{"id":37739,"date":"2016-04-17T03:33:37","date_gmt":"2016-04-17T01:33:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37739"},"modified":"2016-04-17T07:22:15","modified_gmt":"2016-04-17T05:22:15","slug":"ope-brief-opregte-dank-aan-almal-wat-in-die-bosoorlog-geveg-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37739","title":{"rendered":"Ope brief: Opregte dank aan almal wat in die Bosoorlog geveg het"},"content":{"rendered":"<p>Aan hulle wat in die bres van die muur getree het:<\/p>\n<p>Ek kan nie vir ander praat nie, maar persoonlik is ek baie dank-erkentenis verskuldig aan di\u00e9 wat in die Bosoorlog gedien het.<\/p>\n<p>Ek dink een van die groot redes hoekom die verskuldigde dank-erkentenis nie na vore kom nie is omdat ons as volk blind is vir die werklike toedrag van sake. Ek is op Tsumeb gebore vier dae n\u00e1 operasie Kropduif waarin die SA spesiale magte een van hulle donkerste dae beleef het en manne hulle lewens onbaatsugtig opgeoffer het soos baie ander voor hulle en n\u00e1 hulle sodat ek in veiligheid en onder goeie sorg die lewe kon inkom.<\/p>\n<p>Dit stop egter nie daar nie, ek het op &#8216;n plaas net oos van Oshivelo grootgeword. My hele kinderlewe is deurweef van die geleenthede, voorbeelde wat daar vir my gestel is, volkstrots wat gebou is en nog baie. Dit is grotendeels te danke aan julle, wat die magte wat ons erfenis wou vernietig, te\u00ebgestaan het. Sodoende het julle vir my die geleentheid gegee om in die se\u00ebn wat aan ons as volk toevertrou was te deel. Julle was ook vir my &#8216;n voorbeeld en inspirasie en d\u00edt wat vanwe\u00eb julle opoffering in my hart geskryf is, is vir my baie kosbaar. Dit het &#8216;n onmisbare invloed op my lewe.<\/p>\n<p>Ons besef nie elke dag die opoffering wat oor baie jare gemaak is om instellings en geleenthede daar te stel wat nodig was om iemand soos ek te kry waar ek vandag is nie, julle het help beskerm en behou vir lank genoeg sodat ek kan h\u00ea wat ek het, fisies en geestelik.<\/p>\n<p>Ja, op die ou end is ons verraai en is d\u00edt wat opgebou is aan die vernietiging soos ons dit vandag beleef oorgegee, maar dit wat in my hart geplant is, kan nie vernietig word nie en julle opoffering het daartoe bygedra.<\/p>\n<p>Ek kan julle nie genoeg dank vir julle deel aan my lewe nie en ek kan diegene wat ons verraai het nie genoeg verag nie.<\/p>\n<p>Vir my l\u00ea die oorsaak van die miskenning van julle opoffering daarin dat dieselfde gees wat die kosbare erfenis van ons volk aan die vernietiging oorgegee het, die volk tot &#8216;n valse en bose skuldgevoel mislei het, &#8216;n erfenis wat deur baie werk, smart en lewens wat onbaatsugtig gegee is, opgebou is.<\/p>\n<p>As die volk weer sal besef waar ons erfenis werklik vandaan kom, dat dit as dure pand aan ons deur die Allerhoogste toevertrou is, as die volk weer die waarheid in hul verstand en harte sal besef sal hulle ook besef wat die on-koopbare waarde van julle opoffering was.<\/p>\n<p>Julle was getrou aan ons volk en sal nie beskaamd staan wanneer daar rekenskap ge\u00ebis word oor die verantwoordelikhede en beloftes van ons volk nie:<\/p>\n<p>Aan elke man en vrou wat waarlik vir volk en vaderland in die Bosoorlog gedien het, ek salueer julle nie net nie, ek is diep dankbaar vir d\u00edt wat julle opoffering vir my beteken het, steeds beteken en vir geslagte wat kom sal beteken, DANKIE!!<\/p>\n<p><em>Thys Du Plessis<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Aan hulle wat in die bres van die muur getree het: Ek kan nie vir ander praat nie, maar persoonlik is ek baie dank-erkentenis verskuldig aan di\u00e9 wat in die Bosoorlog gedien het. Ek dink een van die groot redes hoekom die verskuldigde dank-erkentenis nie na vore kom nie is omdat ons as volk blind &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37739\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ope brief: Opregte dank aan almal wat in die Bosoorlog geveg het&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37740,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[],"class_list":["post-37739","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37739","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37739"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37739\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37740"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37739"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37739"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37739"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}