{"id":37689,"date":"2016-04-13T10:10:04","date_gmt":"2016-04-13T08:10:04","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37689"},"modified":"2016-04-13T10:10:04","modified_gmt":"2016-04-13T08:10:04","slug":"afrika-paspoort-vir-vasteland-teen-2018","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37689","title":{"rendered":"Afrika-paspoort vir vasteland teen 2018?"},"content":{"rendered":"<p>Die Windhoek-verdrag oor lugvaartveiligheid en fasilitering in Afrika is onlangs in die hoofstad deur belanghebbendes in lugvervoer in Afrika n\u00e1 die ministeri\u00eble konferensie onderteken wat aan die begin van die maand afgeskop het.<\/p>\n<p>Een van die besluite is die moontlikheid van \u2019n algemene Afrika-paspoort vir die vasteland teen 2018.<\/p>\n<p>Die ministeri\u00eble konferensie is deur meer as 20 ministers van sowat 33 lidlande van die Afrika-unie (AU) bygewoon en is deur die Afrika Burgerlugvaartkommissie (AFCAC) en die Internasionale Handelslugvaart-organisasie (ICAO) onder die vaandel van die AU gere\u00ebl.<\/p>\n<p>Volgens die permanente sekretaris van werke en vervoer, mnr. Willem Goeieman, is die doel van die \u00adalgemene Afrika-paspoort deel van Agenda 2063 wat verlede jaar reeds deur die AU aanvaar is. Dit behels dat algemene paspoorte aan inwoners van Afrika teen 2018 uitgereik word, asook dat visums verwyder word.<\/p>\n<p>\u201cDie finale stappe vir alle dokumen\u00adtasie oor die aksieplan sal aan die kabinet voorgel\u00ea word,\u201d het Goeieman tydens \u2019n ho\u00ebvlak vergadering met lugvaartkundiges en die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-\u00adAmadhila, ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDie lugvaartkundiges kyk ook na drie dokumente en een van die \u00addokumente verwag van lidlande om hulself aan lugvaartveiligheid te verbind, veral met die terroriste-dreigemente en ander uitdagings wat lugrederyveiligheid en reis be\u00efnvloed,\u201d het Goeieman ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea pres. Hage Geingob sal die Windhoek-verdrag na \u2019n spitsberaad in Julie neem waartydens Afrika-staatshoofde dit sal bekragtig sodat die implementering daarvan kan begin.<\/p>\n<p>Die eerste minister het ges\u00ea die besluite wat tydens die konferensie geneem is, is baie belangrik, veral vir klein ekonomie\u00eb soos Namibi\u00eb wat van internasionale handel en ekonomiese aktiwiteite afhanklik is.<\/p>\n<p>\u201cOns hoop is dat die verdrag wat in ons hoofstad aanvaar is, suksesvol ge\u00efmplementeer sal word vir groter voorspoed vir die vasteland. Afrika moet in pas bly met ontwikkelinge in die w\u00eareld, nie net in terme van \u00adontluikende vorme van sekuriteit en risiko\u2019s vir lugvaart nie, maar ook in terme van innoverende maniere om hierdie veiligheidsbedreigings te voorkom en dit te hanteer,\u201d het Kuugongelwa-Amadhila ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die konferensie se tema was \u201cOnonderbroke toewyding en samewerking in Afrika vir \u2019n w\u00eareldwye, volhou\u00adbare lugvaartveiligheidstelsel, passasiers- en handelsfasilitering\u201d.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Windhoek-verdrag oor lugvaartveiligheid en fasilitering in Afrika is onlangs in die hoofstad deur belanghebbendes in lugvervoer in Afrika n\u00e1 die ministeri\u00eble konferensie onderteken wat aan die begin van die maand afgeskop het. Een van die besluite is die moontlikheid van \u2019n algemene Afrika-paspoort vir die vasteland teen 2018. Die ministeri\u00eble konferensie is deur meer &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37689\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrika-paspoort vir vasteland teen 2018?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37690,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[4112,5407,22421],"class_list":["post-37689","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-afrika","tag-au","tag-paspoort"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37689","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37689"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37689\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37690"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37689"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37689"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37689"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}