{"id":37377,"date":"2016-03-24T09:22:47","date_gmt":"2016-03-24T07:22:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37377"},"modified":"2016-03-24T10:30:01","modified_gmt":"2016-03-24T08:30:01","slug":"karel-combrinck-ope-brief-aan-fw-de-klerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37377","title":{"rendered":"Karel Combrinck: Ope brief aan FW de Klerk"},"content":{"rendered":"<p>Mnr De Klerk, nou wil ek u eers &#8216;n guns vra : U is nou tagtig jaar oud. Moet tog asseblief nie iets onbesonne aanvang soos om lepel in die dak te steek voor die boere kan organiseer om u onderstebo op te hang nie.<\/p>\n<p>Dis verbysterend dat daar nog mense is wat die vermetelheid en dikvelligheid kan h\u00ea om u skandelike oorgawe aan &#8216;n kommunistiese ANC-terroristebende te probeer verdedig. Lyk baie na &#8216;n nostalgiese uitstappie van &#8216;n paar van u lakeie na die dae toe u nog \u00abpresident\u00bb was. Of miskien is daar mense wat sleg slaap oor wat hulle aangevang het.<\/p>\n<p>Kom ons kyk na &#8216;n paar van hulle patetiese pogings :<\/p>\n<p>In Die Burger van 18 deser verskyn &#8216;n artikel deur ene Alet Janse van Rensburg wat ondermeer soos volg lui :<\/p>\n<blockquote><p>\u00abDiegene wat oudpres. FW de Klerk se hantering van die destydse onderhandelinge vir \u2019n demokratiese Suid-Afrika kritiseer, moet besef daar was geen alternatief vir die bestel wat hy suksesvol onderhandel het nie.<\/p>\n<p>S\u00f3 het oudkollegas van De Klerk hom Vrydag op sy 80ste verjaardag geprys vir die leierskap wat hy in \u2019n kritieke tyd in die land se geskiedenis aan die dag gel\u00ea het .\u00bb<\/p><\/blockquote>\n<p>U sal merk, mnr de Klerk, dat die berig, wat in beginsel veronderstel is om objektief en neutraal te wees, in kenmerkende Burger-styl duidelik in u guns bevooroordeeld is. Die inleidende paragraaf, wat sg die mening van u oudkollegas weergee, stel onomwonde u beleidsrigtings in &#8216;n positiewe lig. \u00abLeierskap wat hy in &#8216;n kritieke tyd tyd in die land se geskiedenis aan die dag gel\u00ea het\u00bb bevat ook duidelik &#8216;n oordeel dat u beslissings reg en tot voordeel van die land en sy mense was. In belang van ewewig sou &#8216;n mens kon verwag het dat die berig ook die menings sou dra van mense wat minder lof vir u \u00abonderhandelde\u00bb oorgawe het. Maar Die Burger, soos ons weet, het geen voorliefde vir objektiwiteit of ewewigtigheid nie.<\/p>\n<p>En dan, mnr De Klerk, die ewige getokkel oor &#8216;n \u00abonderhandelde\u00bb skikking: Hoeveel onderhandelingsvermo\u00eb en hoeveel diplomasie is nodig om &#8216;n land weg te gee?<\/p>\n<p>\u00abDr. Kraai van Niekerk, destydse minister van landbou in die oorgangskabinet, het ges\u00ea ondanks kritiek teen De Klerk sou Suid-Afrika nie die demokrasie gehad het wat hy vandag het as dit nie vir De Klerk was nie.\u00bb Nogal &#8216;n taamlik onbeholpe sin, maar toemaar.<\/p>\n<p>Maar die vraag is watter soort demokrasie het Suid-Afrika vandag en is dit die soort demokrasie wat enigiemand wil h\u00ea, een onder meer waar die Guptas besluit wie kabinetsministers moet wees? \u00abOorgangskabinet\u00bb! Watter soort gedrog is dit? Oorgawekabinet miskien. As ek die sin ietwat kan wysig: \u00abSonder De Klerk sou Suid-Afrika nie die katastrofiese en totaal mislukte demokrasie gehad het wat hy vandag het nie.\u00bb<\/p>\n<p>En van die kant van die ou aartsbedrie\u00ebr en vermaakliheidskunstenaar, Pik Botha :<\/p>\n<blockquote><p>\u201cHoewel daar baie ekonomiese en politieke druk teen apartheid was, was dit \u2019n etiese en morele motivering wat De Klerk daartoe gedryf het om ons daaruit te lei. Ons het besef dat dit waarmee ons besig is (\u00abapartheid\u00bb), sonde is en ons kon dit nie langer doen nie.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Ons was nie in staat om ons land te behou nie, maar ons het darem die tweede prys gewen: Ons was \u00abmoreel\u00bb. Mnr De Klerk u weet tog dat wanneer &#8216;n mens wil swig voor druk dan klink dit beter om te s\u00ea dis weens \u00abmorele redes\u00bb as om te erken \u00abek gooi die tou op\u00bb. En dan, asseblief , wil Pik Botha sowaar vir ons kom preek oor wat \u00absonde\u00bb is? Kan &#8216;n mens grotesker!<\/p>\n<p>Maar dan gaan die ou amateurgo\u00eblaar voort :<\/p>\n<blockquote><p>\u201cDaardie referendum het aan die ANC gewys dat twee derdes van die wit mense in die land verkies het dat De Klerk en sy regering die toekoms namens hulle onderhandel. Dit het ons gered toe alles in die weegskaal was. Ons sou nie uit \u2019n swakkere posisie kon onderhandel nie.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>U het dus uit &#8216;n posisie van krag onderhandel. Maar wat het u dan nou juis in u posisie van krag bereik? U sou, uit &#8216;n posisie van krag, &#8216;n vorm van selfbeskikking vir ons kon beding het. Maar dit is nie &#8216;n \u00abalternatief\u00bb waarin u belang gestel het nie. U het net niks vir ons beding nie behalwe spookasems. Geen wonder Cyril Ramaphosa en die ANC-onderhandelingspan kon hulle gelag vir u nie beteuel nie. &#8216;n Mens sidder by die gedagte aan wat u sou \u00abbeding\u00bb het uit &#8216;n posisie van swakheid! Soos Pik Botha dit duidelik maak, die gedagte met die referendum was om die ANC te be\u00efndruk en instede daarvan dat hulle be\u00efndruk was, het hulle vir u gelag.<\/p>\n<blockquote><p>\u00abDr. Stoffel van der Merwe, oudminister van inligting en die uitsaaiwese, het ges\u00ea \u00abmense vergeet dat \u2019n kompromis van nature iets is waarmee beide partye nie heeltemal tevrede is nie, maar waarmee albei kan saamleef. Daar was geen alternatief vir die stelsel wat hy suksesvol onderhandel het nie\u00bb.<\/p><\/blockquote>\n<p>Weer die mite van \u00absuksesvolle\u00bb onderhandeling en \u00abgeen ander alternatief nie\u00bb. U hartsbegeerte was, soos u self s\u00ea, om die mag aan die ANC oor te gee, die mooiste dag in u presidensie. Het u hoegenaamd na ander alternatiewe gekyk? Wees tog vir een keer eerlik en erken kapitulasie was die enigste alternatief wat u oorweeg het. U het ons die verderf ingelei met o\u00ebverblindery oor \u00abgeen ander alternatief\u00bb nie. Volgens u was die enigste keuses apartheid of totale oorgawe. Dis net nuttige idiote wat dit kon glo. En ongelukkig is hulle altyd in die meerderheid.<\/p>\n<p>En waar in hemelsnaam is die kompromis ? Dis tog bloot politiekery. Kompromis beteken in gewone taal \u00abiets vir jou en iets vir my\u00bb. Hulle het &#8216;n land present gekry en ons?<\/p>\n<p>Nog Stoffel:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cDit was grootliks te danke aan De Klerk wat in 1990 die sameloop van omstandighede \u2013 wat \u2019n unieke geleentheid geskep het vir \u2019n vreedsame oorgang \u2013 berekend benut het.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Vreedsame oorgang miskien, maar vreedsame oorgang na wat? En hoe kon dit anders as vreedsaam wees as u die land eenvoudig verniet weggegee het? Waar is dus nou die wonderwerk?<\/p>\n<p>(Kraai) Van Niekerk het ook ges\u00ea dat Suid-Afrika \u00abgelukkig was om iemand soos De Klerk te h\u00ea wat die moed van sy oortuiging gehad het om die land op &#8216;n verantwoordelike wyse vorentoe te neem\u00bb.<\/p>\n<p>Die \u00abmoed\u00bb gehad om die land \u00abvorentoe\u00bb te neem! Maar, mnr De Klerk, u weet dit tog, alles het inteendeel sedert u oorgawe agteruit gegaan en gaan nog steeds verder agteruit. Die \u00abmoed\u00bb wat u openbaar het en die \u00abvorentoe\u00bb waarvan Van Niekerk en Van der Merwe praat, is moed en vooruitgang uit die oogpunt van die New York Times.<\/p>\n<p>Die knaende refrein van \u00absuksesvolle onderhandelings\u00bb laat &#8216;n mens ook noodwendig wonder wat \u00absuksesvolle\u00bb onderhandelings mag beteken. As &#8216;n mens mooi lees en mooi luister, beteken dit oorgawe aan die ANC sonder bloedvergieting. Vanselfsprekend sal niemand bloed vergiet wat &#8216;n land verniet kry nie. As bloed vergiet moes word om ons selfbeskikking te waarborg, dan moes dit gebeur. Ons bloed is herhaaldelik deur ons geskiedenis heen vergiet, in die Anlo-Boere-oorlog, jare lank in Angola en elders, ter wille van ons vryheid. Om te sterf ter wille van ons vryheid sou tog eindeloos meer moreel gewees het as hierdie eerlose en vernederende oorgawe. En dan, mnr De Klerk, wat van al die bloed van witmense wat nou op plase en elders vergiet word? Alles deel van u \u00abdemokratiese\u00bb oorgang ?<\/p>\n<p>U het ons die verderf ingelei met o\u00ebverblindery oor \u00abgeen ander alternatief nie\u00bb. Daar was ander keuses ook behalwe apartheid of oorgawe en u weet dit, maar u het nie die wil en die \u00abmoed\u00bb gehad om hulle te oorweeg nie. U het net uitgesien na die grootste dag in u presidensie.<\/p>\n<p>Baie van ons, Mnr De Klerk, en ek glo al meer en meer, is oortuig daarvan dat u motivering nie moraliteit was nie, maar eerder lafhartigheid, soeke na internasionale gewildheid en eiebelang. U het die w\u00eareld gewen deur u siel te verkwansel. Nelson Mandela het van u &#8216;n w\u00eareldfiguur gemaak: Die grootste hensopper in die geskiedenis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mnr De Klerk, nou wil ek u eers &#8216;n guns vra : U is nou tagtig jaar oud. Moet tog asseblief nie iets onbesonne aanvang soos om lepel in die dak te steek voor die boere kan organiseer om u onderstebo op te hang nie. Dis verbysterend dat daar nog mense is wat die vermetelheid &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37377\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Karel Combrinck: Ope brief aan FW de Klerk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":37379,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[227,13230,5631,22338,5202,9379,8616,7716,22339],"class_list":["post-37377","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-anc","tag-cyril-ramaphosa","tag-fw-de-klerk","tag-kraai-van-niekerk","tag-nelson-mandela","tag-onderhandeling","tag-oorgawe","tag-pik-botha","tag-stoffel-van-der-merwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37377","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/13"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37377"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37377\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37379"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37377"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37377"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37377"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}