{"id":37328,"date":"2016-03-22T09:55:56","date_gmt":"2016-03-22T07:55:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37328"},"modified":"2016-03-22T09:55:56","modified_gmt":"2016-03-22T07:55:56","slug":"flydubai-ongeluk-kon-weens-uitputting-gebeur-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37328","title":{"rendered":"Flydubai-ongeluk kon weens uitputting gebeur het"},"content":{"rendered":"<p>Die Boeing 737-800 van Flydubai wat di\u00e9 naweek digby die Russiese stad Rostof neergestort het, se vlugopnemers is s\u00f3 beskadig dat dit glo weke sal neem om inligting daarop te ontsluit.<\/p>\n<p>Maar Russiese owerhede het reeds die swart vlugopnemers opgespoor, het &#8216;n woordvoerder van die IAC-vlugowerheid, wat &#8216;n ondersoek na die ongeluk begin het, aan Reuters bevestig.<\/p>\n<p>Die vliegtuig het vroeg Saterdagoggend neergestort na &#8216;n mislukte landing en die 62 mense aan boord het omgekom.<\/p>\n<p>Die Russiese minister van vervoer, Maxim Sokolov, het blomme op die toneel geplaas waar kerse gebrand het en foto\u2019s van die gestorwenes neergesit is.<\/p>\n<p>&#8216;n Tegniese probleem met die vliegtuig kon die ongeluk veroorsaak het, maar klaarblyklik was die personeel oorwerk.<\/p>\n<p>Intussen het &#8216;n voormalige Flydubai kaptein aan die media ges\u00ea dat vlie\u00ebniers gedwing word om te werk terwyl uitgeput is, ten spyte van klagtes.<\/p>\n<p>In gesprekke met RT in Doha, die voormalige vlie\u00ebnier op voorwaarde van anonomiteit ges\u00ea Flydubai se topbestuur was bewus van die probleem, maar het niks gedoen om dit op te los nie. <\/p>\n<p>Die vliegtuig het neergestort toe die vlie\u00ebnier \u2019n tweede keer probeer land het.<\/p>\n<p>Di\u00e9 lughawe in die suide van Rusland het intussen weer vir lugverkeer heropen nadat dit vir twee dae gesluit was. &#8220;Die lughawe is weer ten volle operasioneel,&#8221; het &#8216;n lughawe-woordvoerder aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n<p>Noodwerkers het die ramptoneel, bedek onder \u2019n laag sneeu, Mandag gefynkam terwyl die kwik tot -5 \u00b0C gedaal het.<\/p>\n<p>Flydubai sal die gesinne van die rampslagoffers vergoed met ongeveer R300 000 per passasier wat uitbetaal sal word, luidens &#8216;n verklaring.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Boeing 737-800 van Flydubai wat di\u00e9 naweek digby die Russiese stad Rostof neergestort het, se vlugopnemers is s\u00f3 beskadig dat dit glo weke sal neem om inligting daarop te ontsluit. Maar Russiese owerhede het reeds die swart vlugopnemers opgespoor, het &#8216;n woordvoerder van die IAC-vlugowerheid, wat &#8216;n ondersoek na die ongeluk begin het, aan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37328\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Flydubai-ongeluk kon weens uitputting gebeur het&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37329,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[],"class_list":["post-37328","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37328","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37328"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37328\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37329"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37328"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37328"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37328"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}