{"id":37055,"date":"2016-03-08T07:41:42","date_gmt":"2016-03-08T05:41:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=37055"},"modified":"2016-03-08T08:46:55","modified_gmt":"2016-03-08T06:46:55","slug":"sa-se-spesmagte-wil-isis-en-boko-haram-aanvat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37055","title":{"rendered":"SA se spesmagte wil ISIS en Boko Haram aanvat"},"content":{"rendered":"<p>Boko Haram se verklaarde samewerking met die Islamitiese Staat (ISIS) in Irak en Siri\u00eb, het vrese aangewakker dat die dodelike insurgensie in die noordooste van Nigeri\u00eb \u2019n internasionale dimensie sou aanneem.<\/p>\n<p>Dit was boonop &#8216;n amptelike verklaring deur die w\u00eareld se dodelikste terroriste-organisasies, berug vir hul blindelinge slagting van tienduisende mense.<\/p>\n<p>Kommer het voorheen geheers oor die potensi\u00eble invloei van buitelanders wat gewerf word na lande rondom die Tsjadmeer wat die plaaslike konflik kan laat toeneem, het AFP berig.<\/p>\n<p>Die SANW het nietemin verklaar dat hulle spesiale magte na die streek sal stuur teen Boko Haram.<\/p>\n<p>Boko Haram is egter o\u00ebnskynlik na &#8216;n jaar se samewerking aansienlik swakker en in wanorde gedompel n\u00e1 die milit\u00eare teenoffensief.<\/p>\n<p>Hul se leier, Abubakar Shekau, het voorts slegs twee oudio-boodskappe opgeneem sedert hy op 7 Maart trou gesweer het aan ISIS.<\/p>\n<p>Nigeri\u00eb se weermag het sedertdien sy aanslag teen Boko Haram versterk en duisende mense onder Boko Haram se beheer, bevry. Verlede week het dosyne rebelle glo vanwe\u00eb honger\u00adsnood in die militante se geledere oorgegee.<\/p>\n<p>Ontleders beskou die sogenaamde alliansie eerder as &#8216;n propaganda-skuif. Boko Haram het ten tyde van die aankondiging gesukkel teen hul streekmagte en ISIS moes territoriale terugslae trotseer.<\/p>\n<p>\u201cNiks het in die Boko Haram-kamp verander sedert die aankondiging nie,\u201d het \u2019n Nigeriese veiligheidsontleder, Abdullahi Bawa Wase, ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cGeen ISIS-vegters het opgedaag nie en die organisasie kon ook nie daarin slaag om ISIS-wapens en kontant te bekom nie, iets wat baie mense gevrees het die geval sou wees.<\/p>\n<p>\u201cIn teendeel, Boko Haram is swakker as voor die aankondiging. Dit blyk uit die drastiese afname in dodelike aanvalle. Selfs die vlaag selfmoordbomaanvalle het afgeneem,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die aankondiging en die daaropvolgende nuwe handelsmerk van Boko Haram as die Islamitiese Staat se Wes-Afrika-provinsie, (ISWAP) het glo verdeeldheid in die Boko Haram-hi\u00ebrargie veroorsaak. <\/p>\n<p>Sommige veiligheidsraadgewers voorspel dat Boko Haram vanjaar eerder as \u2019n kriminele streekbedreiging, soortgelyk aan die Lord\u2019s Resistance Army in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, sal word. <\/p>\n<p>Die Minister van Verdediging, Mansur Dan Ali, het verklaar dat Suid-Afrika sy spesiale magte sal stuur om die land te help in die stryd teen Boko Haram.<\/p>\n<p>Dan-Ali het het tydens &#8216;n vergadering met sy Suid-Afrikaanse eweknie, Nobise Mapisa-Nqakula, in Abuja op Maandag, ges\u00ea besprekings oor die ontplooiing van die spesmagte het reeds &#8216;n gevorderde stadium bereik.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea die re\u00ebling sal binnekort afgehandel word.<\/p>\n<p>Die minister het ges\u00ea die ontwikkeling is &#8216;n opvolgstap na &#8216;n Memorandum van Verstandhouding in 2013 tussen die twee lande onderteken is.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is &#8216;n baie goeie ding dat Suid-Afrika wat ons noue bondgenoot is, kom help in die ontwikkeling van ons industri\u00eble kompleks, wat die verdedigingsindustrie van Nigeri\u00eb is.<\/p>\n<p>Mapisa-Nqakula het ges\u00ea die samewerking tussen die twee lande sal lei tot sterker bande.<\/p>\n<p>Intussen het die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, genl Zakaria Shoke, ges\u00ea dat hulle bereid is om saam te werk met die Nigeriese weermag.<\/p>\n<p>In Januarie vandeesjaar het Britse soldate in Nigeri\u00eb aangekom om die Nigeriese weermag teen die Moslem-insurgente op te lei.<\/p>\n<p>President Jacob Zuma sal vandag en m\u00f4re in Nigeri\u00eb wees vir &#8216;n staatsbesoek.<\/p>\n<p>Zuma en die Nigeriese president, Muhammadu Buhari sal poog om politieke en ekonomiese betrekkinge tussen die lande te verbeter.<\/p>\n<p>Hy sal na verwagting Nigeri\u00eb se Nasionale Vergadering, sowel as die Suid-Afrika-Nigeri\u00eb sakeforum toespreek.<\/p>\n<p>Zuma en sy Nigeriese ampsgenoot, Muhamadu Buhari, sal onder meer die Nigeriese boete van bykans R61 miljard aan MTN bespreek. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Boko Haram se verklaarde samewerking met die Islamitiese Staat (ISIS) in Irak en Siri\u00eb, het vrese aangewakker dat die dodelike insurgensie in die noordooste van Nigeri\u00eb \u2019n internasionale dimensie sou aanneem. Dit was boonop &#8216;n amptelike verklaring deur die w\u00eareld se dodelikste terroriste-organisasies, berug vir hul blindelinge slagting van tienduisende mense. Kommer het voorheen geheers &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=37055\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SA se spesmagte wil ISIS en Boko Haram aanvat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":37056,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[16712,17039,11048,9397,7829],"class_list":["post-37055","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-boko-haram","tag-isis","tag-kriminele","tag-nigerie","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37055","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37055"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37055\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37056"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37055"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37055"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37055"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}