{"id":37358,"date":"2016-03-23T07:40:34","date_gmt":"2016-03-23T05:40:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37358"},"modified":"2016-03-23T07:50:45","modified_gmt":"2016-03-23T05:50:45","slug":"geen-suid-afrikaners-in-brusselse-aanvalle-dood-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37358","title":{"rendered":"&#8216;Geen Suid-Afrikaners in Brusselse aanvalle dood nie&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Nelson Kgwete, die woordvoerder van die die departement van Internasionale Betrekkinge, s\u00ea hulle is nie bewus van enige Suid-Afrikaners wat in die terreuraanvalle in Brussel omgekom het nie.<\/p>\n<p>Die Afrika Unie Kommissie het die aanvalle in die Belgiese hoofstad veroordeel. <\/p>\n<p>Die voorsitter van die Kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma, het haar medelye uitgespreek met die families wat geraak is deur die aanvalle. <\/p>\n<p>Dlamini-Zuma s\u00ea die AU verwerp terrorisme en gewelddadige ekstremisme. Sy s\u00ea die AU sal met die internasionale gemeenskap saamwerk om terrorisme te bekamp. <\/p>\n<p>Plaaslike en internasionale reise in Belgi\u00eb is steeds opgeskort en veiligheid regoor Europa is na die aanvalle opgeskerp. <\/p>\n<p>&#8216;n Vlag van ISIS en &#8216;n bom is gevind by &#8216;n huis in Brussel tydens &#8216;n soektog deur die Belgiese polisie in verband met Dinsdagoggend se aanvalle, het aanklaers ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die ploftoestel met spykers is by &#8216;n huis in die Schaerbeek-munisipaliteit gekry, het Belgiese aanklaers ges\u00ea. <\/p>\n<p>Chemikalie\u00eb is ook gevind tydens die soektog.<\/p>\n<p>Klopjagte word gedoen regoor die land in die nasleep van die terreuraanvalle, het die Belgiese federale aanklaer Frederic Van Leeuw aangekondig op &#8216;n perskonferensie. <\/p>\n<p>&#8216;n Moontlike verband tussen die Brusselaanvalle en die aanvalle in Parys word nog ondersoek.<\/p>\n<p>Minstens 30 mense is dood toe selfmoordbomdraers by die Brussel-lughawe en die Maelbeek-moltreinstasie toegeslaan het. Bykans 200 mense is beseer, waaronder ook kinders. <\/p>\n<p>Ploftoestelle, wat nie afgegaan het nie, is ook by die lughawe gevind. Alle lug- en spoorverkeer na en van Brussel is opgeskort. <\/p>\n<p>Alle vlugte is gekanselleer en Brussel se lughawe sal minstens vir nog `n dag gesluit bly. <\/p>\n<p>Eurostar het alle treindienste na en van die Belgiese hoofstad gekanselleer. Sekuriteit is ook in Brittanje by die Gatwick- en Heathrow-lughawens opgeskerp.<\/p>\n<p>Die Nederlandse polisie het waarskuwingskote by Amsterdam se hoofstasie afgevuur toe drie verdagtes in hegtenis geneem is. <\/p>\n<p>`n Polisie-woordvoerder s\u00ea die voorval het te doen gehad met dwelmmiddels, maar het plaasgevind nadat sekuriteit by Europese lughawens en stasies opgeskerp is weens die terreuraanvalle in Belgi\u00eb.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nelson Kgwete, die woordvoerder van die die departement van Internasionale Betrekkinge, s\u00ea hulle is nie bewus van enige Suid-Afrikaners wat in die terreuraanvalle in Brussel omgekom het nie. Die Afrika Unie Kommissie het die aanvalle in die Belgiese hoofstad veroordeel. Die voorsitter van die Kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma, het haar medelye uitgespreek met die families wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37358\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Geen Suid-Afrikaners in Brusselse aanvalle dood nie&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37359,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8866,2838,14772,17039,7829],"class_list":["post-37358","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-belgie","tag-bom","tag-brussel","tag-isis","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37358","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37358"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37358\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37359"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37358"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37358"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37358"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}