{"id":37066,"date":"2016-03-08T08:34:54","date_gmt":"2016-03-08T06:34:54","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37066"},"modified":"2016-03-08T08:50:23","modified_gmt":"2016-03-08T06:50:23","slug":"tut-kampus-sluit-weens-voortslepende-oproer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37066","title":{"rendered":"TUT-kampus sluit weens voortslepende oproer"},"content":{"rendered":"<p>Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguve-kampus moet vandag uit die koshuise weens voortgesette onrus en oproer.<\/p>\n<p>Dit volg nadat die universiteitsbestuur aangekondig het dat die kampus buite Pretoria tot 5 April sal sluit. <\/p>\n<p>Hulle het tot vanmiddag twee-uur tyd om hul koshuise te verlaat. <\/p>\n<p>`n Woordvoerder van die universiteit, Willa de Ruyter, s\u00ea die besluit is geneem weens die voortgesette geweld, intimidasie en aanvalle op die Soshanguve-kampus. <\/p>\n<p>De Ruyter s\u00ea die studente is gevra om teen twee-uur uit die koshuise te wees. <\/p>\n<p>Sy s\u00ea die universiteit sal nie die studente fisies uitgooi nie, maar dit is nie duidelik hoe hulle gedwing sal word om te gaan nie.<\/p>\n<p>Die visepresident van die TUT se studenteraad, Sthembiso Shandu het intussen &#8216;n beroep op studente gedoen om nie hulle koshuise te verlaat nie.<\/p>\n<p>Intussen sal &#8216;n spesiale debat vandag in die Nasionale Vergadering oor rassisme gehou word. <\/p>\n<p>Rassistiese aanmerkings op sosiale media en rasse-spanning by universiteite sal bespreek word. Die parlement\u00eare debat sal fokus op sporadiese rassevoorvalle by verskeie universiteite.<\/p>\n<p>Dit volg nadat President Jacob Zuma in sy staatsrede ges\u00ea het mense in die land moet saamwerk om rassisme uit te roei. <\/p>\n<p>Die ANC, DA en EFF beskuldig mekaar aanhoudend oor en weer van rassisme wat gelei het tot die oordrewe kollig op die verskynsel. <\/p>\n<p>Zuma het ook aangekondig dat vanjaar se Menseregtedag op 21 Maart opgedra sal word aan die stryd teen rassisme.<\/p>\n<p>In nog &#8216;n verwikkeling wat volg op studentegeweld het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het die VN se menseregtekomitee versoek om menseregteskendings in Suid-Afrika te ondersoek.<\/p>\n<p>Hulle s\u00ea hulle is bekommerd oor die gebruik van geweld t\u00e9\u00e9n oproeriges. <\/p>\n<p>Die MRK s\u00ea `n verslag wat die regering aan die VN verskaf het, is onvoldoende en verouderd. <\/p>\n<p>Die kommissie beveel aan dat die VN-komitee die regering vra vir nuwe inligting oor stappe wat gedoen word om die kwessies in die verslag aan te spreek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguve-kampus moet vandag uit die koshuise weens voortgesette onrus en oproer. Dit volg nadat die universiteitsbestuur aangekondig het dat die kampus buite Pretoria tot 5 April sal sluit. Hulle het tot vanmiddag twee-uur tyd om hul koshuise te verlaat. `n Woordvoerder van die universiteit, Willa de Ruyter, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37066\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;TUT-kampus sluit weens voortslepende oproer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37067,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10876,1665,22250,7896,5488,266,8584],"class_list":["post-37066","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-eff","tag-geweld","tag-koshuise","tag-mrk","tag-oproer","tag-rassisme","tag-tut"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37066","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37066"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37066\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37067"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37066"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37066"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37066"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}