{"id":37837,"date":"2016-04-22T08:53:32","date_gmt":"2016-04-22T06:53:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37837"},"modified":"2016-04-22T09:10:26","modified_gmt":"2016-04-22T07:10:26","slug":"obama-ontmoet-topamptenare-van-golfstate","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37837","title":{"rendered":"Obama ontmoet topamptenare van Golfstate"},"content":{"rendered":"<p>Pres. Barack Obama het die week topamptenare van ses Arabiese nasies ontmoet om kwessies rakende vrede in die Persiese Golf-streek, insluitende die stryd teen die Islamitiese Staat-groep (ISIS), te bespreek.<\/p>\n<p>Die vergaderings in Rijad moet glo voortbou op \u2019n \u00adsoortgelyke spitsberaad wat verlede jaar by Camp David, die Amerikaanse president se vakansiewoning in Maryland, plaasgevind het.<\/p>\n<p>Die VSA het voor hul besoek gedreig om beslag te l\u00ea op Saoedi-beleggings as hulle nie wil saamwerk nie.<\/p>\n<p>Die byeenkomste in Rijad is &#8216;n aanduiding dat die Withuis skeptiese Midde-Oosterse bondgenote opnuut wil indwing in hul besluite.<\/p>\n<p>Die Koninkryk het &#8216;n <a href=\"https:\/\/www.washingtonpost.com\/news\/powerpost\/wp\/2016\/04\/20\/saudi-government-has-vast-network-of-pr-lobby-firms-in-u-s\/\">bemarkinsoffensief<\/a> deur hul lobbies in die VSA en Brittanje geloods voor die ontmoeting.<\/p>\n<p>Saud al-Faisal het aan die FT ges\u00ea dat ISIS hulle antwoord is op Iran. <\/p>\n<p>Di\u00e9 gesprekke kom nadat die Wahabi-koning daarvan beskuldig is dat sy land vir die terreuraanvalle van 9\/11 verantwoordelik is. Saoedi-Arabi\u00eb is &#8216;n bondgenoot van Israel sowel as Turkye.<\/p>\n<p>Hierdie bondgenote het ernstige \u00adbedenkinge oor Obama se uitreiking na Iran en die Amerikaanse beleid oor die voortslepende burgeroorlog in Siri\u00eb, maar die VSA kan nie bekostig dat die gebeure rakende 9\/11 verder onder die soeklig kom nie.<\/p>\n<p>Met die aanvang van die verrigtinge in \u2019n weelderige vergadersaal in die Dirija-\u00adpaleis, het leiers oor koeitjies en kalfies gepraat, vir die kameras geglimlag, maar geen verklarings gemaak nie, het AP berig.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse minister van verdediging, Ash Carter, die minister van \u00adbuitelandse sake, John Kerry, die nasionale veiligheidsraadgewer, Susan Rice en die direkteur van die CIA, John Brennan, het ook die vergadering bygewoon.<\/p>\n<p>Die spitsberaad volg op bilaterale gesprekke wat Obama Woensdag met die Saoedi-kon\u00ading, Salman, gehad het kort nadat hy in die koninkryk aangekom het. <\/p>\n<p>Benewens \u00adSaoedi-Arabi\u00eb is die Verenigde Arabiese Emirate, Koeweit, Oman, Katar en Bahrein ook deel van die spitsberaad.<\/p>\n<p>Die Golfstate is uiters skepties oor Obama se bereidwilligheid om met die magtige Sji\u00eftiese Iran te onderhandel. <\/p>\n<p>Hulle vrees dat verlede jaar se kernooreenkoms met die Islamitiese Republiek tot \u2019n herbalansering van die magte in die streek, tot hul nadeel, kan lei.<\/p>\n<p>Dit is nou reeds vier maande nadat die VSA belowe het om Iran se bevrore rekeninge oop te stel, maar nog nie stappe geneem het om hul onderneming na te kom nie.<\/p>\n<p>Intussen het die VSA ook steun aan die Koerde verskaf in Siri\u00eb wat Wahabi-pogings om Assad uit die kussings te lig, verder bemoeilik.<\/p>\n<p>Saoedi-Arabi\u00eb, die Emirate en ander Golf-lande eis dat Amerika meer moet doen om die Siriese president, Basjar Assad, omver te werp. Die kanse is egter besonder skraal omdat Rusland Siri\u00eb steun.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pres. Barack Obama het die week topamptenare van ses Arabiese nasies ontmoet om kwessies rakende vrede in die Persiese Golf-streek, insluitende die stryd teen die Islamitiese Staat-groep (ISIS), te bespreek. Die vergaderings in Rijad moet glo voortbou op \u2019n \u00adsoortgelyke spitsberaad wat verlede jaar by Camp David, die Amerikaanse president se vakansiewoning in Maryland, plaasgevind &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37837\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Obama ontmoet topamptenare van Golfstate&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37838,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[13197,22462,4970,17039,2686],"class_list":["post-37837","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-13197","tag-golfstate","tag-iran","tag-isis","tag-obama"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37837","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37837"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37837\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37838"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37837"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37837"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37837"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}