{"id":36877,"date":"2016-02-28T08:16:06","date_gmt":"2016-02-28T06:16:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36877"},"modified":"2016-02-28T08:17:40","modified_gmt":"2016-02-28T06:17:40","slug":"dan-roodt-dis-nou-tyd-om-anc-te-looi-oor-afrikaans-tuks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36877","title":{"rendered":"Dan Roodt: Dis nou tyd om ANC te looi oor Afrikaans"},"content":{"rendered":"<p>Soos ons reeds Vrydag <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=36862\">op hierdie webblad berig het<\/a>, het Solidariteit en provinsiale leiers van die ANC in Gauteng, asook studenteorganisasies van die Universiteit van Pretoria (UP), Woensdag byeengekom om \u2018n kompromie oor die taalkwessie by Tuks te vind. Dit word vandag met groot fanfare in Rapport aangekondig.<\/p>\n<p>Volgens Rapport is:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cEen van die eerste besluite wat gevolg het op Woensdag se ho\u00ebvlak-vergadering by die Pretoriase stadsraadkantore tussen onder meer Solidariteit, AfriForum en AfriForum Jeug aan die een kant, en die ANC, SAKP, Sasco, Cosatu en Nehawu aan die ander kant, was die opskorting gister van Tukkies se plan om op aandrang van die EFF Afrikaans as onderrigtaal te skrap.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Die ANC het reeds beheer oor swart studente op die kampusse verloor, wat deesdae erg antiwit en EFF-gesind is. Selfs die Thuli Madonsela, wat oor die algemeen as DA-gesind gesien word, se <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=36698\">dogter by Tuks is \u2018n EFF-ondersteuner<\/a>.<\/p>\n<p>Ook die jeugleier van die ANC op die kampus, Samkelo Cetyiwe, met wie PRAAG vandeesweek \u2018n video-onderhoud gevoer het, het onomwonde ges\u00ea dat Afrikaans \u201cafgeskaf moet word\u201d.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/lMFwD-BT88M\" width=\"560\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>Kennelik is hy nie geken in die besluit van sy provinsiale partybase nie. Na alle waarskynlikheid gaan radikale groepe op die kampus soos die EFF-jeug en UPrising dit nie aanvaar nie en aanhou moeilikheid maak. Die polisie sal egter in die komende week op die kampus ontplooi word om studente wat wil studeer teen onlusmakers te beskerm. Hopelik werk dit.<\/p>\n<p>Enersyds is mens verheug dat daar moontlik nou vrede na die UP-kampus kan terugkeer, dog andersyds weet \u2018n mens dat die ANC nooit sy beloftes hou nie. Ooreenkomste, veral met Afrikaners, word maklik aangegaan en ewe maklik verbreek. Ek en Steve Hofmeyr het destyds \u2018n stel met Jacob Zuma by die fameuse braaivleis in Houghton afgetrap toe hy ons hart en siel belowe het dat Afrikaners, synde \u2018n \u201cspesiale groep in Suid-Afrika\u201d op \u2018n ewe spesiale bedeling geregtig is, veral wat die behoud van hul kultuur en onderwysinstellings betref. Daarvan het natuurlik dadels gekom.<\/p>\n<h3><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=19181\">Sluit aan by PRAAG<\/a>!<\/h3>\n<p>Vroe\u00ebr of later sou Afrikaners vir hul regte moes begin opstaan. Toe dit rugbaar raak dat Afrikaans summier by Tuks op aandrang van die EFF en die skaduagtige Engelse organisasie \u201cUPrising\u201d afgeskaf sou word, het beide studente en ouers in Pretoria hul stem begin dik maak. Bykans 14 000 mense het PRAAG se petisie vir die behoud van Afrikaans by Tukkies onderteken.<\/p>\n<p>As u nog nie u naam en e-pos hier ingevul het nie, kan u dit steeds doen. Ons gaan m\u00f4re \u2018n memorandum aan prof. Cheryl de la Rey stuur, tesame met die 14 000 name.<\/p>\n<p>[emailpetition id=&#8221;7&#8243;]<\/p>\n<p>Soos in die negentiende en vroe\u00eb twintigste eeue, het Afrikaans weereens die sluitsteen van die Suid-Afrikaanse politiek geword. Afrikaans verteenwoordig \u2018n skans teen amptelike ANC-beleid wat feitlik op alle gebiede diskriminasie teen blankes toepas. Engelse onderrig in Suid-Afrika is derdew\u00eareldonderrig. Aan Engelse universiteite soos Wits of Kaapstad is daar ook so \u2018n substraat van marxisme en radikalisme dat standaarde in alle vakke daaronder ly, selfs waar dosente nog in \u2018n mate op meriete aangestel word. Maar omdat Afrikaanse skole en universiteite steeds \u2018n tradisie van uitnemendheid voortsit, word Afrikanerjongmense toegerus om in die arbeidsmark mee te ding. Hier en daar knyp maatskappye selfs die o\u00eb vir rassewetgewing toe en stel blankes aan, bloot \u201com die werk gedoen te kry\u201d.<\/p>\n<p>Indien Afrikaans dus, soos die EFF en die Engelse groep UPrising dit wil, \u201cafgeskaf\u201d sou word, sou ons Afrikaanse kinders binne enkele jare hul enigste mededingende voordeel in \u2018n antiwit stelsel &#8211; \u2018n goeie opvoeding &#8211; verloor.<\/p>\n<p>Daarom gaan die stryd vir Afrikaans om veel meer as bloot die behoud van ons taal en kultuur, hoe kosbaar albei ook al vir ons is. Wesentlik verteenwoordig Afrikaans \u2018n laaste reddingsboot tussen ons en volslae ondergang en verarming, selfs volkmoord. Want as ons nie meer ekonomies kan oorleef nie, sal ons nie meer enige veiligheid kan bekostig nie en sal ons op n\u00f3g groter skaal as tans uitgemoor word.<\/p>\n<p>Oor die afgelope 20 jaar het ons gesien hoe Afrikaners stap vir stap agteruit geboer het. Een na die ander het die skanse of die domino\u2019s geval, tot hier waar ons feitlik daagliks om oorlewing moet stry. Net Vrydag ontmoet ek \u2018n Afrikanervrou wat in \u2018n woonstelgebou vol swartes en kleurlinge in Linden, Johannesburg woon. Toe sy kla oor die lawaai wat haar bure maak en hulle vriendelik vra om hul kinders in toom te hou dat hulle minder skree en amok maak, is sy onmiddellik as \u201crassis\u201d uitgeskel. Selfs die eienaar van die gebou, \u2018n welaf Duitser, het die kant van sy ander huurders teen haar gekies en wil haar summier uit die gebou smyt, sonder enige hofprosedure. Binnekort sit sy en haar kind op straat, bloot omdat sy wit en Afrikaans is.<\/p>\n<p>Eintlik is ons reeds totaal uitgelewer: aan staatsmag, maar ook die mag van getalle. Die verskillende anti-Afrikaanse organisasies op die UP-kampus voel dat hulle nou demografies sterk genoeg is om Afrikaners toegang tot hul eie universiteit wat hulle en hul voorouers opgebou het, te onts\u00ea. Tuks moet tot \u2018n Afro-marxistiese universiteit met lae standaarde waar min bruikbare kennis gedoseer word, \u201cgetransformeer\u201d word.<\/p>\n<p>Maar die streep is nou getrek. Ons aanvaar nie meer om, soos in die verlede onder NP-leiding, willoos tot oorgawe gedwing te word nie. <em>Afrikaners het ook regte<\/em>, hoe polities onkorrek dit ook al mag klink.<\/p>\n<p>Wat PRAAG betref, gaan ons nou tot die aanval oor. Ons gaan nie betoog of fisiek die EFF te lyf gaan nie. Maar ons gaan alle middele gebruik, soos die howe en ons verhoudinge met simpatiek gesinde groepe oorsee, asook ons toegang tot internasionale organisasies, om taaldiskriminasie en taalvertrapping te stuit. Die ANC verkeer onder die indruk dat hy alles oor die boeg van \u201cras\u201d kan gooi, en geen blanke kan ooit \u2018n rassestryd wen nie, so word daar geredeneer.<\/p>\n<p>Dog benewens ras in hierdie land, is daar ook taal. En Afrikaans sou nie teen die Britse Ryk gese\u00ebvier het as ons nie in die verlede gedugte taalstryders was nie. Op \u2018n stadium in die 1890\u2019s het Olive Schreiner voorspel dat daar oor \u2018n honderd jaar n\u00earens in Suid-Afrika meer Afrikaans of \u201cAfrikander Dutch\u201d gepraat sou word nie, slegs Engels. Wel, die honderd jaar het verbygegaan; en Afrikaans is steeds hier!<\/p>\n<p>Die bres is geslaan. Die swetterjoel anti-Afrikaanse organisasies op die Tukskampus het oor die afgelope weke met geweld en histerie &#8211; waaronder die bekende aanklag van \u201crassisme\u201d &#8211; gepoog om Afrikaans die doodskoot toe te dien. Daarin kon hulle egter nie slaag nie.<\/p>\n<p>Toe PRAAG oorspronklik in 2000 gestig is, was ons versiende genoeg om in te sien dat die Afrikaanse stryd uiteindelik ons voortbestaan in di\u00e9 land gaan bepaal.<\/p>\n<p>Die oomblik van waarheid het nou aangebreek.<\/p>\n<p>Die opstand het begin. Die ANC moet nou gelooi word soos nog nooit vantevore nie. Hulle moet ons naderhand smeek om op te hou baklei vir Afrikaans.<\/p>\n<p>Vir ons gaan dit oor intellek teen blinde, Raka-agtige geweld. Ons moet die stoomroller van getalle met slim strategie beantwoord. Teenoor die kanon, die sluipskutterskoot wat sekuur tref. In die aangesig van die panga wat soos in Rwanda lukraak geswaai word, die rapier.<\/p>\n<p>Die magtige mediagroep Naspers en sy Netwerk24 het reeds teen Afrikaans en vir die EFF gekies, want hy sanik aanmekaar dat ons \u201cter wille van die vrede\u201d ons aansprake op taalregte en \u2018n ordentlike opvoeding vir ons kinders moet laat vaar.<\/p>\n<p>Die slagordes is opgestel: Netwerk24 + ANC + EFF t\u00e9\u00e9n Afrikaans en die Afrikaner. Dis Dawid teen Goliat. Maar n\u00e1 alles het Dawid gewen.<\/p>\n<p>Sluit asseblief by PRAAG aan, want in di\u00e9 stryd wat nou ontketen is, kan ons nie sonder u steun oorleef nie.<\/p>\n<h3><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=19181\">Sluit aan by PRAAG<\/a>!<\/h3>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos ons reeds Vrydag op hierdie webblad berig het, het Solidariteit en provinsiale leiers van die ANC in Gauteng, asook studenteorganisasies van die Universiteit van Pretoria (UP), Woensdag byeengekom om \u2018n kompromie oor die taalkwessie by Tuks te vind. Dit word vandag met groot fanfare in Rapport aangekondig. Volgens Rapport is: \u201cEen van die eerste &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36877\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: Dis nou tyd om ANC te looi oor Afrikaans&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":31745,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[5303,167,227,10876,22207,4659,17503,22196],"class_list":["post-36877","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afriforum","tag-afrikaans","tag-anc","tag-eff","tag-olive-schreiner","tag-solidariteit","tag-tuks","tag-uprising"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36877","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36877"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36877\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/31745"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36877"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36877"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36877"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}