{"id":36993,"date":"2016-03-03T21:57:45","date_gmt":"2016-03-03T19:57:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36993"},"modified":"2016-03-03T21:57:57","modified_gmt":"2016-03-03T19:57:57","slug":"jaap-steyn-anc-benadeel-afrikaans-dog-np-bewind-het-wel-afrikatale-bevorder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36993","title":{"rendered":"Jaap Steyn: ANC benadeel Afrikaans, dog NP-bewind het wel Afrikatale bevorder"},"content":{"rendered":"<p>Verskeie kommentators meen dat die veldtog teen Afrikaans eintlik oor politiek gaan. Dit aanvaar ek. Daarby dink ek egter dat die politiek van vergelding ook \u2019n rol speel.<\/p>\n<p>Maar dis die moeite werd om te kyk na ander gewilde argumente. Klasse moet toeganklik wees vir alle studente \u2013 en nie-Afrikaanse studente kan nie Afrikaanse lesings volg nie. Dit was tot onlangs die vernaamste argument wat anti-Afrikaanse aktiviste teen Afrikaans as voertaal aanvoer.<\/p>\n<p>In die geval van die meeste histories Afrikaanse universiteite het hierdie argument sy geldigheid verloor, want hulle bied alle klasse ook in Engels aan.<\/p>\n<p>Daar moes dus nuwe argumente teen Afrikaans bedink word, wat aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gebeur het.<\/p>\n<p>Die UV het \u2019n parallelmediumbeleid gevolg. Wanneer daar van di\u00e9 beleid afgewyk is, was dit ten gunste van Engels. Minder as \u2019n jaar gelede het die rektor, prof. Jonathan Jansen, die eerste stappe gedoen om Afrikaans af te skaf.<\/p>\n<p>\u2019n Volksblad-berig van 7 Mei 2015 lui dat \u2019n gesprek oor die hersiening van die UV se taalbeleid begin het n\u00e1 voorstelle deur studente dat Afrikaans in die klaskamer moet verdwyn en dat die onderrigtaal voortaan net Engels moet wees.<\/p>\n<p>Jansen noem di\u00e9 studente se argumente vir Engels in \u2019n brief aan studente en dosente:<\/p>\n<ul>\n<li>Die praktyk van afsonderlike klasse in Afrikaans en Engels lei tot skeiding van rasse, aangesien die meeste swart studente die Engelse klasse, en die wit studente hoofsaaklik die Afrikaanse klasse bygewoon. Dit is strydig met die UV se integrasiebeleid.<\/li>\n<li>Die vermoede bestaan dat studente in Afrikaanse klasse bevoordeel word wat betref \u201ceksamineerbare inhoud\u201d, aangesien die opsomming van die hoofsaaklik Engelstalige handboeke net die noodsaaklikste inligting saamvat wat nodig is om te leer en waaraan studente getoets sal word.<\/li>\n<li>Die herhaling van klasse in Afrikaans en Engels plaas \u2019n dubbele werklading op dosente terwyl hulle die tyd vrugbaarder aan navorsing en ander akademiese pligte kan bestee.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Verskeie instansies en akademici het op die berig oor die verengelsingsplanne gereageer. Voorspelbaar het dit geen indruk op die UV-topbestuur gemaak nie.<\/p>\n<p>Prof. Hennie van Coller het in \u2019n lang Volksblad-artikel gewys op hoe prof. Jansen Engels ten koste van Afrikaans bevorder het. Van Coller was vir 26 jaar die hoof van die UV se departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans. Hy is \u2019n voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.<\/p>\n<p>Hy het soos volg op Jansen se argumente geantwoord:<\/p>\n<p>\u201cDie beskuldiging dat Afrikaanse studente bevoordeel sou word deur Afrikaanse dosente berus op persepsies (omdat hulle skynbaar beter presteer?) en nie op feite nie.<\/p>\n<p>\u201cDie UV-bestuur se besluit om so \u2019n onbewese beskuldiging as belangrike argument te opper om \u2019n taalbeleid weer te bekyk, kom neer op die bevraagtekening van Afrikaanse dosente se integriteit.\u201d<\/p>\n<p>Dat hierdie argument onsin was, blyk daaruit dat dit nooit weer geopper is nie.<\/p>\n<p>Van Coller gaan voort:<\/p>\n<p>\u201cDat afsonderlike taalklasse apartheid sou bestendig, is onwaar, omdat die klasse oop is vir almal \u2013 ongeag geslag of kleur \u2013 en talle studente anders as wittes daarin (in Afrikaanse klasse) sit.<\/p>\n<p>\u201cBoonop word integrasie op soveel ander plekke op die kampus nagestreef (van die koshuise, studentepolitiek, sport en die verpligte eentalige Engelse UFS 101) dat dit \u2019n drogredenasie is.<\/p>\n<p>\u201cAl geldige beswaar teen parallelmediumonderrig is die herhaling van lesings, maar indien verskillende dosente dit behartig, is daar geen verdubbeling vir dosente nie. En die verdeling van groot klasse is in baie departemente reeds die gebruik vir dekades.<\/p>\n<p>\u201cMaar ek vrees, beredeneerde en logiese argumente (hoe vriendelik ook gestel) gaan geen effek h\u00ea op \u2019n uitkoms wat vir my vasstaan nie: \u2019n eentalige Engelse universiteit waar Afrikaans selfs nie in enige openbare ruimte geduld sal word nie. En hierdie toekomsvoorspelling berus op wat in die verlede by die UV gebeur het.\u201d<\/p>\n<p>Wat daarna aan die UV gebeur het, toon dat Van Coller dit heeltemal gelyk gehad het. Dit kon die topbestuur ook regkry deur die regte mense aan te stel vir die komitee wat die taalkwessie moes ondersoek. Di\u00e9 komitee het uit elf lede bestaan van wie die meerderheid hul vooraf reeds in die openbaar en boonop herhaaldelik ten gunste van Engels as die enigste (nagraadse) onderrigtaal uitgespreek het en dikwels (soos in die geval van die voorsitter en nog een lid) ook fel anti-Afrikaans was. Slegs twee lede was pro-Afrikaans of pro-meertaligheid.<\/p>\n<p>\u2019n Stemming op die kampus is ge\u00efgnoreer omdat die uitslag glo nie as onweerlegbaar beskou kan word nie: 2 562 het gestem vir \u201cslegs Engels\u201d, 1 107 vir Engels as prim\u00eare onderrigtaal, maar met tutoriale in Afrikaans en Sesotho, en 3 323 vir die huidige beleid van parallelmedium-onderrig. Wat personeel aan die hele UV betref, is daar \u2019n voorkeur vir Afrikaans as voorkeurtaal vir institusionele kommunikasie (55%) teenoor Engels (43%). Op die Bloemfontein- en Suid-kampus is die voorkeur vir Afrikaans onderskeidelik 61% en 59%, terwyl die Qwaqwa-kampus 86% vir Engels gestem het.<\/p>\n<p>Op een van die inligtingsessies oor die taalbeleid het een student beweer Afrikaanse studente word onregverdig bevoordeel omdat hulle in hul moedertaal kan studeer.<\/p>\n<p>Nog \u2019n student het gevra hoe enigiemand bevoordeel word deur iets van die een groep weg te vat sonder om iets tot \u2019n ander groep by te voeg: \u201cDit klink vir my baie soos wanneer sommige mense hul bene verloor het en ons almal nou ons bene moet afsny om gelyk te wees.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Munene Mwaniki, hoof van die departement linguistiek en taalpraktyk aan die UV en ook \u2019n lid van die taalkomitee, het geantwoord: \u201cMiskien moet ons begin vra wie het daardie mense se bene in die eerste plek afgesny.\u201d<\/p>\n<p>Hy laat dit dus lyk asof dit die Afrikaanse studente se skuld is dat swart studente nie deur middel van hul eie tale kan studeer nie. Dit is onwaar.<\/p>\n<p>Nooit in die afgelope 22 jaar het die bewind enige poging aangewend om Afrikatale vir akademiese doeleindes te bevorder nie.<\/p>\n<p>Die vorige bewind het die Afrikatale probeer bevorder deur moedertaalonderrig daarin uit te brei. Dit h\u00e9t ook gebeur ondanks teenkanting van die sprekers van di\u00e9 tale. N\u00e1 die 1976-onluste ten gunste van Engels as enigste voertaal in swart ho\u00ebrskole is Engels ook al hoe meer in laerskole ten koste van moedertaalonderrig ingevoer.<\/p>\n<p>Omdat Afrikaanse studente danksy moedertaalonderrig goed presteer, wil die betogende studente dit van hulle afneem sodat almal ewe swaar moet kry. Di\u00e9 argument het reeds jare lank \u2019n eie benaming: equal misery vir almal. Behalwe natuurlik vir die studente wat Engels as eerste taal het.<\/p>\n<p>\u2019n Mens presteer die beste in jou eie taal of \u2019n taal wat jy so goed as jou moedertaal kan besig. Waarom gun die betogers nie hierdie vryheid aan Afrikaanse studente \u2013 en aan hulself \u2013 nie?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskeie kommentators meen dat die veldtog teen Afrikaans eintlik oor politiek gaan. Dit aanvaar ek. Daarby dink ek egter dat die politiek van vergelding ook \u2019n rol speel. Maar dis die moeite werd om te kyk na ander gewilde argumente. Klasse moet toeganklik wees vir alle studente \u2013 en nie-Afrikaanse studente kan nie Afrikaanse lesings [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":36994,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[118,10],"tags":[167,6016,4750,4893],"class_list":["post-36993","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c109-jaap-steyn","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-engels","tag-universiteit-van-die-vrystaat","tag-verengelsing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36993","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36993"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36993\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36994"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36993"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36993"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36993"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}