{"id":37625,"date":"2016-04-10T10:40:00","date_gmt":"2016-04-10T08:40:00","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37625"},"modified":"2016-04-10T11:15:30","modified_gmt":"2016-04-10T09:15:30","slug":"dan-roodt-na-die-guptas-is-malema-se-pad-na-die-presidentskap-oop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37625","title":{"rendered":"Dan Roodt: N\u00e1 die Guptas is Malema se pad na die presidentskap oop"},"content":{"rendered":"<p>Mev. Margaret Thatcher het mos ges\u00ea (vry vertaal): &#8220;Enigeen wat dink dat die ANC Suid-Afrika kan regeer, bly in &#8216;n malhuis.&#8221; Ongelukkig het FW die Griek (lees hier onder) nie dieselfde siening gehad het nie en het hy die land op &#8216;n skinkbord aan &#8216;n klomp kranksinnige terroriste en misdadigers oorhandig, die sogenaamde &#8220;kamerade&#8221;. Een of ander Engelsman &#8211; ek meen dit was RW Johnson &#8211; het mos &#8216;n boek geskryf met die titel <i>Comrades in business<\/i>. (Helaas, nee, dit was Heribert Adam en Frederik van Zyl Slabbert, die eerste synde &#8216;n Duitse Engelsman met &#8216;n Indi\u00ebrvrou en die tweede &#8216;n ontslape Afrikaanse Engelsman met &#8216;n Engelse vrou. Dis egter nie belangrik nie.)<\/p>\n<p>Oor die afgelope ruk veral word die leuenagtige hoofstroommedia in ons land oorheers deur die Gupta-petalje, met <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=37622\">die nuus<\/a> wat vanoggend rugbaar geword het dat hulle inderdaad &#8220;landuit&#8221; is. Die Guptas verteenwoordig egter net &#8216;n enkele faset van die malhuis wat ons land onder ANC-&#8220;regering&#8221; geword het. Mense blameer Zuma, maar dit was ten minste ewe erg onder Mandela en Mbeki. Die belastingbetaler betaal nog steeds aan die miljarde dollar &#8211; nie rand nie &#8211; wat aan die wapentransaksie bestee is. Daaroor word min ges\u00ea want De Klerk en sy korrupte Broederbond-NP-bende het s\u00e1\u00e1m met die ANC geskep toe die vliegtuie en duikbote aangekoop is. Vliegtuie en duikbote wat volgens mediaberigte tans hetsy in die loodse sonder opgeleide vlie\u00ebniers of grondpersoneel staan, hetsy vir herstelwerk onbepaald in droogdokke die tyd verwyl.<\/p>\n<p>Wat ons tot dusver gesien het, is egter maar net &#8216;n voorsmakie van wat nog kom. Iemand kan gerus &#8216;n satiriese roman skryf, iets in die trant van: <i>Die 120 dae van Julius Malema<\/i>. Want die kanse dat Malema president gaan word, raak by die dag groter. Waarom s\u00ea ek so?<\/p>\n<p>Die inploffing van alle Afrikanermag en -invloed onder die NP-Broederbond-kruipers het &#8216;n magsvakuum in die land geskep. Joe Slovo, sy kommunistiese bende en hul Mandela-marionet wat kastig namens &#8220;die swart massas&#8221; praat, het in die magsvakuum ingestap en sedertdien regeer die ANC en sy SAKP-vennoot skynbaar permanent. Die ongekende mediaveldtog teen Zuma rig egter wel skade aan die ANC aan. Wie gaan hulle vervang? Geen van die ander opposisiepartye beskik oor genoegsame steun en organisasie om die ANC werklik te kan troef nie. Maar dalk kan die ANC net-net die verkiesing in 2019 verloor. Gestel die ANC kry 49% van die stemme en daar ontstaan &#8216;n politieke krisis, iets wat vele Europese lande soos Belgi\u00eb of Itali\u00eb al in die onlangse verlede oorgekom het? Onderhandelings om &#8216;n koalisie tussen die ANC en een van die kleiner partye saam te stel, kan maande lank duur terwyl die land verder en verder in chaos en onsekerheid verval.<\/p>\n<p>Ons weet dat van die belangrikste regeringsveranderings in die geskiedenis met slegs &#8216;n minderheid steun by die stembus plaasgevind het. Dink maar aan die Bolsjewiste in Rusland in 1917 of aan Adolf Hitler se NSDAP in 1933. In Afrika is die voorbeelde van staatsgrepe en oornames legio. Natuurlik kan die ANC eenvoudig &#8216;n Mugabe trek en die stemme kook, maar dalk is hulle te dom daarvoor of hou die buitelandse veiligheidsdienste hulle te veel dop en stel enige pogings om die stemme te manipuleer aan die kaak.<\/p>\n<p>Dis nou presies hier waar die scenario vir &#8216;n satiriese toekomsroman inkom. Ons het gesien hoe die DA en die EFF in die onlangse verlede baie goed teen Zuma en die ANC saamgewerk het met die grondwetlike hofsaak oor Nkandla. Hoewel hulle o\u00ebnskynlik ideologies van mekaar verskil, weet ons dat die politiek dikwels &#8220;vreemde bedmaats&#8221; skep. \u00d3f die ANC kan met &#8216;n minderheid in die parlement aanhou regeer, \u00f3f &#8216;n grootse koalisie van al die ander politieke partye kan oorneem. Uiteraard sal Malema en die EFF die sterkste aanspraakmaker wees, synde die enigste ander party met beduidende swart steun. Malema word president en Mmusi Maimane sy adjunk. Dalk word Pieter Mulder van die VF Plus di\u00e9 keer &#8216;n volle minister van landbou en nie net &#8216;n adjunk nie. As Buthelezi nog leef, sal hy ook &#8216;n pos kry, tesame met Lekota en al die ander randfigure.<\/p>\n<p>&#8220;Die media&#8221; sal oor hul oorwinning oor die Zuma-ANC juig. &#8220;Demokrasie&#8221; sal soos laas in 1994 ten hemele aangeprys word. Malema in sy rooi oorpak sal breed glimlag. Dalk sal hy weer duur Italiaanse pakke klere begin dra as hy met groot fanfare as president by die Uniegebou ingesweer word. Die twee oorblywende Gripens wat nog vlieg, sal &#8216;n verbyvlug waarneem, met bystand agter die skerms van &#8216;n paar Swede wat vir die geleentheid ontbied is.<\/p>\n<p>Maar dan sal die ware revolusie begin. Binne die eerste maand sal die EFF sy weergawe van &#8220;grondhervorming&#8221; van stapel stuur &#8211; met die volle steun van die huidige party waarvoor Afrikaners stem, die DA. Daar sal grondbesettings op die Zimbabwe-manier plaasvind. Blanke boere en hul gesinne sal eenvoudig met geweld van plase verwyder word.<\/p>\n<p>Naspers-Media24, die <em>Business Day<\/em>, en elke TV-kanaal sal d\u00edt alles met oorgawe steun, soos hulle jare lank reeds doen. Terloops, die huidige redaktrise van die <em>Business Day<\/em>, Hillary Joffe, was in haar jong dae by Wits &#8216;n marxistiese revolusion\u00ear en sal daarom heimelik Malema se grondhervormingsbeleid steun. Marx du Preez se rubrieke sal op die voorblaaie van <em>Beeld<\/em> en <em>Die Burger<\/em> verskyn waarin boere en &#8220;regses&#8221; gepaai word om &#8220;niks ontwettigs&#8221; te doen om die ontplooiing van Malema se &#8220;groot transformasie&#8221; te probeer stuit nie.<\/p>\n<p>In die handelskamers van die buitelandse banke sal &#8216;n minder gebreinspoelde siening egter posvat. Die woord &#8220;onstabiliteit&#8221; sal op Reuter en Bloomberg gefluister word. Binne die eerste paar weke van &#8216;n Malema-bewind sal die rand vanaf R15 per dollar tot R30 halveer. Gevolglik verdubbel voedsel- en brandstofpryse. Soos wat landbouproduksie tot stilstand knars, skiet voedselpryse verder die hoogte in.<\/p>\n<p>In maand twee van Malema se &#8220;regering&#8221; vind die eerste voedselonluste in die groot stede plaas: supermarkte in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban word geplunder. Eendag stap 200 000 swartmense vanaf Alexandra via die nuwe voetgangerbrug oor die M1 na Sandton City en plunder die hele winkelsentrum leeg. Gesette swart vroue wuif vrolik skoene, rokke en langbroeke wat die etikette van duur Europese handelsmerke vertoon. Die beelde word regoor die w\u00eareld uitgesaai en viraal op die internet versprei. Die rand kry nog &#8216;n knou en die tienjaarstaatseffek raak-raak aan die 40% opbrengs. Dog selfs teen di\u00e9 voordelige rentekoers is daar weinig kopers, want die maandelikse inflasie staan reeds op &#8216;n paar honderd persent.<\/p>\n<p>Aan die einde van dieselfde maand kan die staat nie sy amptenare betaal nie. Of liewer: dalk kan hy nog salarisse betaal, maar teen die nuwe pryse beteken die salarisse nie veel nie. Die twee miljoen staatsamptenare, waaronder die polisie, brandweer, hospitale en ander nooddienste, begin staak.<\/p>\n<p>Vanuit sy kantoor in die presidensie begin die jonge Julius, wat deesdae oor &#8216;n BA-graad van UNISA &#8211; helaas sonder enige ekonomie of finansies &#8211; beskik, na sondebokke soek om te blameer vir sy pragtige revolusie wat begin skeefloop. Die &#8220;boere&#8221;, met klein of hoofletter, Afrikaners en &#8220;wittes&#8221; word natuurlik soos gewoonlik verkwalik vir spekulasie met voedsel, valuta, brandstof, en dies meer. Streng prysbeheer oor basiese middele word ingestel. Malema se rooihempiebrigade, wat intussen een en almal in die SA Nasionale Weermag &#8220;ge\u00efntegreer&#8221; is, word met outomatiese wapens op straat ontplooi. Hulle word ook in Amerikaanse dollar betaal. Hulle dra egter steeds rooi barette om hul lojaliteit aan die Sterkman in Pretoria duidelik te maak.<\/p>\n<p>By hierdie punt breek enkele vergeldingsaksies onder Afrikaners uit. Roelf Meyer word deur &#8220;onbekende regses&#8221; in sy huis doodgeskiet. FW de Klerk en sy vrou vlug dadelik landuit, Griekeland toe. Op die Afrikaanse webwerwe word daar opnuut met &#8220;FW die Griek&#8221; gespot, terwyl vele die feit bekla dat hy nie dieselfde lot as Roelf Meyer te beurt geval het nie. Media24 bestee miljarde van die nuwe waardelose rande aan privaatveiligheidsdienste om hul joernaliste teen &#8220;regses&#8221; te beskerm. Soos altyd, meen di\u00e9 mediagroep dat Afrikaners &#8216;n groter bedreiging vir die vrede as president Malema en sy afro-marxistiese beleid inhou.<\/p>\n<p>In maand drie van die Groot Transformasie probeer almal net oorleef, te midde van chaos, rooftogte en geweld. Die meeste Afrikaners in Gauteng vlug na &#8216;n enklawe in Pretoria waar &#8216;n aantal buurtwagte &#8216;n groot deel van die voorstede afgesper het en streng toegangsbeheer handhaaf. Op die platteland word sekere plase beveilig. Van die swart plaasbesetters word verjaag en noodvoorrade voedsel word gekweek, wat aan die stedelike enklawes gelewer word.<\/p>\n<p>Die land verkeer op die rand van burgeroorlog, want in Zoeloeland het die Zuma-sibbe intussen &#8216;n eie weermag versamel en beheer oor Durban en sy hawe geneem. Hulle sny die brandstofpyplyn na Gauteng af en enige tenkvragmotors wat Van Reenenspas wil oorsteek, moet astronomiese tolgeld in harde geldeenhede betaal. Met dollars en euro&#8217;s kan die Zumas wapens en ammunisie bekostig wat sommer in hul eie hawe in Durban per skip afgelewer word. Aan die Rand is die meeste pompe reeds leeg en brandstof slegs op die swartmark verkrygbaar. By die Uniegebou vergader president Malema en sy generaals om planne te maak ten einde die Zoeloe-bedreiging die hoof te bied&#8230;<\/p>\n<p>Wie sal di\u00e9 storie vertel? Dalk &#8216;n <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=37618\">regse Sweedse<\/a> blondine wat in die land is om navorsing te doen vir haar boek oor hoe haar land die ANC aan bewind gestel het en wat met die Gripens aangaan. Moontlik raak sy halfpad verlief op &#8216;n jong Afrikanerrebel in die Noord-Transvaal wat met sy handjie vol manne en &#8216;n paar jaggewere hul pad van Louis Trichardt af oopveg om enkele vragmotors met voedsel aan die voorstede in Pretoria te lewer waar die honger begin knaag.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mev. Margaret Thatcher het mos ges\u00ea (vry vertaal): &#8220;Enigeen wat dink dat die ANC Suid-Afrika kan regeer, bly in &#8216;n malhuis.&#8221; Ongelukkig het FW die Griek (lees hier onder) nie dieselfde siening gehad het nie en het hy die land op &#8216;n skinkbord aan &#8216;n klomp kranksinnige terroriste en misdadigers oorhandig, die sogenaamde &#8220;kamerade&#8221;. Een &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37625\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: N\u00e1 die Guptas is Malema se pad na die presidentskap oop&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":37626,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[],"class_list":["post-37625","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37625","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37625"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37625\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37626"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37625"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37625"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37625"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}