{"id":37260,"date":"2016-03-17T09:58:26","date_gmt":"2016-03-17T07:58:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37260"},"modified":"2016-03-17T10:17:33","modified_gmt":"2016-03-17T08:17:33","slug":"uv-soliforum-grawe-afrikaans-se-graf-dieper","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37260","title":{"rendered":"UV, Soliforum grawe Afrikaans se graf dieper"},"content":{"rendered":"<p>AfriForum s\u00ea hul plan om die Universiteit van die Vrystaat (UV) se 2017-taalbeleid te laat toets in \u2018n hof is nie \u2018n stap om transformasie te keer nie.<\/p>\n<p>Die adjunk-uitvoerende hoof van Afriforum Alana Bailey s\u00ea hulle is bekommerd oor die nasionale demografie wat op alle kampusse afgedruk word, alhoewel sy transformasie voorstaan.<\/p>\n<p>Dit is nie duidelik hoe Baily di\u00e9 twee uiteenlopende standpunte met mekaar versoen nie.<\/p>\n<p>Bailey s\u00ea die UV se besluit bevorder nie taal nie en is \u2018n stap wat uit voeling is met die ideaal wat in die Grondwet oor taal voorgestel word.<\/p>\n<p>Maar Baily het nie verduidelik hoe presies die swart demografie wat uit transformasie spruit Afrikaans sal bevorder nie, aangesien swart studente juis Engels verkies.<\/p>\n<p>Die rektor van die UV, Jonathan Jansen, het ook intussen verklaar dat waar &#8216;n dosent swart studente, wat hy erken nie Afrikaans magtig is nie, in hul eie klasse onderrig, &#8220;soek jy vir moeilikheid&#8221;.<\/p>\n<p>Die UV s\u00ea hy sal sy nuwe taalbeleid tot in die land se hoogste hof verdedig nadat Afriforum en Solidariteit gedreig het om &#8216;n regsgeding aanhangig te maak.<\/p>\n<p>Die Vryheidsfront-plus het intussen &#8216;n beroep op Afrikaanssprekende ouers en studente gedoen om betalings aan die universiteit te weerhou totdat Afrikaans as onderrigtaal heringestel is.<\/p>\n<p>Die visekanselier, Jonathan Jansen, s\u00ea alle belanghebbendes is &#8220;geraadpleeg&#8221; voor die besluit geneem is om Engels as voer- en administratiewe taal te gebruik.<\/p>\n<p>Jansen moes egter glo haastig van &#8216;n studentedekaan, Rudi Buys, ontslae raak toe Buys wit studente van Huis JBM Hertzog in 2014 begin dreig het om verengelsing te aanvaar.<\/p>\n<p>Die Volksblad het &#8216;n klankgreep van die sessie gelek waarop Buys se dreigemente en ontstoke studente se teenkanting duidelik hoorbaar is.<\/p>\n<p>Dit het opslae gemaak.<\/p>\n<p>Buys, &#8216;n politiek korrekte dweper, het slegs swak Engels met Afrikaanse studente gepraat, terwyl hy as Jansen se handlanger opgetree het om studente te intimideer en te indoktrineer om Engels te aanvaar.<\/p>\n<p>In Maart 2014 het Buys die huiskomitee van die JBM Hertzog-koshuis beveel om \u201cself\u201d die naam van die koshuis te verander. Alle foto\u2019s van vorige huiskomiteelede en die geskiedenis van die koshuis is ook verwyder te midde van verwyte dat van die kosbaarhede \u201cverdwyn\u201d het.<\/p>\n<p>Die koerant het die opname van die sogenaamde &#8220;raadpleging&#8221; \u2013 waartydens Buys Engels met \u2018n swaar Afrikaanse aksent gepraat het \u2013 vrygestel waarin hy as studentedekaan die huiskomiteelede en studente voor die ultimatum stel dat hulle die Afrikaanse naam van die koshuis onmiddellik moet verander.<\/p>\n<p>Hulle moes ook ophou om \u2018n vlagparade voor die koshuis te hou, al word die nuwe Suid-Afrikaanse vlag daar gehys, want \u201cdit herinner aan apartheid en mense wat dink dat hulle beter as ander is\u201d.<\/p>\n<p>Buys het weer om die pos van studentedekaan aansoek gedoen nadat dit vakant geraak het, maar later besluit om dit terug te trek &#8211; klaarblyklik nadat Jansen se verengelsingsplanne deur sy toedoen uitgelek het.<\/p>\n<p>Die nuwe taalbeleid met Engels as die amptelike onderrigtaal, &#8220;beteken nie die einde van Afrikaans aan die instelling nie&#8221;, het die slymerige rektor di\u00e9 week ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea &#8216;n liter\u00eare fees sal aangebied word met Afrikaanse skrywers en digters om te vergoed vir die verlies.<\/p>\n<p>Vermoedelik gaan dit aangebied word deur die gewone politiek korrekte liter\u00eare verdagtes wat Naspers om laakbare politieke redes\u00a0as &#8220;groot skrywers&#8221; voorhou.<\/p>\n<p>Jansen s\u00ea hy hou van Afrikaans, maar die universiteit moet &#8220;groei en vooruitbeweeg&#8221; en alleen Engels kan dit bewerkstellig.<\/p>\n<p>Die rektor s\u00ea hy sal Afrikaans besig met mense wat in die taal met hom wil kommunikeer. Hy s\u00ea hy skryf ook in Afrikaans, maar &#8220;stadig&#8221; en hy het nie &#8220;issues&#8221; met die taal nie.<\/p>\n<p>Jansen s\u00ea verder \u2018n tweederdemeerderheid van die senaat het hul ondersteuning gegee vir Engels ondanks die feit dat sowat 85% van die senaat wit Afrikaanssprekendes is.<\/p>\n<p>Die taalbeleid sal volgende jaar in Januarie vir alle eerstejaarstudente in werking tree en sal geleidelik by onderskeie fakulteite ingestel word.<\/p>\n<p>Studente wat nou by die universiteit ingeskryf is, sal goedgunstiglik vir die laaste keer die geleentheid gebied word om hul kursus in Afrikaans te voltooi.<\/p>\n<p>Jansen s\u00ea daar sal ook geen tolkdienste beskikbaar wees nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>AfriForum s\u00ea hul plan om die Universiteit van die Vrystaat (UV) se 2017-taalbeleid te laat toets in \u2018n hof is nie \u2018n stap om transformasie te keer nie. Die adjunk-uitvoerende hoof van Afriforum Alana Bailey s\u00ea hulle is bekommerd oor die nasionale demografie wat op alle kampusse afgedruk word, alhoewel sy transformasie voorstaan. Dit is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37260\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;UV, Soliforum grawe Afrikaans se graf dieper&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37261,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[],"class_list":["post-37260","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37260","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37260"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37260\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37261"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37260"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37260"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37260"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}