{"id":37104,"date":"2016-03-09T12:31:45","date_gmt":"2016-03-09T10:31:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37104"},"modified":"2016-03-09T12:31:45","modified_gmt":"2016-03-09T10:31:45","slug":"suide-stem-nuwe-sanksies-teen-noord-korea","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37104","title":{"rendered":"Suide stem nuwe sanksies teen Noord-Korea"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Korea het die week \u2019n reeks nuwe, eensydige sanksies teen Noord-Korea aangekondig. Dit sluit onder meer \u2019n beroep op burgers in om Noord-Koreaanse restaurante in die buiteland te boikot.<\/p>\n<p>Die nuwe maatre\u00ebls volg nadat die Noorde onlangs \u2019n kerntoets uitgevoer en \u2019n langafstand-vuurpyl getoets het, het AFP berig. <\/p>\n<p>\u2019n Lang lys name van Noord-\u00adKoreaanse individue en entiteite is ook op \u2019n swartlys geplaas en \u2019n verbod is geplaas op enige skepe wat voorheen in Noord-Koreaanse hawens anker gegooi het, om in Suid-Koreaanse gebiedswaters te vaar.<\/p>\n<p>Dit volg op streng sanksies wat verlede week deur die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad teen Noord-Korea ingestel is.<\/p>\n<p>Seoel het verlede maand die buitengewone stap gedoen en die operasies van die gesamentlik beheerde Kaesong-nywerheidskompleks opgeskort.<\/p>\n<p>Die sanksies en die sluiting van die kompleks is daarop gemik om die krane toe te draai van enige buitelandse valuta wat na die bewind in Pjongjang vloei.<\/p>\n<p>\u201cAangesien Noord-Koreaanse instansies, soos buitelandse restaurante, een van die maniere is waarop Noord-Korea buitelandse valuta verdien, vra ons die publiek om nie van hierdie instansies gebruik te maak nie,\u201d het Lee Suk-Joon, hoof van die kantoor belas met regeringsbeleid-ko\u00f6rdinering ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die Suid-Koreaanse regering beraam dat Pjongjang nagenoeg US$10 miljoen jaarliks uit 130 restaurante in 12 lande verdien.<\/p>\n<p>&#8220;Verminderde benutting van Noord-Koreaanse restaurante sal bydra om die kontantvloei tot \u2019n groot mate te laat opdroog,\u201d het die regering in \u2019n afsonderlike verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Lee s\u00ea die regering vermoed dat die meeste buitelandse valuta, deur verskillende kanale, uiteindelik vir wapens van massavernietiging gebruik word.<\/p>\n<p>Seoel het ook 40 indivue en 30 groepe wat betrokke is by Noord-Korea se kern- en missielprogramme, insluitende twee individue en ses groepe van \u2019n derde land, op die swartlys geplaas en hulle enige saketran\u00adsaksies met Suid-Koreaanse ondernemings belet.<\/p>\n<p>Die skuif om buitelandse vaartuie wat in die Noorde anker gegooi het, te verbied om Suid-Koreaanse gebiedswaters binne te kom, maak klaarblyklik ook \u2019n einde aan \u2019n ambisieuse trilaterale infrastruktuurprojek wat ten doel gehad het om Russiese steenkool, deur die Russiese grensdorp, Khasan en die Noorde se hawestad, Rajin na Suid-Korea uit te voer.<\/p>\n<p>Die sogenaamde Rajin-Khasan-projek was \u2019n integrale deel van die Suid-Koreaanse president, Park Geun-Hye, se visie om die spoornetwerke van die Noorde en Suide te integreer om dit uiteindelik met Europa te verbind.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Korea het die week \u2019n reeks nuwe, eensydige sanksies teen Noord-Korea aangekondig. Dit sluit onder meer \u2019n beroep op burgers in om Noord-Koreaanse restaurante in die buiteland te boikot. Die nuwe maatre\u00ebls volg nadat die Noorde onlangs \u2019n kerntoets uitgevoer en \u2019n langafstand-vuurpyl getoets het, het AFP berig. \u2019n Lang lys name van Noord-\u00adKoreaanse individue &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37104\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Suide stem nuwe sanksies teen Noord-Korea&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37105,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[22257,22258,8690,22259,9592,9021,6038],"class_list":["post-37104","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-kerntoets","tag-missielprogram","tag-noord-korea","tag-restaurante","tag-sanksies","tag-suid-korea","tag-valuta"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37104","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37104"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37104\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37105"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37104"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37104"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37104"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}