{"id":3724,"date":"2008-12-17T02:36:04","date_gmt":"2008-12-17T02:36:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3724"},"modified":"2008-12-17T02:36:04","modified_gmt":"2008-12-17T02:36:04","slug":"ontevrede-zimbabwiese-soldate-dreig-met-verdere-onluste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3724","title":{"rendered":"Ontevrede Zimbabwiese soldate dreig met verdere onluste"},"content":{"rendered":"<p>In tonele wat die regering van president Robert Mugabe geskok het, en spekulasie aangeblaas het dat di&eacute; regering se dae getel is, het dosyne soldate op 1 Desember amok gemaak in Harare, uit protes teen die ekonomiese verval in die land. <\/p>\n<p>Sommige bystanders het toegekyk, terwyl ander meegedoen het toe junior soldate, wat gefrustreerd was omdat hulle vanwe&euml; &#39;n kontanttekort nie&nbsp;hul skamele salarisse kon trek nie, deur die strate gehardloop het en winkels geplunder het. Hulle het ook&nbsp;swartmarkgeldhandelaars aangeval. <\/p>\n<p>Alhoewel die staat vinnig inbeweeg het om die toestand onder beheer te kry, en 16 soldate gearresteer&nbsp;is wat nou milit&ecirc;re vervolging in die gesig staar,&nbsp;waarsku die voetsoldate van Mugabe se regering dat hulle dalk weer kort voor lank die strate kan&nbsp;binnevaar. <\/p>\n<p>&quot;Net soos enigiemand anders het ons ook gesinne om kos te gee. Ons kry ook swaar, net soos ander burgers in die land,&quot; het een junior offisier, Ola, (skuilnaam) aan Deutsche Presse-Agentur vertel. <\/p>\n<p>In &#39;n huis in die Mbare-woongebied suidwes van Harare, geklee in gehawende stewels en &#39;n gebleikte gevegsbroek, vertel Ola, &#39;n vader van twee, en Duke, (nie sy regte naam nie),&nbsp;van die frustrasie wat tot hulle uitbarsting aanleiding gegee het.<\/p>\n<p>&quot;Daar is geen junior offisiere meer in die weermag wat Mugabe ondersteun nie. Ons is moeg en ons kry swaar,&quot;&nbsp;beweer Duke. &quot;Indien &#39;n buitelandse weermag ons kom aanval, sal ons met hulle saamwerk of na &#39;n buurland vlug.&quot;Die oproer het begin toe soldate geforseer is om in lang toue te staan saam met gewone Zimbabwi&euml;rs om hulle salaris by &#39;n kitsbank&nbsp;te kry en nie soos gewoonlik by die barakke betaal is nie.&quot;Geld het opgeraak by die barakke omdat die top offisiere al die geld geneem het. Toe het ons maar dorp toe geloop om in&nbsp;die tou te gaan staan vir kontant,&quot; het Ola ges&ecirc;.&quot;Ons het kwaad geword toe ons nie geld kon kry nie. Die bank se kontant het opgeraak. Dit is toe die chaos begin het.&quot; <\/p>\n<p>Die oproer was die eerste uitdaging aan Mugabe&nbsp;wat van&nbsp;binne die normaalweg lojale weermag afkomstig is.&nbsp;Lojaliteit staan egter steeds sterk in die boonste offisiers kringe, wat deur Mugabe met geskenke oorval word. Di&eacute; geskenke sluit luukse voertuie&nbsp;en gekonfiskeerde plase in. Junior offisiere wat ook die byt van die ekonomie voel, begin tekens van moegheid toon. Die laags besoldigde&nbsp;soldaat in Zimbabwe verdien sowat 10 dollar per maand.&nbsp; <\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-90\/demisezonnaja-odezhda\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0434\u0435\u043c\u0438\u0441\u0435\u0437\u043e\u043d\u043d\u0443\u044e \u043e\u0434\u0435\u0436\u0434\u0443 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438 \u043d\u0435\u0434\u043e\u0440\u043e\u0433\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/podrobnosti.ua\/2017855-prokuror-harkova-uvolilsja-po-sobstvennomu-zhelaniju.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In tonele wat die regering van president Robert Mugabe geskok het, en spekulasie aangeblaas het dat di&eacute; regering se dae getel is, het dosyne soldate op 1 Desember amok gemaak in Harare, uit protes teen die ekonomiese verval in die land. Sommige bystanders het toegekyk, terwyl ander meegedoen het toe junior soldate, wat gefrustreerd was &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=3724\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ontevrede Zimbabwiese soldate dreig met verdere onluste&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[3377,3394,21089,3567,165,21108],"class_list":["post-3724","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-beeld","tag-die-burger","tag-nuus","tag-ontevrede-zimbabwiese-soldate-dreig-met-verdere-onluste","tag-praag","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3724","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3724"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3724\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3724"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3724"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3724"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}