{"id":37790,"date":"2016-04-19T10:27:59","date_gmt":"2016-04-19T08:27:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37790"},"modified":"2016-04-19T11:59:10","modified_gmt":"2016-04-19T09:59:10","slug":"was-dit-sadp-wat-bothaville-plaasaanval-geloods-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37790","title":{"rendered":"Was dit SAPD wat Bothaville-plaasaanval geloods het?"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n Tweede verdagte, wat deel was van \u2018n groep van vier swartes wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het tydens \u2018n gewapende roof op \u2018n plaas by Bothaville in die Vrystaat meer as \u2018n week gelede, is Maandag in Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem.<\/p>\n<p>&#8216;n Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng het nog nie bevestig of polisiebeamptes by die aanval op die drie vroue en twee kinders op die Bothaville-plaas betrokke was nie. Hy s\u00ea die ondersoek is steeds t\u00e9 sensitief.<\/p>\n<p>Thakeng s\u00ea die 36-jarige man was in besit van \u2018n wit Nissan-bakkie wat gebruik is toe vier mans met polisiepette en -hemde toegang tot \u2018n plaashuis verkry het.<\/p>\n<p>Hulle het aan die plaaseienaar ges\u00ea hulle wil haar huis vir dwelms deursoek. \u2018n Verdagte, Paballo Molaudi, is kort n\u00e1 di\u00e9 voorval by Orkney in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Donderdag aansoek om borgtog doen.<\/p>\n<p>Thakeng s\u00ea die verdagte wat Maandag aangekeer is, sal m\u00f4re in die hof verskyn. \u2018n Vyfde verdagte, vermoedelik \u2018n plaaswerker op di\u00e9 plaas, is intussen vrygelaat nadat hy deur die polisie vir ondervraging aangehou is.<\/p>\n<p>Intussen doen die polisie \u2018n beroep op gemeenskappe om inligting te verskaf oor \u2018n afsonderlike voorval in Maart in Welkom waarin twee mans, wat hulle ook as polisiebeamptes voorgedoen het, twee mynwerkers van R9000 beroof het. Thakeng s\u00ea die mynwerkers was onderweg na hul werk, toe \u2018n wit Polo hul motor agtervolg het.<\/p>\n<p>Die booswigte het tot langs die werkers se motor gery en aangedui dat hulle van die pad moet aftrek. Die mans het polisiewapens getoon.<\/p>\n<p>Hulle het aan die werkers ges\u00ea die \u201cpolisie\u201d het inligting ontvang dat di\u00e9 twee betrokke was by \u2018n diefstalvoorval by \u2018n myn. Hulle het die slagoffers se motor deursoek en R9000 in die mans se besit gevind.<\/p>\n<p>Thakeng s\u00ea die sogenaamde polisiebeamptes het die mynwerkers beveel om hulle te volg na die naaste polisiekantoor, waarna die booswigte weggejaag het. Die werkers het toe besef hulle is beroof.<\/p>\n<p>Thakeng vra enigiemand met inligting in verband met albei voorvalle om hul naaste polisiekantoor te bel.<\/p>\n<p>Intussen is die twee mans wat gesoek word in verband met die Welkom-rooftog se identiteitsprofiele bekend gestel. Een van die verdagtes is bykans 1,8 meter lank en is vermoedelik tussen die ouderdom van 35 en 40.<\/p>\n<p>Hy was in die besit van \u2018n swart handgeweer. Die tweede verdagte is ook bykans 1,8 meter lank, hy het \u2018n donker velkleur en is tussen die ouderdom van 40 en 45.<\/p>\n<p>Albei mans het Sesotho gepraat.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Tweede verdagte, wat deel was van \u2018n groep van vier swartes wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het tydens \u2018n gewapende roof op \u2018n plaas by Bothaville in die Vrystaat meer as \u2018n week gelede, is Maandag in Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem. &#8216;n Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng het nog nie bevestig of polisiebeamptes by &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37790\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Was dit SAPD wat Bothaville-plaasaanval geloods het?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37791,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[14565,7298],"class_list":["post-37790","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-bothaville","tag-plaasaanval"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37790","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37790"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37790\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37791"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37790"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37790"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37790"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}