{"id":37894,"date":"2016-04-26T09:09:31","date_gmt":"2016-04-26T07:09:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37894"},"modified":"2016-04-26T09:13:12","modified_gmt":"2016-04-26T07:13:12","slug":"rhodes-universiteit-media-daag-verkragters-voor-boendoehof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37894","title":{"rendered":"Rhodes Universiteit, media daag verkragters voor boendoehof"},"content":{"rendered":"<p>Een van die mans wie se naam op Facebook geplaas is weens vermeende seksuele misdade by die Rhodes-universiteit in Grahamstad, het nou &#8216;n klag by die polisie gel\u00ea.  <\/p>\n<p>Dit wil voorkom asof Facebook intussen die blad gesluit het waarop die boendoehof gehou word.<\/p>\n<p>&#8216;n Inskrywing op die gay Facebook-bladsy getiteld &#8220;RU Queer Confessions, Questions and Crushes&#8221; het die name van 11 mans gelys waarvan drie wit is, wat glo verkragters is.<\/p>\n<p>In weerwil van &#8216;n growwe skending van die mans se regte, het Rhodes Universiteit, die studenteraad en media soos Timeslive, die plasing van die lys sonder meer verwelkom.<\/p>\n<p>Die &#8220;joernalis&#8221; en redakteur van die studentekoerant Mitchell Parker het sy eie aandeel in die boendoehof ook goedgepraat. Hy het na die boendoeregters as &#8220;leiers&#8221; verwys.<\/p>\n<p>Maar volgens aanduidings is nog geen van die mans wat op die lys verskyn ooit aangekla en skuldig bevind van verkragting nie. Hulle is bloot deur &#8216;n groepie lesbi\u00ebrs aangekla.<\/p>\n<p>Kennelik het niemand by die instelling of hul simpatiseerders in die media die vaagste idee van die Grondwet of regte nie.<\/p>\n<p>Dit is nie bekend of dit een van die drie wittes is wat die klag gel\u00ea het nie.<\/p>\n<p>Die polisie wou ook nie die presiese aard van die klag bekend maak nie. Die vise-kanselier van die universiteit, Sizwe Mabizela s\u00ea die universiteit werk nou saam met die polisie in die saak. <\/p>\n<p>Die publikasie van die beweerde oortreders se name het gelei tot openbare geweld deur studente wat beweer dat die bestuur nie optree teen, wat hulle noem, die &#8220;toenemende vekragtingskultuur&#8221; op die kampus nie. <\/p>\n<p>Die kampus moes sluit weens die geweld.<\/p>\n<p>Mabizela s\u00ea &#8216;n tussentydse taakspan om die beleid oor seksuele wangedrag te hanteer, het reeds met sy werk begin.<\/p>\n<p>Intussen is akademiese bedrywighede by die universiteit hervat nadat klasse weens die oproer opgeskort is. <\/p>\n<p>Die oproermakers s\u00ea hulle sal die stryd voortsit totdat die verkragtingskultuur uitgeroei is. Hulle het nie kommentaar gelewer op die skending van die mans se regte nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die mans wie se naam op Facebook geplaas is weens vermeende seksuele misdade by die Rhodes-universiteit in Grahamstad, het nou &#8216;n klag by die polisie gel\u00ea. Dit wil voorkom asof Facebook intussen die blad gesluit het waarop die boendoehof gehou word. &#8216;n Inskrywing op die gay Facebook-bladsy getiteld &#8220;RU Queer Confessions, Questions and [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37895,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[22476,14040,8961,4489],"class_list":["post-37894","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-activate","tag-boendoegereg","tag-rhodes","tag-verkragting"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37894","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37894"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37894\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37895"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37894"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37894"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37894"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}