{"id":37827,"date":"2016-04-21T08:37:40","date_gmt":"2016-04-21T06:37:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37827"},"modified":"2016-04-21T08:38:44","modified_gmt":"2016-04-21T06:38:44","slug":"trump-en-hillary-lyk-sterk-na-new-york","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37827","title":{"rendered":"Trump en Hillary lyk sterk na New York"},"content":{"rendered":"<p>New York het die week voorverkiesings gehou en vir Donald Trump het die staat &#8216;n ryk oes aan afgevaardigdes ingehou.<\/p>\n<p>Trump, Bernie Sanders en Hillary Clinton het een ding in gemeen: Hulle is almal New Yorkers en het hul bande met Amerika se grootste stad op die vooraand van die voorverkiesing gesmous.<\/p>\n<p>Die drie het probeer om hulself as ware plaaslike inwoners uit te beeld en \u201cNew York-waardes\u201d te verdedig wat deurlopend deur die Republikeinse kandidaat van Texas, Ted Cruz, verwerp is.<\/p>\n<p>Trump het Cruz egter verneder by die stembus en Republikeinse party-amptenare het Woensdag, &#8216;n dag na Donald Trump se verpletterende oorwinning vergader om sy groeiende aanvaarding binne hul geledere te bespreek.<\/p>\n<p>Hy het beide sy teenstanders Ted Cruz en John Kasich geklop en sodoende nader aan die 1237 afgevaardigdes gekom wat nodig is om die nominasie met &#8216;n volstrekte meerderheid te wen sonder &#8216;n betwiste konvensie.<\/p>\n<p>Van die drie New Yorkers het Trump die beste gevaar. Hy en Hillary is nou die voorlopers.<\/p>\n<p>Trump is die seun van \u2019n ryk ontwikkelaar en \u2019n Skotse immigrante-moeder. Die 69-jarige miljard\u00ear het in \u2019n 23-vertrek weelde- woning met nege badkamers in \u2019n welvarende deel van Queens grootgeword.<\/p>\n<p>Benewens sy eiendomsbelange het Trump vir tien jaar die realiteits\u00adprogram, The Apprentice op TV aangebied wat hom na sitkamers oral in Amerika geneem het.<\/p>\n<p>Bernie Sanders het op sy beurt ges\u00ea hy is baie trots daarop om \u2019n boorling van New York te wees, maar alhoewel Sanders die oorgrote meerderheid van die staat New York ingepalm het, het Clinton met die digbevolkte stedelike gebiede, veral in New York stad vir Bernie uitgestof.<\/p>\n<p>Sy pa, \u2019n Poolse Jood, het sonder \u2019n sent op sy naam op die ouderdom van 17 jaar in Amerika aangekom. Sanders is in Brooklyn gebore en het in \u2019n nederige woonstel grootgeword en staatskole bygewoon.<\/p>\n<p>Die 74-jarige het \u2019n politieke vergadering voor sy kindertuiste toegespreek en op Coney-eiland aan \u2019n worsbroodjie gesmul, maar vir die deftige kiesers in NYC was dit nie &#8216;n teken om vir hom te stem nie.<\/p>\n<p>Amerika se voormalige presidentsgade, Clinton, is in Chicago gebore en het vanaf 2001 tot 2009 as senator vir New York gedien.<\/p>\n<p>Sy besit \u2019n huis in Chappaqua, ongeveer \u2019n uur se reis noord van New York, wat sy in 1999 gekoop het om haar geregtig te maak om as kandidaat vir die senaat te staan.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het sy [Bernie Sanders] se gat geskop vanaand,&#8221; het &#8216;n Clinton-medewerker aan Politico ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Ek hoop dit oortuig Bernie om op te hou. Indien nie, fok hom!&#8221;<\/p>\n<p>Clinton het met sowat 58 persent van die stemme teen Sanders se 42 persent gewen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>New York het die week voorverkiesings gehou en vir Donald Trump het die staat &#8216;n ryk oes aan afgevaardigdes ingehou. Trump, Bernie Sanders en Hillary Clinton het een ding in gemeen: Hulle is almal New Yorkers en het hul bande met Amerika se grootste stad op die vooraand van die voorverkiesing gesmous. Die drie het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37827\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Trump en Hillary lyk sterk na New York&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37828,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[12998,5829,22457,2848],"class_list":["post-37827","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-donald-trump","tag-hillary-clinton","tag-voorverkiesing","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37827","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37827"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37827\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37828"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37827"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37827"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37827"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}