{"id":37699,"date":"2016-04-14T08:03:24","date_gmt":"2016-04-14T06:03:24","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37699"},"modified":"2016-04-14T08:03:24","modified_gmt":"2016-04-14T06:03:24","slug":"mantashe-maan-anc-om-saam-te-staan-na-gupta-skandaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37699","title":{"rendered":"Mantashe maan ANC om saam te staan na Gupta-skandaal"},"content":{"rendered":"<p>Die Sekretaris-Generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het &#8216;n beroep op die drieparty-alliansie gedoen om saam te staan om die Gupta-skandaal die hoof te bied.<\/p>\n<p>Mantashe het Woensdag op &#8216;n provinsiale beraad van die alliansie in Kimberley gepraat. Hy het ges\u00ea dit is die plig van die drieparty-alliansie om hul kragte saam te snoer om die ANC te red. <\/p>\n<p>Mantashe het met verwysing na verlede week se Grondwethof-uitspraak oor Nkandla ges\u00ea die hof kan nie die president in &#8216;n staat van beskuldiging plaas nie. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea die hof se beslissing is nie die ANC se grootste bedreiging nie, maar wel pogings om die staat te kaap. <\/p>\n<p>Mantashe s\u00ea onlangse kritiek teen Zuma is &#8216;n aanval op die party en nie die president nie.<\/p>\n<p>Die tesourie s\u00ea intussen die aansoek van die staatsbeheerde wapenvervaardiger, Denel, om sake te doen met &#8216;n Gupta-maatskappy word ondersoek. <\/p>\n<p>Die Guptas is in die spervuur oor die nou bande wat hulle met president Jacob Zuma het. <\/p>\n<p>Denel het vroe\u00ebr ges\u00ea hy het &#8216;n gesamentlike onderneming met die Guptabeheerde VR Laser Services aangegaan en dat al die regsprosesse gevolg is. <\/p>\n<p>Die gesamentlike onderneming met die naam Denel Asia, wat in Hongkong gevestig sal wees, sal &#8216;n verskeidenheid staalprodukte vervaardig vir verdediging, mynwese en die spoor-en vervoernywerhede. <\/p>\n<p>Die tesourie s\u00ea hy het bykomende inligting van Denel versoek.<\/p>\n<p>Die Gupta het na Doebaai uitgewyk nadat hulle Suid-Afrika verlede week verlaat het. <\/p>\n<p>Die minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane en die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Des van Rooyen, het Doebaai ook onlangs besoek.  <\/p>\n<p>Die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, het ook na Doebaai gereis. Opposisiepartye s\u00ea hy het van sy aanvanklike ampsbesoek aan China in Doebaai aangedoen. <\/p>\n<p>Die maatskappy van die Gupta-familie, Oakbay Resources, het Suid-Afrika se vier grootste banke vroe\u00ebr genader om die besluit te hersien om die maatskappy se bankrekeninge te sluit. <\/p>\n<p>Drie van die banke, FNB, Standard en Nedbank het die maatskappy tot die einde van Mei kennis gegee om hulle rekeninge te sluit. ABSA het reeds die rekeninge gesluit. <\/p>\n<p>Die bestuurshoof van Oakbay, Nazeem Howa s\u00ea geen rede is vir die besluit gegee nie, buiten dat die termes en voorwaardes sal geld. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea hy hoop die banke sal hulle kans gee om die besluit te hersien.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Sekretaris-Generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het &#8216;n beroep op die drieparty-alliansie gedoen om saam te staan om die Gupta-skandaal die hoof te bied. Mantashe het Woensdag op &#8216;n provinsiale beraad van die alliansie in Kimberley gepraat. Hy het ges\u00ea dit is die plig van die drieparty-alliansie om hul kragte saam te snoer om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37699\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mantashe maan ANC om saam te staan na Gupta-skandaal&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":17708,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[227,13117,9518,22422],"class_list":["post-37699","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-anc","tag-denel","tag-doebaai","tag-gupta-skandaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37699","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37699"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37699\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/17708"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37699"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37699"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37699"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}