{"id":37804,"date":"2016-04-20T09:49:59","date_gmt":"2016-04-20T07:49:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37804"},"modified":"2016-04-20T09:56:51","modified_gmt":"2016-04-20T07:56:51","slug":"swart-jeug-kry-nie-werk-nie-ten-spyte-van-rassevoorkeure-in-hul-guns","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37804","title":{"rendered":"Swart jeug kry nie werk nie ten spyte van rassevoorkeure in hul guns"},"content":{"rendered":"<p>Ondanks drakoniese regstellende-aksiewetgewing in Suid-Afrika, kry blanke en Indi\u00ebrjeugdiges steeds meer werk as hul swart en kleurling-eweknie\u00eb. Die blanke en Indi\u00ebropvoedingsvlakke het ook sedert 1994 toegeneem terwyl di\u00e9 van swartes afgeneem het, met die implikasie dat die onderwysstelsel vir swartes onder sogenaamde &#8220;apartheid&#8221; beter was as die huidige mengelmoes van polities korrekte skole en linkse indokrinasie aan die universiteite.<\/p>\n<p>Di\u00e9 feite is deur die Suid-Afrikaanse regering self bekendgemaak, nie deur &#8216;n buite-agentskap nie. Die land se swart statistikus-generaal dr. Pali Lehohla, het Maandag aangekondig:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cMeer kleurling- en swart jeugdiges in Suid-Afrika is werkloos, by misdaad betrokke en ongeskool as ander rassegroepe.<\/p>\n<p>&#8220;Vir Indi\u00ebrs en blankes, is die toekoms helder. Vir die kleurling- en swart jeug, is dit nie. Dit neem twee keer soveel moeite vir &#8216;n swart of kleurlingkind wat aan dieselfde universiteit kwalifiseer om werk te kry,&#8221; het Lehohla ges\u00ea.<\/p><\/blockquote>\n<p>Maatskappye en werkgewers neem regstellende aksie in ag was dit by aanstellings kom, wel wetende dat die punte wat kleurlinge en swartes op universiteit ontvang, kunsmatig deur liberale en linkse professore opgestoot word.<\/p>\n<p>Lehohla het ook die feit beklemtoon dat vele swartes op universiteit uitval, ten spyte van rekordgetalle wat toelating verkry.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cDie aantal swart en kleurlingjeugdiges wat universiteit toe gaan, het toegeneem, op dramatiese wyse. Die probleem is dat hulle nie klaarmaak nie, anders as die blanke studente. Hulle word deur &#8216;n aantal uitdagings in die gesig gestaar.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Blanke, Indi\u00ebr- en Asiese jongmense is ook meer geneig om ho\u00ebrskool te voltooi as swart en kleurlingleerlinge. Dieselfde geld vir universiteit, waar slegs 10% van swartes in sommige studierigtings ooit hul graadkursusse voltooi.<\/p>\n<p>Volgens Lehohla bestaan 66% van Suid-Afrika se werkloses uit jongmense, waarvan die meeste swartes of kleurlinge is.<\/p>\n<p>Aangesien opvoeding met indiensneming korreleer, vind die blanke en Indi\u00ebrjeug dit makliker om werk te kry, ondanks die negatiewe wetgewing wat blankes vir &#8220;hul ouers en grootouers se rassisme&#8221; straf. Maar, Indi\u00ebrs doen in sommige gebiede selfs beter as blankes omdat hulle oor soortgelyke opvoedingsvlakke beskik, dog steeds vir regstellende aksie kwalifiseer. Sekere banke in Johannesburg neem na bewering slegs Indi\u00ebrs in diens en byna geen blanke jeugdiges nie. Maar buite die grootmaatskappy-omgewing, lyk dit asof blanke jongmense by klein en mediumgroottemaatskappye in aanvraag is.<\/p>\n<p>Lehohla het ges\u00ea dat tweederdes van Suid-Afrika se werkloses in 2014 uit jongmense bestaan het. In die ouderdomsgroep 25 tot 34, het slegs een uit elke drie oor &#8216;n betrekking in 2014 beskik.<\/p>\n<p>Vele blanke Suid-Afrikaners emigreer omdat hulle glo dat hul kinders nie werk sal kry nie as gevolg van die ANC-SAKP-bewind se rassistiese antiwit beleid as dit kom by die regulering van die arbeidsmark. Dog in die regte w\u00eareld kom dit voor asof vaardighede steeds oor regstellende aksie en rassesosiogeni\u00ebring triomfeer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ondanks drakoniese regstellende-aksiewetgewing in Suid-Afrika, kry blanke en Indi\u00ebrjeugdiges steeds meer werk as hul swart en kleurling-eweknie\u00eb. Die blanke en Indi\u00ebropvoedingsvlakke het ook sedert 1994 toegeneem terwyl di\u00e9 van swartes afgeneem het, met die implikasie dat die onderwysstelsel vir swartes onder sogenaamde &#8220;apartheid&#8221; beter was as die huidige mengelmoes van polities korrekte skole en linkse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37804\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swart jeug kry nie werk nie ten spyte van rassevoorkeure in hul guns&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37811,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18925,6275,10953,22453,6031,4772,222,4947,7396],"class_list":["post-37804","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-anti-immigrasie","tag-blankes","tag-indiers","tag-jeug","tag-kleurlinge","tag-ras","tag-regstellende-aksie","tag-swartes","tag-werkloosheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37804","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37804"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37804\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37811"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37804"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37804"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37804"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}