{"id":3748,"date":"2008-12-19T02:46:17","date_gmt":"2008-12-19T02:46:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3748"},"modified":"2008-12-19T02:46:17","modified_gmt":"2008-12-19T02:46:17","slug":"rwandese-kolonel-skuldig-bevind-aan-volksmoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3748","title":{"rendered":"Rwandese kolonel skuldig bevind aan volksmoord"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\"><span>&#39;n Voormalige kolonel in die Rwandese weermag wat agter die 1994-moord op meer as 500 000 mense was, is aan volksmoord skuldig bevind en Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Dit is die belangrikste vonnis van die VN-tribunaal wat saamgestel is om die moordenaars voor die gereg te bring. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Kol. Theoneste Bagosora is skuldig bevind aan misdade teen die mensdom en die hof het bevind dat hy sy pos as direkteur van Rwanda se ministerie van verdediging gebruik het om Hoetoesoldate te beveel om Toetsies en gematigde Hoetoes dood te maak. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Voormalige bevelvoerders Anatole Nsengiyumva en Aloys Ntabakuze is ook skuldig bevind aan volksmoord en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die voormalige hoof van milit&ecirc;re operasies, brigadier Gratien Kabiligi, is vrygespreek op alle klagtes en vrygelaat. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Dit was &#39;n baie belangrike dag in die tribunaal met die uitsprake wat gegee is in belangrike sake wat baie lig gewerp het op wat op die 6de April 1994 gebeur het, asook die dae wat daarna gevolg het,&quot; het Hassan Bubacar Jallow, hoofaanklaer by die internasionale kriminele tribunaal vir Rwanda<span>&nbsp; <\/span>aan die Franse internasionale nuuskanaal, France 24, ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die hof het ges&ecirc; dat Bagosora &quot;die hoogste gesag was in die Rwandese ministerie van verdediging met gesag oor die Rwandese milit&ecirc;re magte&quot; en dat hy verantwoordelik was vir die dood van die voormalige Rwandese eerste minister, Agathe Uwilingiyimana en 10 Belgiese vredesmaglede wat haar probeer beskerm het met die aanvang van die volksmoord. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Bagosora, 67, het niks ges&ecirc; toe die uitspraak Donderdag gelewer is nie, en daar was doodse stilte van die talle mense wat die gange van die klein hofsaal volgepak het om die uitspraak aan te hoor. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Sy skuldigbevinding is verwelkom deur oorlewendes van die volksmoord, wat 15 jaar later steeds tussen die mense <\/span><span>moet woon <\/span><span>wat die dade in die sentraal-Afrikaland <\/span><span>gepleeg het<\/span><span>.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Daar word vermoed dat sowat 63 000 mense deelgeneem het aan die volksmoord, alhoewel baie van hulle deur gemeenskapsgebaseerde howe gevonnis is, waar verdagtes aangemoedig is om skuld te erken en vergifnis te vra in ruil vir ligter vonnisse. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Bagosora is die persoon agter al die slagtings,&quot; het Jean Paul Rurangwa, 32, ges&ecirc;. Hy het sy pa en twee susters verloor.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Die feit dat hy die swaarste vonnis opgel&ecirc; is wat die hof kan gee, is &#39;n verligting.&quot;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>VN-sekretarisgeneraal Ban ki-Moen het die vonnisse verwelkom, het sy woordvoerder Marie Okabe by die New Yorkse hoofkantoor ges&ecirc;. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Die vonnisse is &#39;n groot stap in die stryd teen die straffeloosheid van mense wat verantwoordelik is vir die ernstigste misdade van internasionale belang,&quot; het Ban se woordvoerder ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die Tanzani&euml;-gebaseerde Internasionale Kriminele hof vir Rwanda is opgestel in 1994 om die mense wat verantwoordelik was vir die slagtings te verhoor, en het die eerste vonnisse in 1997 uitgespreek. Daar was 42 uitsprake waarvan verdagtes in 6 gevalle vrygespreek is. Die hof het nie die magte om die doodsvonnis uit te spreek nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Agtien sake is steeds aan die gang, maar nie een van die verdagtes is van so &#39;n ho&euml; profiel soos Bagosora nie. Sy prokureur, Raphael Constant, het ges&ecirc; dat hulle binne 30 dae app&egrave;l sal aanteken. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Meer as 500 000 Toetsies en polities gematigde Hoetoes is doodgemaak in die 100-daeslagting wat deur die ekstremistiese Hoetoeregering georganiseer is. Regeringstroepe, Hoetoemilisie en gewone burgers wat aangespoor is deur haatboodskappe wat oor die radio uitgesaai is, het van dorpie na dorpie gegaan en mans, vroue en kinders doodgemaak.<span>&nbsp;&nbsp;&nbsp; <\/span><\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\">\u0441\u0442\u0440\u043e\u0438\u043c \u0431\u0430\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#39;n Voormalige kolonel in die Rwandese weermag wat agter die 1994-moord op meer as 500 000 mense was, is aan volksmoord skuldig bevind en Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Dit is die belangrikste vonnis van die VN-tribunaal wat saamgestel is om die moordenaars voor die gereg te bring. Kol. Theoneste Bagosora is skuldig bevind aan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=3748\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rwandese kolonel skuldig bevind aan volksmoord&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[3377,3394,162,21089,165,3592],"class_list":["post-3748","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-beeld","tag-die-burger","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-praag","tag-rwandese-kolonel-skuldig-bevind-aan-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3748","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3748"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3748\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3748"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3748"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3748"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}