{"id":36831,"date":"2016-02-25T08:14:18","date_gmt":"2016-02-25T06:14:18","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36831"},"modified":"2016-02-25T11:21:18","modified_gmt":"2016-02-25T09:21:18","slug":"gotterdammerung-black-lives-matter-in-suid-afrika0","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36831","title":{"rendered":"G\u00f6tterd\u00e4mmerung: &#8216;Black Lives Matter&#8217; in Suid-Afrika?"},"content":{"rendered":"<p>Baie is al ges\u00ea en geskryf oor die voortslepende gewelddadige optrede van verskeie studente- en werknemerorganisasies op die kampusse van tersi\u00eare inrigtings in Suid Afrika. Daadwerklik is daar weinig van hierdie instansies wat dit kon vryspring en word onderrig en aktiwiteite lamgel\u00ea deur ontwrigtende en gewelddadige optrede. Dit blyk ook hoofsaaklik voorheen \u201cwit\u201d inrigtings te wees wat geteiken word, hoewel die Mafikengkampus van die Noordwes-universiteit gisteraand afgebrand is. Dat liberale inrigtings wat voorheen die blanke ondergrawe het dieselfde mate van ontwrigting ervaar, kan dalk leedvermaak tot gevolg h\u00ea.<\/p>\n<p>#RhodesMustFall, #FeesMustFall, #AfrikaansMustFall, #OpenStellenbosch, #ReformPUK \u2013 daar blyk \u2018n nuwe slagspreuk te wees elke liewe dag wat een of ander grief van die studente en werkers uitdruk. Daar is blykbaar net twee konstante aan die hele sage \u2013 die EFF se betrokkenheid (en bereidwilligheid om militante, radikale en gewelddadige taktiek te gebruik om hulle sin te kry) en dat die lys van griewe heel moontlik oneindig is. Daar is \u2018n totale afwesigheid van leierskap \u2013 bestuurslui in die akademie blyk ruggraatloos en ontman te wees. Dit is wat gebeur wanneer mense \u2018n afgesonderde en bysiende lewe handhaaf terwyl hulle agter die mure van akademiese instellings verskans is. Die Minister van Ho\u00ebr Onderwys is blykbaar AWOL en daar blyk &#8216;n goeie rede te wees daarvoor &#8211; maar nie die rede wat \u2018n redelike mens sou verwag nie.<\/p>\n<p>D\u00edt waaroor geween word, blyk op die oog af die kruks uit te maak van die betrokkenes se griewe. Wat mense, met die uitsondering van \u2018n klein groepie, nie kan (of wil) waarneem nie is dat die griewe maar net \u2018n piepklein gedeelte van die totale strategie uitmaak en dat die mikpunt iets heel anders is. Die Amerikaners het \u2018n goeie beskrywing hiervoor: \u201cend game\u201d.<\/p>\n<p>Om \u2018n aanduiding te kry van wat hierdie spesifieke mikpunt is, verwys ek na <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=36793\">Praag se berig aangaande Reform Puk se brief aan rugbyafrigters<\/a> verbonde aan die Noordwes-universiteit. Die volgende woorde is prominent op\u00a0die briefhoof \u201cBlack Lives Matter: No Varsity Cup Rugby on Monday\u201d. Hierin l\u00ea die sleutel. Hoe afgesonder ons ons ook al ag hier aan die suidpunt van Afrika, gebeur dinge nie in \u2018n lugleegte nie. Daar is \u2018n duidelike verbintenis tussen wat aan die gebeur is in Suid-Afrika en gebeure in die VSA met die Black Lives Matter-beweging.<\/p>\n<p>Om die verbintenis te verstaan, moet ons begin by die Black Lives Matter (BLM)-beweging in die VSA. Soos ek reeds <a href=\"http:\/\/praag.org\/?p=21329\" target=\"_blank\">hier<\/a> aangedui het, is alles nie pluis met hierdie beweging nie en word baie verskans agter verskeie skynorganisasies. Die volle ontleding en blootstelling van BLM kan <a href=\"http:\/\/www.wnd.com\/2016\/01\/the-roots-of-black-lives-matter-unveiled\/\" target=\"_blank\">hier<\/a>\u00a0gelees word. Kortom, het James Simpson, Trevor Loudon en Matthew Vadum die netwerk agter Black Lives Matter oopgekrap en \u2018n addernes van kommuniste, linkse radikale en \u201cqueer\u201d aktiviste ontbloot. Deur eenvoudig die geld te volg, is die skakels tussen verskeie organisasies vasgestel.<\/p>\n<p>Kenmerkend speel geld en mag \u2018n prominente rol in alles wat gedoen en ges\u00ea word \u2013 veral waar kommuniste betrokke is.<\/p>\n<p>Die oorsprong van Black Lives Matter (BLM) kan so ver as die hippie-tydvak en radikale aktiviste &#8211; onder andere die Weather Underground en die Black Panthers \u2013 van die 1960\u2019s teruggespoor word. Noel Ignatiev (\u2018n lid van die radikale Provisional Organizing Committee to Reconstitute the Marxist-Leninist Communist Party (POC) binne die Amerikaanse Kommunisteparty (CPUSA)) is die argitek van verskeie van die slagspreuke en ideologiese tameletjies wat vandag gebruik word deur BLM. \u201cWit bevoorregting\u201d (White Privilege) en die standpunt dat swartes nie rassisties kan wees nie is sekerlik van die mees wyd verspreide en irriterendste van almal. (Hierin het Ignatiev en Franz Fanon \u2018n gelyke sienswyse\u00a0gehad). Hierdie stellings het geen grondigheid nie maar word vir soetkoek opgevreet deur die lumpenproletariaat.<\/p>\n<p>Figure agter BLM (sien skakel bo) verteenwoordig verskeie organisasies wat sosialisme en\/of kommunisme bevorder. Die Freedom Road Socialist Organisation (FRSO), Democratic Socialist America (DSA), Committees of Correspondence for Democracy and Socialism (CCDS), ACORN (wat na verkiesingsbedrog vir Obama in 2008 en 2012 herdoop is onder verskeie name), ACLU en Southern Poverty Law Centre (SPLC) en andere is almal organisasies wat deel vorm van \u2018n netwerk wat ten doel het om die Amerikaanse stelsel omver te werp en te vervang met \u2018n marxisties-leninistiese tipe kommunisme. Hierdie organisasies speel beide organiseerder en fasiliteerder vir BLM wat die vloei van geld vanaf donateurs beheer. Hierdie donateurs is \u2018n diverse klomp\u00a0\u2013 vanaf George Soros tot en met Ford en Kellogs. Soos my goeie vriend ToxiNews al verskeie keer uitgewys het, is daar weinig verskil in die doelstellinge van kommuniste en superkapitaliste (<em>crony capitalists<\/em>) . Die sienswyse\u00a0van BLM is om soveel chaos en anargie te bewerkstellig dat \u2018n uiteindelike burgeroorlog onafwendbaar is. Om hierdie doel te bereik, word verskeie gewelddadige organisasies o.a. The New Black Panthers en Nation of Islam ingespan.<\/p>\n<p>Die hele BLM is \u2018n netwerk van frontorganisasies wat direk teruglei na die POC binne die CPUSA.<\/p>\n<p>Die taktiek wat gebruik word deur BLM, veral by Amerikaanse tersi\u00eare inrigtings, is in pas met d\u00edt wat hier by ons aan&#8217;t gebeur is. Dis pynlik om te erken, maar slegs Leopold Scholtz het hierdie ooreenkoms waargeneem terwyl die bestuur van universiteite, joernaliste en die algemene publiek blind is daarvoor. Scholtz het selfs melding gemaak van die belaglike eise wat aan Amerikaanse universiteite gestel word. Hierdie eise het \u2018n vreemde ooreenkoms met die eise wat die verskeie protesgroepe tans in Suid-Afrika aan ons universiteite rig.<\/p>\n<p>Hoe is die twee dan verbind\u00a0siende dat dit op verskillende kontinente plaasvind? Eenvoudig \u2013 volg die geld en vloei van idees rondom eise, griewe en taktiek.<\/p>\n<p>Dit is \u2018n bewese feit dat die leier van The New Black Panthers nie te lank gelede \u2018n draai in Suid-Afrika gemaak het om met die EFF te \u201cvergader\u201d. Geen wonder dat die EFF hulle strukture op militaristiese titels grond\u00a0nie \u2013 net soos die Black Panthers. \u2018n Bietjie krapwerk op die internet het ook verskeie skakels tussen \u201cSwartmag\u201d-webwerwe en die EFF ontbloot. Die EFF se \u201cStudent Command\u201d maak pertinent melding van Assata Shakur (regte naam JoAnna Deborah Byron en voortvlugtige terroris wat \u2018n heenkome in Suid Afrika gevind het \u2013 nogal in Johannesburg se noordelike voorstede) op hulle Bakkiesblad. Dit is nie verregaande om aan te neem dat daar konstante kommunikasie is tussen Byron, die EFF en BLM in Amerika nie. Voeg by sulke karakters soos Kylie Thomas, Dan Corder, Marcus Hegewisch en Liev Schreiber (en andere) en jy het die breintrust agter ons eie weergawe van BLM \u2013 met presies dieselfde oogmerke. Daar is selfs \u2018n baie dun verhouding, maar \u2018n verhouding al dan nie, tussen al hierdie \u201cMust Fall\u201d-optredes en \u2018n Johannesburgse rolprentvervaardiger en sy \u201clewensmaat\u201d. Op hierdie huidige stadium verswyg ek die name totdat daar meer klinkklare bewyse is. Ek sal onteenseglik graag wil weet hoeveel inset het hierdie persoon in die Luister-\u201cdokument\u00ear\u201d gehad wat Open Stellenbosch onder die publiek se aandag gebring het.<\/p>\n<p>Julius Malema se onlangse besoek aan die Kwien se Eiland waar hy vergader het met superkapitaliste het befondsing gewaarborg. Moet ook nie vergeet van George Soros se Open Society Foundation nie. Hier het ons met dieselfde tipe donateur te make as waaroor\u00a0die BLM-organisasie beskiks\u00a0en dit is weereens nie vergesog om \u0149 aanname te maak dat presies dieselfde sakeondernemings daarby\u00a0betrokke is om geld te voorsien vir ons\u00a0komende rewolusie nie.<\/p>\n<p>Die ooreenkoms met die status quo in Suid Afrika is egter nie beperk tot universiteite nie, hoewel dit die ooglopendste is. Betogings en optogte \u2013 met die gepaardgaande geweld en verwoesting \u2013 toon \u2018n aansienlike ooreenkoms met BLM-protes in Amerika met dieselfde minagting van wet en orde.<\/p>\n<p>Gaan die\u00a0huidige vlaag van protes r\u00earig oor Afrikaans, inklusiwiteit, \u201cwit bevoorregting\u201d en antikolonialisme? Is dit r\u00earig oor dienslewering? Miskien vir die stommerik wat opgesweep word in die harwar en opwinding van die \u201cnuwe struggle\u201d. Bruikbare idiote is volop.<\/p>\n<p>Lenin self self ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cWe must be ready to employ trickery, deceit, law-breaking, withholding and concealing truth\u2026 We can and must write in a language which sows among the masses hate, revulsion, and scorn toward those who disagree with us.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Maar die groter prentjie dui op iets baie gevaarliker. Net soos met BLM, is die oogmerk \u2018n bloedige burgeroorlog wat dan sal lei tot\u00a0die instelling van \u2018n utopiese kommunistiese staat.<\/p>\n<p>Kort gestel, beteken dit eenvoudig dat die dae van vrede bewaar, agteroor buig en die olyftak uithou verby is. Dit is \u2018n luukse wat hierdie land nie kan bekostig nie. Kommuniste sien dit as \u2018n swakheid wat tot hulle voordeel uitgebuit moet word. Die resultaat daarvan om kommuniste te paai, is eenvoudig \u2013 die onafwendbare word net uitgestel terwyl hulle agitators sterker word. Indien daar gekrap word \u2013 en daar word gekrap \u2013 sal dieselfde netwerk van frontorganisasies na vore kom wat sal teruglei na die SAKP. Geen wonder dan dat Blade Nzimande skitter in sy afwesigheid nie.<\/p>\n<p>Ons moet nie net veg, hand en tand, vir die behoud van Afrikaans en ons kultuur nie, maar ook vir die behoud van ons land. Wanneer kommuniste Lenin se ideologie in die praktyk toepas, beteken dit net ellende vir almal. Selfs diegene wat te dom is om dit te besef.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie is al ges\u00ea en geskryf oor die voortslepende gewelddadige optrede van verskeie studente- en werknemerorganisasies op die kampusse van tersi\u00eare inrigtings in Suid Afrika. Daadwerklik is daar weinig van hierdie instansies wat dit kon vryspring en word onderrig en aktiwiteite lamgel\u00ea deur ontwrigtende en gewelddadige optrede. Dit blyk ook hoofsaaklik voorheen \u201cwit\u201d inrigtings te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":17,"featured_media":36835,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[18811,10],"tags":[22200,10660,4708,14133,6539,14454,4917],"class_list":["post-36831","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gotterdammerung","category-rubrieke","tag-black-lives-matter","tag-george-soros","tag-kommunisme","tag-lenin","tag-malema","tag-marx","tag-universiteite"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36831","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/17"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36831"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36831\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36835"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36831"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36831"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36831"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}