{"id":36838,"date":"2016-02-25T11:36:06","date_gmt":"2016-02-25T09:36:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36838"},"modified":"2016-02-25T11:37:45","modified_gmt":"2016-02-25T09:37:45","slug":"danie-goosen-oor-afrikaans-buig-universiteitsbesture-agteroor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36838","title":{"rendered":"Danie Goosen: Oor Afrikaans buig universiteitsbesture agteroor"},"content":{"rendered":"<p>Die FAK wil hiermee sy diepe afkeur uitspreek oor die valse en diep misleidende standpunte wat<br \/>\ndie afgelope tyd ten opsigte van Afrikaans aan universiteite ingeneem word. Veral die volgende<br \/>\nkwessies is ter sake:<\/p>\n<p>1.\u00a0Tydens die afgelope dekades het die een na die ander universiteitsbestuur plegtig belowe dat<br \/>\nuniversit\u00eare Afrikaans nie in gevaar verkeer nie. Ter ondersteuning is talle mooiklinkende<br \/>\ntaalbeleide in di\u00e9 tyd voor die neuse van die Afrikaanse taalgemeenskap geswaai. Daarin word<br \/>\nplegtig belowe dat Afrikaans se plek aan die universiteite veilig is.<\/p>\n<p>Vandag blyk hierdie beloftes toenemend niks anders te gewees het as \u2019n paaiboelie-strategie en<br \/>\nten diepste \u2019n leuenagtige voorstelling van sake. Universiteitsbesture het oor jare openlik vir die<br \/>\nAfrikaanse taalgemeenskap gelieg.<\/p>\n<p>Universiteitsbesture moet nie verontwaardig reageer as die Afrikaanse w\u00eareld hul voortaan met<br \/>\ndie grootste denkbare minagting hanteer nie. Dit sal enkel en alleen hul eie skuld wees.<\/p>\n<p>2. Daar word tot vervelens toe aangevoer dat die getal Afrikaanssprekende studente afgeneem<br \/>\nhet, en dat Afrikaans daarom afgeskaf moet word.<\/p>\n<p>Die werklike toedrag van sake is dat die absolute getalle van Afrikaanse studente nie dramaties<br \/>\nafgeneem het nie, en dat hulle steeds \u2019n betekenisvolle aanwesigheid op kampusse soos die US,<br \/>\ndie UP en die NWU is.<\/p>\n<p>In hierdie verband mag nie vergeet word nie dat toe Engelssprekende studente slegs 14% van<br \/>\ndie totale bevolking by UP uitgemaak het, was die aanbod van klasse in beide tale klaarblyklik<br \/>\n\u201cekonomies regverdigbaar\u201d. Noudat Afrikaanssprekendes 30% van die totale bevolking van<br \/>\ndieselfde universiteit uitmaak, is dit skielik nie meer haalbaar nie.<\/p>\n<p>Hierdie feit skep by Afrikaanssprekendes onwillekeurig die indruk dat daar met twee maatstawwe<br \/>\ngewerk word. Van \u2019n sin vir regverdigheid is daar, ondanks mooi klinkende beloftes, kennelik<br \/>\ngeen sprake nie.<\/p>\n<p>3. Die afgelope jare het dit ook mode onder universiteitsbesture, hulle akademiese meelopers en<br \/>\nraserige populiste geword om aan te voer dat Afrikaans op ons kampusse uitsluitend werk.<br \/>\nInderwaarheid bestaan daar nie \u2019n enkele bewys daarvoor dat Afrikaanse klasse aan \u201cons\u201d<br \/>\nuniversiteite per definisie teen enige anderstalige student diskrimineer nie. Inteendeel, eertydse<br \/>\nAfrikaanse universiteite het bykans tot die dood toe (blyk dit nou) agteroor gebuig om<br \/>\nanderstaliges (lees: veral Engelssprekendes) ter wille te wees.<\/p>\n<p>Hoe is dit moontlik dat di\u00e9 agteroorbuig ten gunste van anderstaliges nou met diskriminasie t\u00e9\u00e9n<br \/>\nhulle gelyk gestel word? Enigeen wat dit doen, ly aan kwaadwilligheid, misplaaste haat,<br \/>\nkollektiewe selfontkenning, werklikheidsvreemde denkbeelde oor \u2019n w\u00eareld sonder taalgrense of<br \/>\nal hierdie patologie\u00eb tegelyk.<\/p>\n<p>4. Tydens die afgelope dekades het dit mode in veral die geesteswetenskappe geword om aan<br \/>\nte voer dat daar nie iets soos die \u201cwerklikheid\u201d is nie, maar dat alles deur ons \u201cgemaak\u201d of<br \/>\n\u201cgeskep\u201d word.<\/p>\n<p>Ironies hiervan is egter dat verskeie akademici wat so dink, baie gou is om aan te voer dat ons<br \/>\nonsself wat Afrikaans betref by die sogenaamde harde werklikheid van getalle moet neerl\u00ea.<\/p>\n<p>Skielik vergeet hierdie einste akademici dat daar (ingevolge hul eie denke) planne gemaak en<br \/>\nnuwe uitwe\u00eb gesoek kan word om die agteruitgang van Afrikaans te verhoed.<\/p>\n<p>\u2019n Tweede ironie wat hieraan knoop, is dat dit ook hierdie einste akademici is wat so graag na<br \/>\nbuite voorgee om in opstand teen \u201cdie bestaande ordes\u201d te wees, terwyl hulle inderdaad die<br \/>\neerstes is wat hulle by die diktate daarvan neerl\u00ea. Van opstand is daar hoegenaamd geen sprake<br \/>\nnie.<\/p>\n<p>5. Een van die grootste gekhede van vandag is die verwagting by populistiese groepe (nagepraat<br \/>\ndeur leunstoel-akademici) dat die verwydering van Afrikaans uiteindelik daartoe sal bydra om hul<br \/>\nekonomiese en sosiale nood te verlig.<\/p>\n<p>Die tragiese ironie hiervan spreek vanself: die grootse prestasie wat universit\u00eare Afrikaans is, is<br \/>\njuis \u2019n voorbeeld wat deur di\u00e9 groepe nagevolg en nie afgebreek behoort te word nie. Afrikaans<br \/>\nse ontwikkeling tot op die hoogste vlak het daartoe meegewerk dat talle Afrikaners in staat gestel<br \/>\nis om ook ekonomies suksesvol te wees. Indien universit\u00eare Afrikaans afgebreek word, word \u2019n<br \/>\nbelangrike voorbeeld en selfs bondgenoot vernietig.<\/p>\n<p>6. Afrikaanssprekendes word tot vervelens toe daaraan herinner dat Afrikaans nie sal uitsterf<br \/>\nsolank as wat ons dit praat nie. Hieruit word die gevolgtrekking gemaak dat ons moet ophou om<br \/>\noor die stand van Afrikaans aan ons universiteite te kla.<\/p>\n<p>Ook hierdie punt is ongegrond. Afrikaans sal inderdaad, soos beweer word, nog lank sonder<br \/>\nuniversit\u00eare Afrikaans kan oorleef. Maar blote oorlewing is juis nie waaroor dit in die taalgesprek<br \/>\ngaan nie. Die vraag is eerder \u201choe\u201d Afrikaans in die toekoms sal oorleef.<\/p>\n<p>Sonder haar aanwesigheid op universiteit loop Afrikaans die wesenlike risiko om haar status as<br \/>\ntaal van die intellek, die verbeelding en die morele bewussyn prys te gee. En tot \u2019n informele<br \/>\ntaaltjie van die sypaadjie en die kombuis gereduseer te word.<\/p>\n<p>7. Apologete vir Engelse eentaligheid voer dikwels aan dat die beskerming van tale (en kulture)<br \/>\nnie die taak van \u2019n universiteit is nie. Ook hierdie stelling is louter bog. Dit strook eenvoudig nie<br \/>\nmet die werklikheid nie.<\/p>\n<p>By verre die meeste universiteite in die moderne ontwikkelde w\u00eareld is nie net tot stand gebring<br \/>\nom studente vir die beroepslewe voor te berei nie, maar ook om hulle in die bre\u00eb sin van die<br \/>\nwoord op te voed. En \u2019n onlosmaaklike deel daarvan is dat studente eers werklik as opgevoed<br \/>\n(of gekultiveerd) beskou is as hulle hul w\u00eareld met behulp van \u2019n veelheid van tale (ook en veral<br \/>\nhul moedertale) oop kan maak.<\/p>\n<p>Die kultivering van moedertale aan universiteite staan nie in spanning met die akademiese lewe<br \/>\nnie, maar verteenwoordig eerder \u2019n onontbeerlike deel daarvan. Die oppervlakkige Engels wat<br \/>\nvandag as normatief aan ons universiteite beskou word (en op \u2019n ondemokratiese wyse aan almal<br \/>\nopgedwing word), verteenwoordig \u2019n ernstige verskraling van di\u00e9 opvoedingsideaal. Die volle<br \/>\nontwikkeling van ons moedertale op universiteit kan help om di\u00e9 ideaal weer sy regmatige plek<br \/>\naan ons universiteite te gee.<\/p>\n<p>Afrikaanssprekendes het by \u2019n skeidingsoomblik aangekom. Indien daar voortgegaan word om<br \/>\nuniversit\u00eare Afrikaans af te breek, sal groot getalle van ons mense slegs een gevolgtrekking<br \/>\ndaaruit maak: dat ons nie welkom is aan die bestaande universiteite nie, en dat ons voortaan vir<br \/>\nAfrikaans \u2019n eie universit\u00eare toekoms sal skep.<\/p>\n<p>Prof. Danie Goosen<br \/>\nVoorsitter van die FAK-direksie<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die FAK wil hiermee sy diepe afkeur uitspreek oor die valse en diep misleidende standpunte wat die afgelope tyd ten opsigte van Afrikaans aan universiteite ingeneem word. Veral die volgende kwessies is ter sake: 1.\u00a0Tydens die afgelope dekades het die een na die ander universiteitsbestuur plegtig belowe dat universit\u00eare Afrikaans nie in gevaar verkeer nie. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":100041,"featured_media":17140,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[7025,10],"tags":[167,6016,6322,14535,15901,17503,5802,4917,18154],"class_list":["post-36838","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-danie-goosen","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-engels","tag-moedertaal","tag-noordwes-universiteit","tag-nwu","tag-tuks","tag-universiteit-van-pretoria","tag-universiteite","tag-up"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36838","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100041"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36838"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36838\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/17140"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36838"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36838"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36838"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}