{"id":37382,"date":"2016-03-24T10:14:53","date_gmt":"2016-03-24T08:14:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37382"},"modified":"2016-03-24T10:19:12","modified_gmt":"2016-03-24T08:19:12","slug":"praag-ontvang-antwoord-van-unesco-oor-vernietiging-van-afrikanererfenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37382","title":{"rendered":"PRAAG ontvang antwoord van UNESCO oor vernietiging van Afrikanererfenis"},"content":{"rendered":"<p>PRAAG het so pas &#8216;n antwoord van die Verenigde Nasies se kultuurliggaam, UNESCO in Parys, ontvang. Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep het weereens &#8216;n klag by UNESCO aanhanging gemaak n\u00e1 die jongste vlaag aanvalle op Afrikanerstandbeelde op kampusse.<\/p>\n<p>&#8220;Die ANC-bewind, asook die radikale groepe in die land wat ons standbeelde en ander erfstukke aanval, is besig om strydig met plaaslike en internasionale wetgewing op te tree,&#8221; s\u00ea dr. Dan Roodt. &#8220;PRAAG is ook bekommerd oor versamelings van boeke en skilderye wat in biblioteke en museums gehou word en wat insgelyks die prooi van marxistiese revolusion\u00eare bendes soos di\u00e9 van die EFF kan word. Ook d\u00edt is aan UNESCO oorgedra.&#8221;<\/p>\n<figure id=\"attachment_37393\" aria-describedby=\"caption-attachment-37393\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/cr_swart.jpg\" rel=\"attachment wp-att-37393\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-37393 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/cr_swart-300x193.jpg\" alt=\"cr_swart\" width=\"300\" height=\"193\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/cr_swart-300x193.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/cr_swart-148x95.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/cr_swart-31x20.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/cr_swart-38x24.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/cr_swart-335x215.jpg 335w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/cr_swart.jpg 455w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-37393\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;n Standbeeld van oudpres. CR Swart word op die kampus van die Vrystaatse Universiteit gevandaliseer terwyl die polisie passief toekyk<\/figcaption><\/figure>\n<p>UNESCO het die wens uitgespreek dat &#8216;n &#8220;oplossing op nasionale vlak deur dialoog tussen gemeenskappe gevind kan word&#8221;. PRAAG se klag is aan Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by UNESCO oorgedra.<\/p>\n<p>Die aksiegroep het reeds verlede jaar &#8216;n klag by UNESCO teen die ANC-bewind aanhangig gemaak op die stadium toe die Krugerstandbeeld in Pretoria gevandaliseer is. Die organisasie sukkel egter al &#8216;n jaar lank om met die departement van omgewingsake, wat met UNESCO skakel, te kommunikeer aangesien die departement weier om Afrikaans te gebruik. PRAAG sal egter binnekort &#8216;n dringende hofaansoek bring om die departement te dwing om erkenning aan Afrikaans as amptelike taal te verleen.<\/p>\n<p>&#8220;Die kommunikasieprobleem met omgewingsake belemmer ons aksie om Afrikanererfenis van vandalisme en vernietiging te red,&#8221; s\u00ea dr. Dan Roodt van PRAAG. &#8220;In teenstelling met die ANC-bewind, kan mens gemaklik met internasionale organisasies kommunikeer aangesien hulle streng by hul taalbeleid hou en veeltaligheid handhaaf. Tot dusver het ons alle briewe aan UNESCO in Frans gerig, aangesien dit een van die amptelike tale van di\u00e9 liggaam is en dit boonop in Parys gesetel is. Die ANC-bewind regeer vanuit Pretoria, &#8216;n Afrikanerstad, maar ken blykbaar geen woord Afrikaans nie. Vreemd. Ek is egter vol vertroue dat die howe ons gelyk sal gee dat Afrikaans nie in 1994 opgehou het om &#8216;n amptelike taal van Suid-Afrika te wees nie.&#8221;<\/p>\n<p>PRAAG skakel met verskeie buitelandse regerings in &#8216;n poging om hulle by die reddingsaksie vir Afrikaanse erfenis te betrek, maar ook om tussen Afrikaners en die ANC-maghebber te bemiddel. &#8220;Ons bekyk tans die idee dat aspekte van Afrikanererfenis ook gedeelde erfenis met Europese lande kan wees,&#8221; het Roodt verklaar. &#8220;Die revolusion\u00eare afro-marxistiese bendes is dus nie net besig om \u00f3ns erfenis te vernietig nie, maar ook di\u00e9 van Europa. Ons doen &#8216;n beroep op alle pro-Westerse groepe w\u00eareldwyd om ons in ons stryd te ondersteun.&#8221;<\/p>\n<p>Die aksiegroep is veral optimisties dat die veranderende politieke klimaat in Europa en die VSA pogings om Afrikanererfenis te red ten goede sal strek. &#8220;Mnr. Trump se gewildheid in die VSA, asook nuwe regse regerings in Oos-Europa, toon dat die tydvak van Westerse dekadensie ten einde loop,&#8221; s\u00ea Roodt. &#8220;Binnekort gaan die swartman in Suid-Afrika nie meer oor &#8216;n vrypas beskik om vanwe\u00eb sy rassehaat vir die blanke ons standbeelde aan te val, of boeke en skilderye te verbrand nie.&#8221;<\/p>\n<p>PRAAG blameer ook die hoofstroommedia vir die klimaat van onverdraagsaamheid wat daar teen Afrikanerkultuur en -erfenis geskep is. &#8220;Joernaliste in die HSM blaas die haat aan en juig as Afrikanererfenis gevandaliseer word. Ook word streng sensuur gehandhaaf oor enige pogings tot die teendeel: om Afrikanererfenis te red of te bewaar. Die alternatiewe media sal egter oor die beweging teen vandalisme en afro-marxistiese vernietiging berig. En iewers in die toekoms moet vandag se meelopers wat soveel haat en vernietiging teen ons aanblaas weens hul misdade teregstaan. Hulle gaan nog boet,&#8221; s\u00ea Roodt.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRAAG het so pas &#8216;n antwoord van die Verenigde Nasies se kultuurliggaam, UNESCO in Parys, ontvang. Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep het weereens &#8216;n klag by UNESCO aanhanging gemaak n\u00e1 die jongste vlaag aanvalle op Afrikanerstandbeelde op kampusse. &#8220;Die ANC-bewind, asook die radikale groepe in die land wat ons standbeelde en ander erfstukke aanval, is besig om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37391,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,53,5],"tags":[167,20933,11544,22342,18602,7507,14080],"class_list":["post-37382","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afrikaans","tag-afrikanererfenis","tag-frans","tag-internasionale-organisasies","tag-omgewingsake","tag-parys","tag-unesco"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37382","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37382"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37382\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37391"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37382"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37382"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37382"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}