{"id":37415,"date":"2016-03-28T13:41:35","date_gmt":"2016-03-28T11:41:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37415"},"modified":"2016-03-28T20:26:26","modified_gmt":"2016-03-28T18:26:26","slug":"nederlandse-toleransie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37415","title":{"rendered":"Nederlandse toleransie"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEen koekje van eigen deeg\u201d seg die Kaaskoppe mos wanneer iemand se vuil streek aan ander na hom terugkom, anders bekend as \u201cboontjie kry sy loontjie\u201d.<\/p>\n<p>En dit is wat verlede week hier gebeur het. Ek verwys nou na die gebeure in Oss, \u2018n middelgroot stad in die suid-ooste van Nederland met sowat negentig duisend inwoners. Met hul Brabantse dialek, gekenmerk deur die sagte \u201cg\u201d en brei \u201cr\u201d, het hulle die w\u00eareld ore aangesit: \u201cDaar kom geen asielsoekers in ons wyk nie!\u201d<\/p>\n<p>Ja-nee, die Ossenare is onrustig. Vergeet maar van spandoeke, protesborde en petisies. Klippe gooi deur vensters en massademonstrasies voor die deur is \u201cecht ons ding\u201d. Met sy negentig duisend inwoners voel hulle massaal bedreig deur die koms van \u2018n hele, asemrowende vier(!) asielsoekers. Hulle is mos almal diewe en verkragters wat die netjiese wyk gaan ontsier, en vroue en kinders sal nie meer veilig oor straat kan loop nie want daar woon nou \u201cgemors\u201d en \u201congedierte\u201d tussen ons.<\/p>\n<p>Vir diegene wat dalk kopkrap oor my iewat sardoniese skrywe, wil ek daarop wys dat dit nie ek is wat ewe skielik in \u2018n ekstreem linkse getransformeer het nie, maar die Ossenare wat annerkant toe geswaai het.<\/p>\n<p>Oss, Nijmegen en \u2018s Hertogenbosch vorm die Rooi Driehoek. Vroe\u00ebr het dit bekend gestaan as die Katolieke Driehoek, maar sedert die opkoms van sosialisme en die ondergang van die kerk het hierdie Roomse oosterlinge besluit om hul Katolieke geloof te verruil vir Karl Marx se snert. Immers, Marx se moederlief was gebore gewees in Nijmegen, net so teen die wal van die Waalkade, vandaar meen hulle seker dat hulle historiese aanspraak het op sy ideale. Laat staan nog dat marxisme die perfekte nuwe geloof was waarmee die Katolieke hul heksejagte van oudsher kon voortsit teen die \u201congediertes\u201d<\/p>\n<p>Ek het daar naby gewoon toe ek in Nederland aangekom het, en die Nijmegenare het ook hierdie neiging om te praat van \u201c\u2019n kameraad van my\u201d in plaas van \u201c\u2019n vriend van my\u201d. Op koue winterdae sien \u2018n mens af en toe \u2018n Nijmegenaar verbyloop met \u2018n warm Russiese sjapka op die kop met die hamer en sekel wat op die voorgewel pronk.<\/p>\n<p>Vandaar dat my nuuskierigheid nogal geprikkel word as ek na hierdie nuutste tirade vanuit Oss kyk. Die ironie steek uit soos \u2018n seer duim dat al Holland se groot Kommunistiese voorbokke vanuit daardie w\u00eareld kom. Die leiers van die Socialistische Partij praat almal met daardie verdagte sagte \u201cg\u201d en brei \u201cr\u201d dat \u2018n mens byna sou dink dat dit \u2018n vereiste is om \u2018n partylid te word.<\/p>\n<p>Vir die nuuskieriges wat presies wil sien hoe die Ossenare dink oor hul moontlike nuwe bure, kan ek hulle met hierdie <a href=\"http:\/\/www.powned.tv\/nieuws\/binnenland\/2016\/03\/protest_tegen_komst_4_asielzoe.html\">fragment<\/a> vermaak.<\/p>\n<p>Dit is nou die mense van die universele gelykheid, die mense wat glo dat geen mens onwettig is nie. Ek het tot dusver nog niks gehoor van al daardie groot linkse beterweters soos Klaas de Jonge, H\u00e9l\u00e8ne Passtoors, Conny Braam of ander nie. Selfs die Iraans-Nederlandse regsgeleerde professor Afshin Ellian, wat sy doktorsgraad in Boerehaat en Afro-Fascisme (\u201cDie Waarheidskommissie was \u2018n juridies-aanvaarbare verhoor gewees\u201d) verwerf het, waarsku nou dat Salafisme \u201c\u2019n giftige sekte is\u201d na aanleiding van die aanslae in Brussel van verlede week.<\/p>\n<p>Dis mos lekker om bomme in iemand anders se agtertuin te gooi, solank jy maar nie aan die ontvangkant daarvan is nie, en dis wat hulle nou ten volle begin ervaar. In die politiek gewaar ek \u2018n soortgelyke tendens. Niemand wil dit hardop s\u00ea nie, maar hulle het geen idee hoe hulle moet omgaan met hierdie nuwe bedreiging nie. Hulle sal ook nie Verwoerd se toesprake begin lees nie, want hierdie arme drommels is so gebreinspoel met politieke ideale dat hulle kwalik die bome van die bos kan onderskei, vandaar gryp hulle na die enigste wapen wat hulle ken, naamlik protes en massahisterie.<\/p>\n<p>Hoe dit ook sy, sien ons die duidelike tendens van hierdie tyd, naamlik dat begrippe soos universalisme en gelykheid onwerkbare begrippe is. Uiteindelik beteken dit niks anders as opgehemelde kleinburgerlikheid nie, bloot omdat mense nie verby hul eie vooroordele kan kyk nie.<\/p>\n<p>Ek wonder hoeveel Ossenare hierdie ook besef?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; \u201cEen koekje van eigen deeg\u201d seg die Kaaskoppe mos wanneer iemand se vuil streek aan ander na hom terugkom, anders bekend as \u201cboontjie kry sy loontjie\u201d. En dit is wat verlede week hier gebeur het. Ek verwys nou na die gebeure in Oss, \u2018n middelgroot stad in die suid-ooste van Nederland met sowat negentig [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":37416,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[11138,6925,22355,22354,2264],"class_list":["post-37415","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-karl-marx","tag-nederland","tag-nijmegen","tag-oss","tag-sosialisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37415","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37415"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37415\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37416"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37415"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37415"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37415"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}