{"id":37286,"date":"2016-03-18T08:19:13","date_gmt":"2016-03-18T06:19:13","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37286"},"modified":"2016-03-18T09:54:41","modified_gmt":"2016-03-18T07:54:41","slug":"duitsland-sluit-diplomatieke-missie-in-turkye","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37286","title":{"rendered":"Duitsland sluit diplomatieke missie in Turkye"},"content":{"rendered":"<p>Duitse diplomatieke missies en &#8216;n skool in Turkye het Donderdag gesluit na &#8216;n terreurdreigement, het die ministerie van buitelandse sake aangekondig, minder as &#8216;n week na &#8216;n selfmoordmotorbomaanval in die Turkse hoofstad.<\/p>\n<p>Die ministerie van buitelandse sake het ges\u00ea die sluiting is &#8216;n &#8220;voorsorgmaatre\u00ebl&#8221; en &#8216;n beroep op alle Duitsers tans in Turkye gedoen om besonder versigtig te wees wanneer in die openbaar.<\/p>\n<p>Die e-pos aan Duitse burgers beskryf &#8216;n &#8220;terreurdreigement wat nie bo alle twyfel geverifieer kon word nie.&#8221;<\/p>\n<p>Verlede Januarie is 12 Duitse toeriste dood in &#8216;n selfmoordbomaanval deur die Islamitiese staat in die hart van Istanbul se toeristedistrik.<\/p>\n<p>Dit laat ernstige vrae oor die bomontploffing in die Duitse hoofstad Dinsdag waarin die bestuurder van \u2019n motor dood is.<\/p>\n<p>Die oorledene is &#8216;n 43-jarige Turkse man, Mesut T. Hy was alleen in die voertuig. <\/p>\n<p>Die gebied rondom die Deutsche Oper U-Bahn stasie waar die motor ontplof het, is daarna afgesper en die polisie het inwoners gemaan om nie naby die motor te kom nie nie en binnenshuis te bly.<\/p>\n<p>Ooggetuies het aan Tagesspiegel ges\u00ea dat die bestuurder aanvanklik daarin geslaag het om te ontsnap uit die motor, maar hy het kort daarna ineengestort as gevolg van sy ernstige beserings. <\/p>\n<p>Pogings van die nooddienste om hom by te bring was tevergeefs. Op 08:40 is sy dood aangekondig. Niemand anders is beseer in die voorval nie.<\/p>\n<p>Die gedeelte van Bismarckstraat in Berlyn is dadelik afgekordon nadat die voertuig omstreeks 08:00 ontplof het.<\/p>\n<p>Alhoewel Martin Steltner, &#8216;n woordvoerder van die Berlynse staatsaanklaers, ges\u00ea het dit was nie &#8216;n terreuraanslag nie, is daar nogtans kommer dat die Turkse burger wat bande met dwelmsindikate en ander georganiseerde misdaad gehad het, ook met terreur verbind kan word.<\/p>\n<p>Xinhua berig hy was aan die polisie bekend weens dwelmhandel, vervalsing van geld en onwettige dobbelary.<\/p>\n<p>Die Berlynse polisie het beeldmateriaal op Twitter gelaai waar die voertuig in die middel van die straat sigbaar is met sy deure oop en vensters uitgeruk. <\/p>\n<p>Die motor het ontplof terwyl dit beweeg het. Daarna het dit ongeveer 100 m verder beweeg voordat dit teen \u2019n stilstaande motor tot stilstand gekom het, het die polisie ges\u00ea.<\/p>\n<p>Di\u00e9 aanslag kom te midde van Duitse voorstelle wat EU-leiers Vrydagoggend na verwagting aan Turkye sal voorl\u00ea oor die vlugtelingkrisis.<\/p>\n<p>Dit behels &#8216;n meganisme om voorsiening te maak dat Griekeland duisende ongewenste vlugtelinge wat vanuit Turkye in die EU aanland, deporteer.<\/p>\n<p>Maar omdat Turkye die Geneefse Konvensie oor vlugtelinge nie ten volle bekragtig het nie, sal Ankara eers sy eie wette moet verander voordat die uitsettings uitgevoer kan word. <\/p>\n<p>Honderde duisende migrante gebruik Turkye as &#8216;n deurgangsroete na die vleispotte van die EU en Turkye gebruik die instroming as &#8216;n hefboom om geld van die EU te bedel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Duitse diplomatieke missies en &#8216;n skool in Turkye het Donderdag gesluit na &#8216;n terreurdreigement, het die ministerie van buitelandse sake aangekondig, minder as &#8216;n week na &#8216;n selfmoordmotorbomaanval in die Turkse hoofstad. Die ministerie van buitelandse sake het ges\u00ea die sluiting is &#8216;n &#8220;voorsorgmaatre\u00ebl&#8221; en &#8216;n beroep op alle Duitsers tans in Turkye gedoen om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37286\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Duitsland sluit diplomatieke missie in Turkye&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37287,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[6279,17914,5227,9302,8793],"class_list":["post-37286","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-berlyn","tag-bomaanval","tag-duitsland","tag-selfmoordbom","tag-turkye"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37286","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37286"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37286\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37287"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37286"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37286"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37286"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}