl vliegtuie Hamas bombardeer"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/hamasvegter_met_vuurpyl.jpg\" width=\"240\" height=\"156\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Hamasvegter met vuurpyl<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Israelse tenks het Maandag begin versamel op die grens met Gaza terwyl oorlogsvliegtuie Hamas teikens gebombardeer het in die digbevolkte enklawe waar aanvalle in die laaste twee dae meer as 300 mense gedood het . <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dosyne tenks en personeeldraers het by verskeie punte naby die grens gestaan en luier nadat Israel gewaarsku het dat hulle &#39;n grondaanval kan loods om met hulle lugaanvalle saam te val. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Hamas het op die aanhoudende bombardement  gereageer deur vuurpyle dieper in Israel in te vuur, met een wat nie ver van Ashdod, Israel se tweede grootste lughawe, getref het nie. Dit was so 30 kilometer noord van Gaza en het geen ongevalle veroorsaak nie. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die Islamitiese beweging het Israel daarvan beskuldig dat hulle &#39;n volkslagting uitvoer en dat die w&ecirc;reld toekyk sonder om &#39;n vinger te verroer om dit te keer. Hamas-woordvoerder Fawzi Barhum het ges&ecirc; &quot;die organisasie behou die reg voor om te kan reageer op die aggressie met martelaaroperasies,&quot; bedoelende selfmoordbomaanvalle, van die aard wat Hamas nie in Israel sedert Januarie 2005 uitgevoer het nie. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">VN-sekretarisgeneraal Ban ki-Moen het sy stem gevoeg by die VN-veiligheidsraad se versoeke vir &#39;n onmiddellike einde aan die vyandelikhede. Sy woordvoerder het ges&ecirc;: &quot;Hy beveel sterk aan dat alle gewelddade onmiddellik gestaak moet word.&quot;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Sjina en Japan het ook aangesluit by die internasionale koor van oproepe vir &#39;n einde aan die geweld, wat die stemme van Brittanje, Frankryk en Rusland insluit. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Beijing het ges&ecirc; hulle is geskok en ernstig bekommerd oor die geweld, terwyl Japan &#39;n beroep gedoen het op Israel om selfbeheersing toe te pas en ook op die Palestyne om die vuurpylaanvalle te staak. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Pous Benediktus XVI het die internasionale gemeenskap gevra om alles moontlik te doen om die Israeli&#39;s en Palestyne te help met die doodloopstraat en nie toe te gee aan die perverse logika van konfrontasie en geweld nie. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die Israelse minister van verdediging het beloof om die lugaanvalle te verskerp en uit te brei. Die aanvalle is geloods uit vergelding n&aacute; aanhoudende vuurpylaanvalle deur militante groepe. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&quot;Indien dit nodig is om voetsoldate te ontplooi om ons burgers te beskerm, sal ons dit doen,&quot; het sy woordvoerder hom klaarblyklik aangehaal. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die kabinet het reeds toestemming gegee dat 6 500 reserwesoldate opgeroep word, het &#39;n senior offisier aan verslaggewers n&aacute; die vergadering ges&ecirc;. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Oorlogsvliegtuie gaan steeds voort om die verarmde en oorbevolkte gebied van 1,5 miljoen mense te bestook, waar meeste strate verlate is en baie skole en winkels gesluit is terwyl honderde begrafnisse gehou word. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Vegvliegtuie het die tonnels op Gaza se grens met Egipte bestook &#8211; &nbsp;die tonnels was &#39;n naelstring waardeur Hamas goedere en wapens in die enklawe ingesmokkel het. Die enklawe is so te s&ecirc; deur Israel van die buitew&ecirc;reld afgesny sedert Islamiete daar in Junie 2007 beheer oorgeneem het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Laat Sondag het die vegvliegtuie verskeie metaalwerkswinkels aangeval, wat volgens Israel gebruik word om die vuurpyle saam te flans. <\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/stendy_razval_skhozhdeniya_tekhno_vektor\/\">\u0441\u0442\u0435\u043d\u0434\u044b \u0440\u0430\u0437\u0432\u0430\u043b-\u0441\u0445\u043e\u0436\u0434\u0435\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hamasvegter met vuurpyl Israelse tenks het Maandag begin versamel op die grens met Gaza terwyl oorlogsvliegtuie Hamas teikens gebombardeer het in die digbevolkte enklawe waar aanvalle in die laaste twee dae meer as 300 mense gedood het . Dosyne tenks en personeeldraers het by verskeie punte naby die grens gestaan en luier nadat Israel gewaarsku &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=3790\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Israelse tenks versamel terwyl vliegtuie Hamas bombardeer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,3634,21089],"class_list":["post-3790","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-israelse-tenks-versamel-terwyl-vliegtuie-hamas-bombardeer","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3790","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3790"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3790\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3790"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3790"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3790"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}