{"id":37352,"date":"2016-03-23T07:18:25","date_gmt":"2016-03-23T05:18:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37352"},"modified":"2016-03-23T07:18:25","modified_gmt":"2016-03-23T05:18:25","slug":"aanval-in-mali-op-eu-militere-sending","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37352","title":{"rendered":"Aanval in Mali op EU milit\u00eare sending"},"content":{"rendered":"<p>Gewapende mans het Maan\u00addagaand \u2019n hotel in Mali se hoofstad, Bamako, bestorm, waar die Europese Unie (EU) se milit\u00eare opleidingsending tuis is. Een persoon is in die aanval dood.<\/p>\n<p>Die gewapendes het die hotel omstreeks 18:30 aangeval waarna hulle onder geweervuur van veiligheidswagte ontsnap het.<\/p>\n<p>\u201cVier mense het probeer om hul weg te baan deur \u2019n barrikade terwyl hulle geskiet het,\u201d het \u2019n lid verbonde aan die EU-opleidingsending in Mali (EUTM) ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cEen van die vier is geneutra\u00adliseer, ons soek nog na drie ander,\u201d het hy aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die polisie het \u2019n foto van die dooie aanvaller aan AFP gewys. Hy het \u2019n denim-broek aangehad en in \u2019n poel van sy eie bloed gel\u00ea.<\/p>\n<p>\u2019n Malinese veiligheidsbron s\u00ea troepe is op soek na \u2019n vermeende selfmoordbomaanvaller wat vermoedelik in die omgewing van die EUTM se hoofkwartier is.<\/p>\n<p>Die minister van binnelandse veiligheid, Salif Traore, het ges\u00ea twee verdagtes is aangekeer en veiligheidsmagte is besig om die gebied te beveilig in dieselfde woonbuurt waar die Radisson Blu hotel gele\u00eb is. <\/p>\n<p>Dit is daar waar 20 mense deur djihadiste in \u00adNovember vermoor is.<\/p>\n<p>Veiligheidsmagte het ook die sak wat die dooie aanvaller by hom gehad het, deursoek omdat vermoed is dat dit moontlik plofstof kon bevat.<\/p>\n<p>EUTM werk om Mali se weermag se vermo\u00eb te verbeter om djihadiste die stryd aan te s\u00ea. Die EU-sending benut die kundigheid van personeel uit 25 lande met meer as 600 personeel wat in Mali gesta\u00adsioneer is.<\/p>\n<p>Magte van Frankryk en die Verenigde Nasies probeer die weermag ondersteun, maar die ekstremiste gebruik voortdurend nuwe tegnieke om terreur te laat posvat nadat hulle in 2013 deur \u2019n Frans-geleide koalisie uit sleutel noordelike dorpe verdryf is.<\/p>\n<p>Die noorde van Mali het in 2012 in die hande van \u2019n djihadistiese groep met bande met Al-Ka\u00efda geval, en die regering was nie in staat om veiligheid met plaaslike magte te handhaaf nie.<\/p>\n<p>Sedert hulle uit die noorde van Mali verdryf is, het die djihadiste sporadiese aanvalle op die land se weermag en VN-vredesbewaarders uitgevoer. Dosyne mense is in die aanvalle dood.<\/p>\n<p>Meer onlangs het hulle gewilde burgerlike teikens gekies vir hul aanvalle. Al-Ka\u00efda in die Islamitiese Maghreb (AQIM) het aanspreeklikheid vir drie onlangse aanvalle in Wes-Afrika aanvaar. <\/p>\n<p>Dit sluit \u2019n aanval op \u2019n strandoord verlede maand in die Ivoorkus en nog \u2019n ander aanval in Januarie in Burkina Faso, asook die aanval op die Radisson Blu-hotel in Bamako in November 2015 in.<\/p>\n<p>Die polisie in die Ivoorkus het intussen 15 mense in hegtenis geneem in verband met die aanval vroe\u00ebr die maand by `n vakansieoord waarin 19 mense dood is. <\/p>\n<p>Die polisie soek nog na die leier van die aanvallers. Die Ivoriaanse staatsaanklaer s\u00ea sy naam is Kounta Dallah. <\/p>\n<p>Gewapende mans het op 13 Maart die oord by Grand Bassam aangeval. Ses aanvallers is doodgeskiet. <\/p>\n<p>Volgens die staatsaanklaer is die verdagtes aangekeer op grond van inligting wat op die toneel gevind is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gewapende mans het Maan\u00addagaand \u2019n hotel in Mali se hoofstad, Bamako, bestorm, waar die Europese Unie (EU) se milit\u00eare opleidingsending tuis is. Een persoon is in die aanval dood. Die gewapendes het die hotel omstreeks 18:30 aangeval waarna hulle onder geweervuur van veiligheidswagte ontsnap het. \u201cVier mense het probeer om hul weg te baan deur &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37352\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Aanval in Mali op EU milit\u00eare sending&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37353,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4869,8451,7829],"class_list":["post-37352","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-eu","tag-mali","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37352","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37352"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37352\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37353"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37352"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37352"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37352"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}