{"id":36970,"date":"2016-03-03T08:22:31","date_gmt":"2016-03-03T06:22:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36970"},"modified":"2016-03-03T08:22:31","modified_gmt":"2016-03-03T06:22:31","slug":"gaboen-se-oliedinastie-klou-vir-n-vale","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36970","title":{"rendered":"Gaboen se oliedinastie klou vir &#8216;n vale"},"content":{"rendered":"<p>Pres. Ali Bongo Ondimba van Gaboen het aangekondig dat hy vir \u2018n tweede termyn verkiesbaar is.<\/p>\n<p>Verkiesings vind later vanjaar plaas en Ondimba het beloof om \u201congeregverdigde bevoordeeldes\u201d in die klein Afrikaland te aan te vat.<\/p>\n<p>Indien hy verkies word, sal hy hom glo beywer vir \u2018n beter lewe vir Gaboen se 1,6 miljoen mense, van wie die meeste, ondanks die land se olie-rykdom, in armoede leef.<\/p>\n<p>Hy het onderneem om die ekonomie te diversifiseer, met olie wat vir 60 persent van die staatsinkomste verantwoordelik is, het AFP berig.<\/p>\n<p>Bongo het vir die eerste keer in 2009 aan bewind gekom n\u00e1 die dood van sy pa, Omar Bongo Ondimba. Di\u00e9 was sedert 1967 aan die stuur van sake in die land en was deur kritici as \u2018n \u201ckorrupte despoot\u201d beskryf.<\/p>\n<p>Sy pa het die olieryke Gaboen vir 41 jaar geregeer.<\/p>\n<p>Ondertussen het \u2018n hof in die westelike Franse stad, Nantes, Maandag \u2018n saak deur sy halfsuster, een van 54 erfgename van sy pa se fortuin, van die hand gewys waarin sy beweer hy het sy geboortesertifikaat vervals.<\/p>\n<p>Met die presidentsverkiesings wat nader kom, broei omstredenheid oor Ali Bongo se geboorteplek. Kritici s\u00ea hy het sy geboortesertifikaat vervals om die feit weg te steek dat hy in die buiteland aangeneem is.<\/p>\n<p>Die Gaboense grondwet bepaal dat staatshoofde in Gaboen gebore moet wees. \u2018n Franse ondersoekende joernalis, Pierre Pean, beweer in \u2018n boek die president is inderdaad \u2018n gebore Nigeri\u00ebr wat gedurende die Biafra-oorlog in die laat 1960\u2019s aangeneem is.<\/p>\n<p>Bongo s\u00ea hy is in 1959 in Brazzaville, die voormalige hoofstad van Frans Ekwatoriaal-Afrika, gebore.<\/p>\n<p>Die Nantes burgerlike registrasiesentrum is verantwoordelik vir al die geboortesertifikate van mense wat tot 1960 in die Franse Ekwatoriaal-Afrika gebore is. <\/p>\n<p>Di\u00e9 land het in 1960 onafhanklik geword en het verdeel om Gaboen, Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek te vorm.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pres. Ali Bongo Ondimba van Gaboen het aangekondig dat hy vir \u2018n tweede termyn verkiesbaar is. Verkiesings vind later vanjaar plaas en Ondimba het beloof om \u201congeregverdigde bevoordeeldes\u201d in die klein Afrikaland te aan te vat. Indien hy verkies word, sal hy hom glo beywer vir \u2018n beter lewe vir Gaboen se 1,6 miljoen mense, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36970\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gaboen se oliedinastie klou vir &#8216;n vale&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36971,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4112,1093,17201,5049,22225,22224],"class_list":["post-36970","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afrika","tag-frankryk","tag-gaboen","tag-olie","tag-staashoofde","tag-verkiesingstermyn"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36970","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36970"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36970\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36971"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36970"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36970"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36970"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}