{"id":37582,"date":"2016-04-07T08:43:20","date_gmt":"2016-04-07T06:43:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37582"},"modified":"2016-04-07T08:43:20","modified_gmt":"2016-04-07T06:43:20","slug":"mantashe-se-aanvalle-is-teen-anc-nie-net-zuma-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37582","title":{"rendered":"Mantashe s\u00ea aanvalle is teen ANC, nie net Zuma nie"},"content":{"rendered":"<p>Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, s\u00ea die onlangse aanvalle teen president Jacob Zuma is geloods as &#8216;n aanval op die party, eerder as teen net die president alleen.<\/p>\n<p>Hy het by die opening van &#8216;n beraad in die Noord-Kaap in Kimberley, ges\u00ea diegene wat Zuma se kop eis, soek &#8216;n sondebok ten einde die ANC te verswak.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea die ANC sal steeds met alle belanghebbendes in die komende dae ontmoet, insluitend met die Ahmed Kathrada-stigting, om die onlangse uitspraak van die Grondwethof teen Zuma te verduidelik.<\/p>\n<p>Mantashe s\u00ea die groep burgerlike organisasies wat Woensdag hul teenkanting teen Zuma geopper het, is meestal ontevrede voormalige lede van die party wat uit desperaatheid handel.<\/p>\n<p>&#8216;n Groep van sowat 240 burgerlike organisasies &#8211; genaamd Verenig teen Korrupsie &#8211; sal aanstaande Saterdag sy veldtog teen Zuma amptelik loods. <\/p>\n<p>Die groep bestaan uit kerke, burgerlike groepe, vakbonde, en akademici.<\/p>\n<p>Hulle het Woensdag op die trappe van die Grondwethof in Johannesburg &#8216;n veldtog van stapel gestuur wat daarop gemik is om Zuma se bedanking af te dwing deur politieke druk. <\/p>\n<p>Die veldtog se eerste optrede is aanstaande Saterdag. Suid-Afrikaners is gevra om in dorpe, kerke, moskees, townships, woongebiede, sportklubs en kultuurorganisies saam te trek en toekomstige optrede te bespreek. <\/p>\n<p>Die hoofgeleentheid sal by die Regina Mundi-kerk in Soweto plaasvind. <\/p>\n<p>Die PAC het intussen &#8216;n oproep om eenheid gedoen en swartes vermaan om hulle nie te verheug oor kritiek teen die ANC nie.<\/p>\n<p>Die leier van &#8216;n faksie van die PAC, Letlapa Mphahlele s\u00ea die oproepe om die president af te dank kom neer op &#8216;n bewindsverandering.<\/p>\n<p>Mantashe het ontken dat sy bywoning en di\u00e9 van die party se nasionale voorsitter, Baleka Mbete in die Noord-Kaap magsvertoon is.<\/p>\n<p>Hy het aan OFM-nuus ges\u00ea dat lede van die party se nasionale uitvoerende komitte (NUK) provinsiale berade in vyf provinsies bygewoon het. <\/p>\n<p>Mantashe s\u00ea alhoewel hy baie klem gel\u00ea het op die uitwissing van faksies binne die ANC, is dit nie &#8216;n probleem in die Noord-Kaap nie. <\/p>\n<p>Die ANC in die provinsie het egter maande n\u00e1 die bedanking van sy provinsiale leier, John Block, nog nie \u2018n aankondiging oor wie die top posisie in die provinsie sal beklee nie. <\/p>\n<p>Mantashe s\u00ea daar is egter geen probleme nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, s\u00ea die onlangse aanvalle teen president Jacob Zuma is geloods as &#8216;n aanval op die party, eerder as teen net die president alleen. Hy het by die opening van &#8216;n beraad in die Noord-Kaap in Kimberley, ges\u00ea diegene wat Zuma se kop eis, soek &#8216;n sondebok ten einde [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":21267,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[227,16828,2889,8414,9583,321],"class_list":["post-37582","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-anc","tag-bedanking","tag-gwede-mantashe","tag-noord-kaap","tag-pac","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37582","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37582"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37582\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21267"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37582"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37582"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37582"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}