{"id":37,"date":"2007-01-17T00:00:00","date_gmt":"2007-01-17T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=37"},"modified":"2020-11-11T10:19:21","modified_gmt":"2020-11-11T08:19:21","slug":"is-ons-n-intellektuele-volk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=37","title":{"rendered":"Dan Roodt: Is ons &#8216;n intellektuele volk?"},"content":{"rendered":"<p>Dan Roodt antwoord &#8216;n ope brief van Zandes Burger vanuit Londen.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">My gewaardeerde jong vriend Zandes,<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Dankie vir u ope brief aan my wat hom inderdaad tot breedvoerige repliek mag leen. Ook Van Wyk Louw het in sy essay &#8220;Is ons &#8216;n intellektuele volk?&#8221; uit die bundel <em>Maskers van die erns<\/em> (1955) &#8216;n sekere twyfel hieroor uitgespreek. Trouens, sy vraag het hy met &#8220;&#8216;n bietjie vrees of droefheid&#8221; gestel.<\/p>\n<p align=\"justify\">In die huidige tydsgewrig waar ons byna daagliks aan oorheersing, asook toenemende diaspora en staatloosheid blootgestel is, is dit seker maklik om aan die intellektuele vermo\u00ebns van jou eie mense te begin twyfel. En gedoriewaar, die kombuisstyl van radio-TV-Huisgenoot, om van die geradbraakte slonstaal van sangers, akteurs en popskrywers nie te vergeet nie, laat ons soms dink dat die Afrikaner reeds geregresseer het tot die gemiddelde IK van ons vasteland wat blykbaar 70 is en in sommige lande \u2018n nasionale gemiddeld van benede 60 bereik.<\/p>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<p>Nietemin het die Afrikaner \u2018n aantal intellektuele prestasies behaal wat in Afrika en selfs in die suidelike halfrond onge\u00ebwenaard is. Om maar enkeles te noem:<\/p>\n<ul>\n<li>Die Afrikaanse letterkunde wat die enigste in Afrika is wat maar hoegenaamd met die groter Europese letterkundes kan vergelyk<\/li>\n<li>ons uraanverrykingsproses wat onder dr. Wally Grant se span by Pelindaba ontwikkel is en wat deur \u2018n bekende Amerikaanse kernwetenskaplike as \u201c\u2019n bydrae tot die mensdom\u201d bestempel is;<\/li>\n<li>die Afrikaanse skole wat tot onlangs waarskynlik die hoogste matriekslaagsyfer ter w\u00eareld gehad het en wat nieteenstaande \u2018n gebrek aan die kweek van \u2018n kritiese ingesteldheid \u2018n ho\u00eb standaard gehandhaaf het;<\/li>\n<li>ons dokters en mediese professie wat op \u2018n stadium van die beste ter w\u00eareld was en waarvan prof. Chris Barnard se eerste hartoorplanting \u2018n aanduiding was;ons Gereformeerde teologie met sy Noord-Europese filosofiese onderbou wat van die deursnee-predikant \u2018n gekultiveerde geestelike leier gemaak het;<\/li>\n<li>die klassieke-musiektradisie wat in Suid-Afrika hoofsaaklik deur Afrikaners beoefen word en wat ho\u00eb eise stel sover dit die intellek en deursettingsvermo\u00eb betref.<\/li>\n<\/ul>\n<p align=\"justify\">Ek staan maar skepties teenoor \u2018n w\u00eareldranglys van universiteite wat noodwendig meer aandag aan die Angel-Saksiese universiteite gaan gee. Ek weet nie watter ranglys u gebruik nie, maar <a href=\"http:\/\/ed.sjtu.edu.cn\/rank\/2006\/ranking2006.htm\">een<\/a> wat ek gesien het beskou Harvard as die beste universiteit ter w\u00eareld en Cambridge as die beste in Europa. Gaan vertel dit in Duitsland of Frankryk en daar sal waarskynlik \u2018n gelag opklink. Op die betrokke ranglys word die Universiteit van Parys VI as die beste in Frankryk aangedui, terwyl die Napoleontiese kolleges waar Frankryk se intellektuele elite opgelei word soos die Ecole Normale Sup\u00e9rieur of Polytechnique met hul moordende toelatingseksamens nie eens figureer nie.<\/p>\n<p align=\"justify\">Dus sou ek sulke lyste met \u2018n knippie sout neem. Om bepaalde redes en ook omdat ek avontuurlustig was, het ek destyds aan Wits en nie aan die RAU of Tukkies nie gaan studeer. Eintlik was dit nie \u2018n goeie keuse nie, want ek het so te s\u00ea niks van die Europese filosofie kon leer nie, behalwe in die staatsleerdepartement met \u2018n bepaalde (oud-modiese) Marxistiese of links-Hegeliaanse sous daaroor. Ons moet ook nie vergeet watter kolossale bydrae Afrikaner-intellektuele en \u2013wetenskaplikes tot Engelstalige universiteite hier te lande gemaak het nie. In my dae was die hoof van die destyds hoog aangeskrewe mediese skool by Wits \u2018n Afrikaner, D.J. du Plessis, wat ook later rektor geword het. In die chemiedepartement was daar die indrukwekkende prof. Jan Booyens wat hom met moeite in Engelse uitgedruk het, maar wat al sy kollegas met sy intellek verblind het. In die dertiger- en veertigerjare het T.J. Haarhoff die Klassieke departement aan Wits gevestig, maar self verkies om sy vertalings uit Latyn en Grieks in Afrikaans te publiseer.<\/p>\n<p align=\"justify\">Dit is wel waar dat Joodse akademici en wetenskaplikes ver bokant hul eweknie\u00eb in die Westerse w\u00eareld presteer het, ook wat die toekenning van Nobelpryse vir wetenskap betref. Maar ook dit is geneties bepaal, aangesien Asjkenazi-Jode oor \u2018n gemiddelde IK van 115 beskik.<\/p>\n<p align=\"justify\">Trouens &#8211; en is dit nie \u2018n interessante punt nie? \u2013 die eerste vorm van regstellende aksie wat in die VSA toegepas is, was juis om Jode in die eerste helfte van die twintigste eeu uit elite-ho\u00ebrskole en uit die Ivy League-universiteite te probeer hou waar hulle gemiddeld veel beter as die WASPs presteer het. Daaruit het die gedagte ontstaan dat nie soseer WASPs nie, maar swartes teen akademiese mededinging beskerm moes word. As u meer in di\u00e9 onderwerp belangstel, het een van my oud-dosente in Klassieke Tale aan Wits, \u2018n Amerikaner van geboorte genaamd Steven Farron, onlangs \u2018n uitstekend nagevorste boek daaroor gepubliseer, <em>The Affirmative Action Hoax<\/em>.<\/p>\n<p align=\"justify\">Hoewel ons nie gemiddeld so intelligent soos Asjkenazi-Jode is nie, is ek oortuig dat Afrikaners ten minste by die Noord-Europe\u00ebrs kan kers vashou, \u2018n groep waaruit 95% van die w\u00eareld se wetenskaplike ontdekkings, musiek, letterkunde en filosofie afkomstig is. Volgens IK-deskundiges is ons voorouers, die Hollanders, die intelligentste blankes ter w\u00eareld, amper so slim soos die Chinese van Hong Kong. Al wat ons benodig, is \u2018n eie staat Dan Roodt antwoord &#8216;n ope brief van Zandes Burger vanuit Londen.sonder regstellende aksie en barbaarse misdaad waarin Afrikaner-genie\u00eb weer sou kon blom.<\/p>\n<p align=\"justify\">Aan die ander kant: die meeste Afrikaanse akademici, veral in die geesteswetenskappe, behoort teen &#8216;n muur gesit en doodgeskiet te word. Nie net is hulle uiters middelmatig nie, maar die meeste is intellektueel bankrot en moreel verrot. Waarskynlik is dit deesdae belangriker dat ons taal op die internet sal leef as onder hulle wat dit reeds versaak het in \u2018n dubbele kulturele en politieke verraad.<\/p>\n<p class=\"MsoBodyText\" align=\"justify\">Kyk maar net na die RAU wat sonder slag of stoot verengels het en alles aanvaar het wat die kwasi-Britse Asmal op hom afgedwing het.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display: none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">pool online<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display: none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dan Roodt antwoord &#8216;n ope brief van Zandes Burger vanuit Londen. My gewaardeerde jong vriend Zandes, Dankie vir u ope brief aan my wat hom inderdaad tot breedvoerige repliek mag leen. Ook Van Wyk Louw het in sy essay &#8220;Is ons &#8216;n intellektuele volk?&#8221; uit die bundel Maskers van die erns (1955) &#8216;n sekere twyfel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[],"class_list":["post-37","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47698,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37\/revisions\/47698"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}