{"id":37342,"date":"2016-03-22T12:14:01","date_gmt":"2016-03-22T10:14:01","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37342"},"modified":"2016-03-22T12:15:19","modified_gmt":"2016-03-22T10:15:19","slug":"nog-n-bom-ruk-metrostasie-in-brussel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37342","title":{"rendered":"N\u00f3g &#8216;n bom ruk metrostasie in Brussel"},"content":{"rendered":"<p>Net na 9:00 het &#8216;n ontploffing die Maelbeek-metrostasie in die middestad van Brussel geskud, nie ver van die gebied wat die meeste van kerninstellings van die Europese Unie huisves nie, volgens die Belgiese uitsaaier RTBF. <\/p>\n<p>Die EU-administrasie in Brussel het alle afsprake gekanselleer.<\/p>\n<p>Die jongste aanval kom net &#8216;n uur na die verwoestende aanval op die lughawe in Brussel en het die lewens van ten minste 13 mense ge\u00ebis.<\/p>\n<p>Die Brusselse vervoerowerheid het op Twitter ges\u00ea dat alle metrovervoer nou gesluit is.<\/p>\n<p>&#8220;Vir die oomblik, weet ons dat daar ten minste een, moontlik twee ontploffings was. Ons ondersoek nog,&#8221; het Sandra Eyschen, &#8216;n woordvoerder vir die Belgiese federale polisie verklaar. <\/p>\n<p>&#8220;Daar is &#8216;n hele paar beseer, ons het nog nie presiese getalle nie, en ongelukkig, blyk dit dat daar &#8216;n paar sterftes was.&#8221;<\/p>\n<p>Belgi\u00eb het haastig sy bedreigingstatus tot die maksimumvlak aangepas, het die Associated Press berig, met verwysing na die minister van Binnelandse Sake, Jan Jambon.<\/p>\n<p>Na die ontploffings by die Zaventemlughawe vanoggend na 8:00 wat die lewens van elf mense ge\u00ebis het, is die status eers na oranje gestel.<\/p>\n<p>Die paaie na die lughawe is gesluit, en treindiens daar is opgeskort. Die lughaweowerhede het &#8216;n boodskap op Twitter gepos wat mense waarsku om weg te bly.<\/p>\n<p>Maandag het die Belgiese owerhede gevra vir die publiek se hulp om Najim Dachraoui, 24, &#8216;n medepligtige van die Parysverdagte Abdeslam, op te spoor. <\/p>\n<p>Die owerhede is ook op soek na Mohamed Abrini, 31, wat verfilm is saam met Abdeslam by &#8216;n vulstasie op &#8216;n snelweg na Parys twee dae voor die 13 November-aanvalle.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net na 9:00 het &#8216;n ontploffing die Maelbeek-metrostasie in die middestad van Brussel geskud, nie ver van die gebied wat die meeste van kerninstellings van die Europese Unie huisves nie, volgens die Belgiese uitsaaier RTBF. Die EU-administrasie in Brussel het alle afsprake gekanselleer. Die jongste aanval kom net &#8216;n uur na die verwoestende aanval op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37342\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;N\u00f3g &#8216;n bom ruk metrostasie in Brussel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37343,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[22335,14772,4869,17039,22333,22334,16752,7829],"class_list":["post-37342","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-abdesalam","tag-brussel","tag-eu","tag-isis","tag-maelbeekstasie","tag-metro","tag-moslemterreur","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37342","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37342"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37342\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37343"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37342"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37342"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37342"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}