{"id":37182,"date":"2016-03-13T23:37:43","date_gmt":"2016-03-13T21:37:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37182"},"modified":"2016-03-14T06:37:40","modified_gmt":"2016-03-14T04:37:40","slug":"protes-n-monster-met-n-eie-lewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37182","title":{"rendered":"Protes: &#8216;n Monster met &#8216;n eie lewe."},"content":{"rendered":"<p>Terwyl die w\u00eareld in brand staan, Suid-Afrikaanse universiteite die slagoffer is van voortdurende proteste, en die huidige Amerikaanse leiers doodsbang lyk te wees vir sommige presidentskandidate, kan ons \u2019n duidelike patroon gewaar: Proteste en meer proteste. In die begin lyk hierdie proteste asof hulle realistiese griewe aanspreek, maar soos wat die tyd aangaan verander dinge so effens, veral in die tye waarin ons nou leef. Die eise word minder logies en die woede minder getemper. \u2018n Punt word bereik waarin daar geen duidelike fokus is nie, maar bloot \u2018n blinde gevoel van onreg en \u2018n behoefte aan omverwerping.<\/p>\n<p>Die onnadenkende zombie-kuddediere is egter nie te stuit nie. Sodra aan een eis voldoen word, is daar opeens twee of drie ander eise wat ook aangespreek moet word. Ondertussen staan alles in brand. Waar daar voorheen skoolbanke was, bly net brandhout oor. Smeulende motorbande stink en swart rook verstik almal binne &#8216;n omtrek van tien meter.<\/p>\n<p>\u2018n Goeie vraag in ons tyd sou wees hoekom hierdie proteste so voortgaan. Dit eskaleer, verloor alle objektiwiteit en reduseer mense tot die vlak van kinders, met paniek, woede, hartseer, haat en vreugde, alles in een keer. Dikwels is die oorspronklike grief bloot \u2018n tegniese puntjie wat maklik verhelp kan word, maar die sentimente daaromheen is helaas iets wat mense maklik kan dryf tot grenslose barbarisme.<\/p>\n<p>Ons kan hierdie aksies vergelyk met \u2018n mikrofoon wat teen \u2018n luidspreker gehou word. Sodra dit gebeur ontstaan daar \u2018n opbou van frekwensie, die mikrofoon registreer \u2018n opname en gee dit aan die luidspreker, en die luidspreker gee dit met ho\u00eb volume terug aan die mikrofoon. Binne \u2018n fraksie van \u2018n sekonde skree die luidspreker \u2018n oorverdowende toon uit.<\/p>\n<p>Proteste werk op dieselfde manier. Die protesteerders, in hul gevoel van solidariteit met hul mede-protesgangers, amplifieer hul gevoelens. Hulle sien aan mekaar dat hulle kwaad is, en dit verhoog hul persoonlike woede. Hierdie verhoging resoneer weer terug in die groep. Aangesien die groep veroorsaak dat mense hulself minder in bedwang hou is daar niks om hulle te stuit nie. Uiteindelik lei dit tot die kranksinnige situasie dat die proteste heeltemaal hand-uit ruk oor klein geskille.<\/p>\n<p>Dit is egter nie al nie. Mense is nie net klankborde nie, maar het ook \u2018n vrye wil. Daar moet dus iets wees wat hierdie ingesteldheid uitlok. Hoekom gaan sommige mense amok maak terwyl ander onder dieselfde omstandighede dit nooit sou waag nie? Ek dink die antwoord l\u00ea in wat hulle dink hulle kan beheer en waarmee hulle kan wegkom.<\/p>\n<p>Ons neem byvoorbeeld die anti-Afrikaanse proteste op Afrikaanse universiteitskampusse landwyd. Die rol van belangrike (of liewer belaglike) akademici met hul anti-Afrikaanse ingesteldheid moet nie geringskat word nie. Beroepsidiote soos Terblanche Delport, Christi van der Westhuizen en andere kraak voortdurend hul eie volk af en adverteer daarmee dat dit geoorloof is om dit te doen. Oor die laaste paar jaar getuig allerlei sosiale media dat wittes maar louwarm reageer sodra oproepe klink om hulle uit te moor. Wittes gaan eers \u2018n saak aanhangig maak by een of ander menseregtekommissie of persombudsman, waar dit weke of maandelank op die rakke l\u00ea voordat iemand daarna gaan kyk, en as dit eenmaal so ver is en die konklusies getrek word, word daar lakoniek geantwoord met: \u201cdit mag nie meer gebeur nie\u201d.<\/p>\n<p>Ondertussen het die dader hierdie saak al lankal vergeet, en is hy honderde haatgevulde twitterberigte verder. Omdat hulle geen besondere straf hoef te verwag nie, gaan hulle die grense verl\u00ea en kyk wat hulle nog alles kan vermag en soos stout kinders in \u2018n siklus beland van tart en uitlok.<\/p>\n<p>Daar is ongetwyfeld ook \u2018n element van arrogansie teenwoordig, en nie in geringe mate nie. \u2018n Mens is geneig om te dink dat protesteerders \u2018n lae selfbeeld het as gevolg van hul status, of dat hierdie reaksies is as gevolg van verdrukking. Weereens is hierdie aannames nie akkuraat nie.<\/p>\n<p>Navorsing in die Verenigde State het gevind dat swartes, wat die meeste geneig is tot protes, geen lae selfbeeld het nie, maar hulself juis hoog waardeer. Hulle het selfs \u2018n ho\u00ebr selfbeeld as wittes. Dit kan \u2018n mens ook aflei op die manier waarop hulle met mekaar omgaan. Hulle sluit mekaar altyd by hul geledere in en praat mekaar positiewe eienskappe aan.<\/p>\n<p>Die wit Calviniste aan die ander kant het juis \u2018n kultuur van selfontkenning. Hierdie selfontkenning het ten doel om arrogansie te voorkom en mense nederig te hou. Ook vergroot dit ons spirituele bewussyn, wat weer veroorsaak dat ons meer geneig is om die helpende hand na ander uit te reik. \u2018n Nederige ingesteldheid is ook nodig om te kan studeer. Jy moet jou eie mening opsy sit om kennis te verkry, en dit gaan nie gebeur as jy dink dat jy alles weet nie. Die gees waarop Calvinisme berus is juis om deur middel van selfkritiek mense te help hul talente te kultiveer. In \u2018n soortgelyke verband stel die skrywer Albert Camus dat \u2018n intellektueel iemand is wat sy eie gedagtes dophou. As dit nie daarvoor was nie, sou ons heeltemaal verdwaal in \u2018n gedagtew\u00eareld van illusies en versinsels.<\/p>\n<p>Ons kan vanuit hierdie verskille sien dat die protesteerders hulself gladnie \u201cdophou\u201d nie. Alles word deur die groepsgevoel bepaal. Die groot ironie is egter dat die twintigste eeuse intellektuele in akademiese leerstoele self hierdie mentaliteit help kweek het. Van topfigure in die onderwys soos Benjamin Bloom en John Dewey, van JB Cattell tot die behavioris BF Skinner het die doel van onderwys beskou as sosialisering in die groep. Dit staan in groot kontras met Plato wat geglo het dat onderwys ons moet leer om skoonheid te waardeer.<\/p>\n<p>Toe die Berlynse Muur geval het, was die groot geleerdes van mening dat Kommunisme nou dood en begrawe is en Francis Fukuyama het optimisties gestel dat die einde van die geskiedenis nou aangebreek het.<\/p>\n<p>\u201cEinde van die geskiedenis\u201d? Hmmm&#8230;daardie geluid het ons mos vanagter die Berlynse Muur gehoor die eerste keer, nie waar nie?<\/p>\n<p>Wat min mense weet is dat in 1986 het die Amerikaanse en Sowjet onderwysministers heimlik \u2018n kontrak onderteken wat stel dat die Verenigde State kommunisties-gebaseerde onderwys sou gaan invoer, deesdae bekend as Common Core onderwys. Die argument daaragter is dat daar op hierdie stadium hopeloos te veel digters, skrywers en allerlei hoog-opgeleide slimkoppe is en dat die w\u00eareld nie belangstel in \u2018n tweede Shakespeare of Dostojewski nie, vandaar dat hulle hierdie waardelose groepsgebonde opleidings aan leerlinge opdis. Dit sluit ook aan by John D Rockefeller se wens om \u2018n w\u00eareld van werkers te h\u00ea en geen denkers nie.<\/p>\n<p>Een van die Weste se hoogste deugde, naamlik indiwidualisme, is besig om te beswyk onder die druk van massaproteste.<\/p>\n<p>Aangesien Suid-Afrika se spesiale demografie \u2018n voorbeeld vir die res van die w\u00eareld is, loop ons eerste deur onder hierdie proteste. Waar die EFF hul onmoontlike eise met mag en geweld op almal probeer afdwing, weet ons dat daar miljard\u00ears agter die skerms is wat hul proteste aanwakker. Dink maar aan name soos Nathan Kirsch, Oprah Winfrey en blykbaar ons eie Charlize ook. Die naam George Soros het ek al behoorlik holrug gery, so ek slaan hom maar oor, maar hy sal ongetwyfeld ook \u2018n aandeel hierin h\u00ea.<\/p>\n<p>So stilletjies het hierdie skelms \u2018n w\u00eareld om ons heen gebou waarin gevoelens en sentimente belangriker geword het as feite. Ons sien dit duidelik hoe <a href=\"http:\/\/www.breitbart.com\/big-government\/2015\/11\/15\/black-activist-double-white-hate-fparis-hashtag\/\">verontwaardig<\/a> die Black Lives Matter beweging in die Verenigde State was toe die slagting in Parys van afgelope November hul eie sotlike proteste oorskadu het. Hulle het selfs venynig \u2018n twitterhekkie genaamd \u201c#FuckParis\u201d geloods.<\/p>\n<p>Gevul met ego\u00efsme, opgeblase ego\u2019s en kortsigtigheid, wil hulle nou die leiers van more word, en sal die Weste verval in \u2018n staat van eindelose konflik en stamverwantskap. Waar die mens se spiritualiteit as skokbreker dien teen uitbuiting, bly daar nou net ekstreme sedeloosheid oor en \u2018n w\u00eareld gevul met \u2018n wil tot mag en oorlewing van die sterkste.<\/p>\n<p>Ek wag vir die dag waar hierdie linkse oproerkraaiers gaan besef dat hulle lawaai, vernielsug en barbarisme bloot \u2018n ongefundeerde seepbel was. Hopelik is daar nog genoeg lede met integriteit onder hulle wat meen dat dinge beter was in die verlede.<\/p>\n<p>As selfs \u2018n misbaksel soos Caitlyn Jenner hom\/haarself deesdae as \u201ckonserwatief\u201d beskou &#8211; met \u2018n groot verlies aan aanhangers as gevolg daarvan &#8211; lyk dit of daar tog \u2018n bietjie hoop vir die mensdom op die horison loer.<\/p>\n<p>Dan kan ons ook in solidariteit saamstaan met 2015 se \u201cVrou van die jaar\u201d.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die w\u00eareld in brand staan, Suid-Afrikaanse universiteite die slagoffer is van voortdurende proteste, en die huidige Amerikaanse leiers doodsbang lyk te wees vir sommige presidentskandidate, kan ons \u2019n duidelike patroon gewaar: Proteste en meer proteste. In die begin lyk hierdie proteste asof hulle realistiese griewe aanspreek, maar soos wat die tyd aangaan verander dinge [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":37183,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[11648,22286,22200,5650,22287,22285],"class_list":["post-37182","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-albert-camus","tag-benjamin-bloom","tag-black-lives-matter","tag-christi-van-der-westhuizen","tag-john-dewey","tag-terblanche-delport"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37182"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37182\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37183"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}