{"id":37718,"date":"2016-04-15T08:55:28","date_gmt":"2016-04-15T06:55:28","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37718"},"modified":"2016-04-15T09:16:49","modified_gmt":"2016-04-15T07:16:49","slug":"pentagon-moet-begroting-laat-klop-met-russiese-aanvalle","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37718","title":{"rendered":"Pentagon moet begroting laat klop met Russiese &#8216;aanvalle&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Pentagon-amptenare het probeer die verbyvlugte van Russiese vegvliegtuie as \u201cnagebootste aanvalle\u201d voor te hou terwyl hulle die VSA se milit\u00eare begroting bespreek.<\/p>\n<p>Een amptenaar het die voorval sonder ironie beskryf as een van die \u201caggressiefste\u201d optredes deur Rusland in die onlangse verlede, terwyl die Amerikaanse vloot digby Rusland in die Baltiese See milit\u00eare oefeninge uitvoer.<\/p>\n<p>Die Sukhoi SU-24&#8217;s, sonder wapentuig, het glo baie behendig laag verby die USS Donald Cook gevlieg. <\/p>\n<p>Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, NAVO, is tans besig met sy grootste milit\u00eare opbou in Oos-Europa sedert die Koue Oorlog as teenvoeter vir wat Navo as \u2019n \u201cmeer aggressiewe Rusland\u201d beskou.<\/p>\n<p>Maar die Pentagon het nie kommentaar gelewer daarop dat die USS Donald Cook die week binne die operasionele gebied van die Russiese vloot se Baltiese basis was nie.<\/p>\n<p>Met EU-lidland wat traag is om NAVO se duur aankope te befonds, moet die Pentagon steun op &#8216;n &#8220;bedreiging&#8221; sodat hulle begroting kan klop.<\/p>\n<p>Die Russiese ministerie van verdediging het ges\u00ea sy vliegtuie het alle vereiste veiligheidsmaatre\u00ebls nagekom toe dit oor \u2019n Amerikaanse oorlogskip in internasionale water gevlieg het en kritiek oor die risiko verwerp.<\/p>\n<p>SU-24-vliegtuie het toetsvlugte onderneem en \u201cnadat hulle die oorlogskip opgemerk het, het hulle weggedraai ten einde alle veiligheidsmaatre\u00ebls na te kom,\u201d het die ministerie ges\u00ea. <\/p>\n<p>Die Amerikaanse weermag se bevelsentrum in Europa het die insident nogtans probeer voorhou as &#8216;n &#8220;gesimuleerde aanval&#8221; omdat een van die verbyvlugte glo nege meter van die USS Donald Cook was.<\/p>\n<p>Terwyl Washington die voorval as &#8220;aggressie&#8221; beskryf, het vlootsoldate op die skip ten tyde van die Russiese verbyvlugte dit met belangstelling en sonder die minste kommer gadegeslaan.<\/p>\n<p>\u201cHierdie optrede het die potensiaal om spanning tussen die twee lande onnodig te verhoog en kan tot wanberekeninge lei,\u201d lui die bevelsentrum se alarmistiese verklaring.<\/p>\n<p>Die <a href=\"http:\/\/www.navytimes.com\/story\/military\/2016\/04\/13\/why-navy-didnt-shoot-down-russian-jets\/83000858\/\">Amerikaans Vloot self<\/a>, het egter ges\u00ea dat die verbyvlugte nie &#8216;n werklike bedreiging ingehou het nie.<\/p>\n<p>Betrekkinge tussen Rusland en die Neocons het versuur nadat pres. Vladimir Poetin &#8216;n stokke gesteek het voor hul stropingspogings.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pentagon-amptenare het probeer die verbyvlugte van Russiese vegvliegtuie as \u201cnagebootste aanvalle\u201d voor te hou terwyl hulle die VSA se milit\u00eare begroting bespreek. Een amptenaar het die voorval sonder ironie beskryf as een van die \u201caggressiefste\u201d optredes deur Rusland in die onlangse verlede, terwyl die Amerikaanse vloot digby Rusland in die Baltiese See milit\u00eare oefeninge uitvoer. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37718\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Pentagon moet begroting laat klop met Russiese &#8216;aanvalle&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37724,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[],"class_list":["post-37718","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37718","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37718"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37718\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37724"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37718"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37718"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37718"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}