{"id":37487,"date":"2016-03-31T10:06:41","date_gmt":"2016-03-31T08:06:41","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37487"},"modified":"2016-03-31T10:08:27","modified_gmt":"2016-03-31T08:08:27","slug":"leeu-wat-man-aanval-in-nairobi-geskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37487","title":{"rendered":"Leeu wat man aanval in Nairobi geskiet"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Man is die week in die buitewyke van Kenia se hoofstad, Nairobi deur \u2019n leeu aangeval en beseer waarna natuurbewaarders die leeu van kant gemaak het.<\/p>\n<p>Dit is die vierde keer vanjaar dat leeus buite die Amboseli Nasionale Park in Kaijado rondloop en die tweede keer in twee weke dat iemand deur \u2019n leeu aangeval en beseer word.<\/p>\n<p>Die donkermaanhaar-leeumannetjie is in \u2019n beboude gebied in die suide van die hoofstad doodgeskiet, het AFP berig.<\/p>\n<p>\u2019n Woordvoerder van Kenia se afdeling vir natuurbewaring, Paul Udoto, s\u00ea die beseerde man is na \u2019n nabygele\u00eb hospitaal geneem.<\/p>\n<p>In vorige voorvalle vanjaar is die leeus \u00f3f teruggejaag na die 117 vierkante kilometer natuurreservaat \u00f3f het die diere self na die park teruggekeer.<\/p>\n<p>Die reservaat is byna heeltemal omring deur die vinnig groeiende stad met meer as drie miljoen mense.<br \/>\nDie park is nie heeltemal omhein nie ten einde ruimte te laat vir die tradisionele migrasie van diere op soek na weiding.<\/p>\n<p>Die groot katte is onder toenemende druk van een van Afrika se vinnigste groeiende stede wat inbreuk maak op eeue ou migrasieroetes en jagvelde.<\/p>\n<p>SANParke in Suid-Afrika het intussen ges\u00ea die rondloperleeu, Sylvester, sal slegs van kant gemaak word as laaste uitweg. <\/p>\n<p>Die bewaringsowerheid het gister planne aangekondig om Sylvester uit te sit wanneer hy weer gevang is, maar dit het tot &#8216;n hewige reaksie in die sosiale media gelei. <\/p>\n<p>Die leeumannetjie het Maandag vir die tweede keer uit die Karoo Nasionale Park naby Beaufort-Wes ontsnap. Hy is nog nie weer gevang nie. <\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van SANParke, Wanda Mkutshulwa, s\u00ea daar is verskeie opsies beskikbaar waarvan een is om die leeu na die wildtuin terug te neem. <\/p>\n<p>Hulle kan dit ook oorweeg om die leeu na een van hulle ander nasionale parke te verskuif. n Derde opsie is om Sylvester aan &#8216;n ander staats- of nie-staatsinstansie te skenk.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Man is die week in die buitewyke van Kenia se hoofstad, Nairobi deur \u2019n leeu aangeval en beseer waarna natuurbewaarders die leeu van kant gemaak het. Dit is die vierde keer vanjaar dat leeus buite die Amboseli Nasionale Park in Kaijado rondloop en die tweede keer in twee weke dat iemand deur \u2019n leeu &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37487\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Leeu wat man aanval in Nairobi geskiet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37488,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5885,20592,20996,11304],"class_list":["post-37487","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-kenia","tag-leeu","tag-maanhaar","tag-nairobi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37487","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37487"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37487\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37488"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37487"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37487"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37487"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}