{"id":379,"date":"2007-05-02T07:22:32","date_gmt":"2007-05-02T07:22:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=379"},"modified":"2007-05-02T07:22:32","modified_gmt":"2007-05-02T07:22:32","slug":"die-eenarmbandiet-n-toebroodjie-op-die-steppe-en-die-baard-van-max-du-preez-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=379","title":{"rendered":"Die eenarmbandiet, &#8216;n toebroodjie op die Steppe en die baard van Max du Preez 1"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Nee, nie almal sou dink dis nodig om hierdie dinge wat so skroei op sy tong, wat so bewe in sy tikvingertoppies, te s&ecirc; nie. Maar Max moet praat; m&oacute;&eacute;t net eenvoudig woorde rangskik en uitmarsjeer in &rsquo;n enkellinie. Want, en hy kan maar net hoop, as hy praat, wie weet, miskien maak dit die gedruis in sy skedel stil.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die geraas, die geraas! Dis soos &rsquo;n duisend kraaie wat op &rsquo;n sinkdak trap en krap. &rsquo;n Mot in die oor. John Hanning Speke, die ontdekkingsreisiger, het mos eenkeer iewers in Afrika &rsquo;n mot in die oor gekry en hoe meer hy hom met sy duim en wysvinger probeer vasgryp het, hoe dieper het die mot in die oorkanaal ingekruip. Dit het die dapper Speke amper mal gehad, kranksinnig van pyn en &rsquo;n sekere oervrees want die klank van elke spiertrilling van die insek is versterk omdat dit aan die oordrom geraak het. Elke miniatuur beweging het &rsquo;n donderstorting van onontvlugbare geraas en gegrom en geloei veroorsaak. En daarmee saam die yskoue wete dat die brein net millimeters van die mot se geknaag is.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit raas. Dit raas in Max se kop maar dit is nie die gekryts van kraaikloue op &rsquo;n sinkdak of van &rsquo;n mot in die oorkanaal nie. Dit is die geluid van &rsquo;n oerwaarheid, van &rsquo;n kennis wat hy het, &rsquo;n wete wat hy nie eers saggies aan homself wil erken nie. As dit stil is in sy binnekant, dan is dit wanneer di&eacute; waarheid keel skoonmaak. En deesdae, iewers in die agtergrond, sing &rsquo;n koor, &rsquo;n massiewe koor van honderde, van duisende, selfs miljoene, stemme. Hulle sing van &rsquo;n generaal wat hulle moet kom lei.<\/span><\/p>\n<h3><strong><span style=\"text-decoration: none\">Die skrywer van paalplakkate<\/span><\/strong><\/h3>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Daar was &rsquo;n tyd toe Max die stemme nie gehoor het nie; wat die geroesteskarnierklanke van sy eie stem elke ander in sy eie ore verdoesel het.<\/p>\n<p> Wat &rsquo;n vuurvreter was ons Max in daardie dae nie, met &rsquo;n hart van gesmelte goud vir die verontregte en &rsquo;n buik vol suur teen die onderdrukker. A, as die gloriedae van die stryd maar net langer wou hou, net nog &rsquo;n dekade, kans vir nog vyfhonderd uitgawes van daardie stuitige klein <em>Vrye Weekblad<\/em> wat so rojaal vanuit Swede en Brittanje gefinansier is. Hoe maklik was dit nie in daardie dae om die onreg raak te skryf nie! Wit was NP en NP was verstok, onbehendig en vol kleinvrees, die mees verstokte organisasie in die geskiedenis van verstokte organisasies in Suid-Afrika. (Behalwe vir die AWB en die KP en die Volksfront en al die ander regse grotbewonerorganisasies, om nie van die HNP te vergeet nie &ndash;&nbsp; maar wie onthou die HNP (die Ha En Pee!) deesdae? &ndash;&nbsp; en red nou &rsquo;n volk, bring nou helderheid in soveel donkergrysheid van uitgediende, ingeteelde denke, in idees so dof dat die NP se flou lig eintlik blink daarin skyn.) <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">En daarteen die ANC. A, die ANC! ANC was fier en edel en vol volkshumor, dit was Nelson &#8211; Madiba! &#8211; en die Moeder van die Nasie met haar vuurhoutjies en halssnoere en dit was entoesiastiese skares en sagmoedige swart massas vol deernis en groot vergifnis en visies van nasiebou&#8230; Oliver en Govan en klein Thabo en Chris en Jay en Mac Maharaj wat lyk soos &rsquo;n Indiese Kolonel Saunders met daardie winkbroue en daardie spits baardjie. Kerrie! As die NP vaal vleis, rys en aartappels was, is die ANC kerrie, vol skroeiende geure en onuitkenbare smake, anys en knoffel en kadamom-sade en lourierblare, kerrieblare en danja, maar ook mar&ocirc;g en pap en &rsquo;n pot vol afval en kalbasse vol suur sorghumbier. Hoe kan hierdie Boerseun, hierdie Max du Preez, dit weerstaan? Die NP was so, so&#8230; so wit, as die lesers nie verkeerd sal verstaan nie, so smaakloos, en die ANC so vol kleurryke en geurige beloftes. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Om darem so aan die opmarsjeerkant van &rsquo;n rewolusie te wees! S&ecirc; wat jy wil, dit is anders, baie anders vir &rsquo;n Boerseun, &rsquo;n Du Preez, om met soveel ywer deel te neem aan &rsquo;n anti-Afrikanerrewolusie. Anders? Natuurlik, want andersheid is &rsquo;n belangrike element in Max se siening van homself. Hy het lankal geleer dat daar &rsquo;n uitsonderlike glorie in andersheid is. As jy wil h&ecirc; mense moet oor jou praat &ndash; en hoe lekker is d&iacute;t nie? &ndash; dan is dit belangrik dat jy anders is. Nie &rsquo;n frats nie, hoor. Net anders. Hoe om dit te verduidelik?. Anders, maar nie &rsquo;n frats nie is&#8230; dit is soos sy&#8230; baard!<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Max du Preez se baard is anders. Nie uitspattig of fratsagtig nie, net anders. Dit is nie so &rsquo;n politieke bokkie soos wat Smuts, Hertzog en nou ook Mbeki het nie. Net so is Max ook nie &rsquo;n politieke dier in &rsquo;n bepaalde kamp nie; hy beweeg oor grense, soos &rsquo;n reuk, en oral waar hy kom, is daar iemand wat in die lug snuif en hom herken. Sy baard het ook nie die sluwe, kinderbybelduiwelswier van Maharaj of Jay Naidoo nie. Syne is eerder &rsquo;n opregte baard want Afrikanerstylintegriteit is so deel van Max as wat klipkoppies en grys bossies deel is van die Karoo. Maar darem nie boers nie, nie so &rsquo;n harige borslap soos President Brand of Piet Joubert of selfs die Ajatolla Khomeini s&rsquo;n nie. Max se baard is so &rsquo;n presiese een, omlyn die kakebeen en trek &rsquo;n netjiese muilband om die mond. Eintlik het dit nie baie hare nie. Wys jou hoe baie met hoe min gedoen kan word. Soos die regte woord op die besliste oomblik. Dis hoe sy baard is. Dit is nie vergesog om te dink dat daar eendag van &rsquo;n Max-du-Preez-stylbaard gepraat sal word nie. Stylvol maar opreg.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Styl en opregtheid. Daar&rsquo;s nou vir jou twee eienskappe wat jy nie in lyn kan bring met die Versteende Verstande van die verlede nie. Vreemd hoe die Nasionale Party hulle politiek sonder gesigshare bedryf het. Malan, Strijdom, Verwoerd, Vorster, Botha, De Klerk &ndash; almal sorgvuldig skoongeskeer, so al asof hulle hulle sluheid reg in die publieke oog wou versteek. Sluheid? Hmm. Nee. Nou goed, nie slu nie. Sluheid impliseer verbeelding en niemand sou die Natte van verbeeldingrykheid beskuldig nie. Verkramp. Verstok met versteende verstande. Versteende Verstande. Dis hoe Max aan hulle dink, mense wat in een of ander evolusion&ecirc;re fase gefikseer het, waarskynlik in &rsquo;n versamelaar\/jagter-era waar die oorlewingsdrang allesoorheersend was, toe die veg-of-vluginstink die basiese emosie was. Veg en as jy nie kan wen nie, vlug! Vlug in die grot in, die takkraal in, in die getalsterkte van die grotbewoners in. Of, as jy middeljarig en verstok is, &rsquo;n Versteende Verstand is, dan vlug jy in die laer in, agter die pantser van jou wit vel in. Dit is wat hulle sterk gemaak het, hierdie verbete verbeeldingloosheid, hierdie versteende verstande met ontsapte breinare waardeur geen oorspronklike gedagte kon beweeg nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit was hierdie ingelaerdheid wat die bevryders se opmars vir so lank gestuit het. Iemand moes die waagmoed &ndash; om nou P.W. se gepatenteerde term te gebruik &ndash; h&ecirc; om in die bedompige grot in te gaan, die Versteendes aan die baard &ndash; maar baarde het hulle mos nie &ndash; aan die los nekvelle, dan, te gryp, as&rsquo;t ware, en om hulle uit te sleep waar die orkaan&nbsp; van die geskiedenis hulle kon omwaai. Iemand moes teen hulle opstaan om hulle te verslaan en as hierdie iemand &rsquo;n presies gekapte stylvolle baard het, nou ja, kom die tyd, kom die man. En jong Max du Preez rys op met sy gekose wapen in die hand &ndash; &rsquo;n pen. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dat die pen magtiger as die swaard is, d&iacute;t glo hy, maar in sy verbeeldingw&ecirc;reld is dit letterlik so. Hy sien homself, &rsquo;n kwasi-sosialistiese William Wallace (met &rsquo;n Max-du-Preez-baard) uitgerus in &rsquo;n rooi T-hemp met &rsquo;n swart vuis daarop en bandeliere kruis en dwars, Che-styl, daaroor. Onderaan dra hy &rsquo;n Skotse rokkie &ndash; nee! &ndash;eerder &rsquo;n Afrika-kulturele herinterpretasie van die kilt; in sy ensemble&nbsp; het hy &rsquo;n velromp,&nbsp; soos Hoofman Tshwane s&rsquo;n, aan, saam met mynstewels. Sy rewolusion&ecirc;re baard, die Max-du-Preez-stylbaard, is net so effens langer sodat dit bietjie woes kan staan in die warm wind van die stryd. Hy staan so daar teen &rsquo;n bultjie uit en gluur na die aanploeterende horde Verwoerdiaanse Versteendes, elkeen van hulle styf in swart pakke en wit hemde en smal, donker dasse, die volle Broederbond uniform, en die ringkoppe dra sulke smalrand Homburg hoede, die soort wat John Vorster altyd so beleef getiep het in die rigting van die pers. En hy kyk hulle in die gesig, net hy, jong Max du Preez en in sy hande het hy &rsquo;n enorme pen so groot soos &rsquo;n dubbelhand Claymore swaard. Hierdie pen is &rsquo;n gewone balpunt &ndash; niks so aanstellerig soos &rsquo;n Parker of &rsquo;n Montblanc vulpen nie &ndash; &rsquo;n goeie proletariese Bic balpunt, die geel soort met die blou doppie, die ronde gaatjie in die sy en die spits punt met die blertsie donkerblou ink op die balletjie &ndash; &rsquo;n joernalispen! Hy swaai dit in wye, venynige sirkels voor hom, kletter die Versteende Verstande om maar hulle hou aan voortploeter in so &rsquo;n meedo&euml;nlose pas, een swaar voet na &rsquo;n ander en aan en aan en aan. Maar Max swaai sy pen, steek, dryf terug, kap, man-alleen, &rsquo;n verwoestende vestingheld teen &rsquo;n horde nasionalistiese Orks. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Diep asem. Wag. Max is genoeg van &rsquo;n letterkundige om te weet dat &rsquo;n metafoor &rsquo;n toepassing moet h&ecirc;. Die held met die reusepen, ja dit is &rsquo;n opwindende beeld, maar hoe lyk dit in die regte w&ecirc;reld? Die pen is magtiger as die swaard. Die pen is &rsquo;n tikmasjien, &rsquo;n woordverwerker, &rsquo;n bladuitleg en gewaagde inhoud. Die pen is &rsquo;n koerant, onafhanklik, op die spits, kloekmoedig. Die pen is&#8230; die pen is <em>Die Vrye Weekblad<\/em>.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ja, <em>Die Vrye Weekblad<\/em> met sy parmantige paalplakkate. &ldquo;Ja-Nee!&rdquo; in kommentaar op FW se referendum. Kyk net, kyk net hoe pittig, so vol dubbelsinnige pret maar ook so vol regverdige gebelgdheid, so &rsquo;n kort, hewige uitblaas van die asem, vol aangeplakte geduld en winkbroue wat lig in die rigting van die remskoene en hulle kortsigtigheid. En in opvolg &ndash; maak reg hiervoor, dit is regtig baie goed &ndash; in opvolg &#329; plakkaat wat s&ecirc;: &ldquo;Ag nou ja!&rdquo; Sien, sien, sien. Dit s&ecirc; alles. As daar dan nou &#329; referendum moet wees, diep sug, nou goed, stem dan maar &ldquo;ja.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Those were the days, my friend, we thought they&rsquo;d never end&#8230;<\/span><\/em><\/p>\n<h3>Lees m&ocirc;re verder aan aflewering twee: Die bewaarder van die rewolusie<br \/> <\/h3>\n<p align=\"justify\" style=\"text-indent: 14.4pt\" class=\"MsoNormal\">&nbsp;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/multimarochnye_universalnye_skanery\/\">\u0441\u043a\u0430\u043d\u0435\u0440 \u0430\u0432\u0442\u043e\u043c\u043e\u0431\u0438\u043b\u044c\u043d\u044b\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.rbc.ua\/rus\/news\/harkovskoy-oblasti-prokuratura-razoblachila-1498048589.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<h3 align=\"justify\"><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/GSVsw.JPG\" width=\"94\" height=\"114\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Gustav Venter spreek die laaste woord oor Max du Preez, in 7240 woorde, in drie aflewerings&#8230; Vandag plaas ons die eerste aflewering waarin &#8216;Mad Max&#8217; se voorgeskiedenis behandel word.<\/strong><\/h3>\n<p align=\"justify\">Max du Preez wil iets s&ecirc; en hy gaan dit s&ecirc;. Eintlik weet hy van beter want hy is in die onlangse verlede al so deeglik afgeransel in al wat &rsquo;n debat is. Maar hy kan, hy k&aacute;n, homself nie help nie. Dit is soos die onwillekeurige gesigspluk van &rsquo;n persoon met &rsquo;n sekere soort spastiesheid. Dit is asof hy ly aan joernalistieke Tourette&rsquo;s sindroom wat sy motoriese vaardighede oorneem. Die oomblik wat iemand net lyk of klink of maak of hy skepties oor die Nuwe Suid-Afrika is, dan spring die selfaangestelde bewaker van di&eacute; nirvana aan die werk. Hy skryf &ndash; tik, eintlik &ndash; en dis moontlik dat sy rubrieke en meningsartikels op &#329; stadium logika en struktuur bevat het, maar, nou ja, dis nie meer so nie. In hierdie tyd is emosie belangriker as denke en verontwaardiging gewigtiger as feite. En as daar iemand is met vragte en vragte se emosie en verontwaardiging, dan is dit Max du Preez.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[516,515,171,21092],"class_list":["post-379","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter","tag-n-toebroodjie-op-die-steppe-en-die-baard-van-max-du-preez-1","tag-die-een-arm-bandiet","tag-gustav-venter","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/379","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=379"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/379\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=379"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=379"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=379"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}