{"id":36754,"date":"2016-02-23T11:16:50","date_gmt":"2016-02-23T09:16:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36754"},"modified":"2016-02-23T11:16:50","modified_gmt":"2016-02-23T09:16:50","slug":"uganda-se-opposisieleier-in-vangwa-gesmyt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36754","title":{"rendered":"Uganda se opposisieleier in vangwa gesmyt"},"content":{"rendered":"<p>Die hoofleier van die opposisie in Uganda, dr. Kizza Besigye, is Maandag deur die polisie in hegtenis geneem en agter in &#8216;n vangwa gesmyt toe hy probeer het om sy huis aan die buitewyke van Kampala te verlaat.<\/p>\n<p>Hy wou die verkiesingskommissie\u00ad se hoofkantoor besoek om gedetailleerde afskrifte van die uitslae van die presidentsverkiesing te bekom, het AP berig.<\/p>\n<p>Die polisie met hom weggejaag en hy is later by \u2019n landelike polisiekantoor opgemerk.<\/p>\n<p>Besigye, &#8216;n medikus, was verbonde aan die Ugandese weermag. Dit is die vierde keer in agt dae dat hy aangehou word.<\/p>\n<p>Hy het Sondag ondersteuners\u00ad aangemoedig om protes aan te teken teen sy voortgesette huisarres in die nadraai van die omstrede presidentsverkiesings wat deur pres. Yoweri Museveni gewen is.<\/p>\n<p>Besigye is nie toegelaat om sy huis aan die buitewyke van Kampala te verlaat nie. Die polisie het aangevoer dat dit \u201cvoorkomende arres\u201d is om hom te verhinder om betogings te lei teen Museveni se oorwinning wat tot geweld kan lei. <\/p>\n<p>Gewapende polisiemanne het buite sy huis wag gestaan en \u2019n padblok\u00adkade is opgerig om mense te verhinder\u00ad om toegang tot Besigye te kry.<\/p>\n<p>Kampala was kalm nadat die uitslae van die verkiesing aan\u00adgekondig is, maar \u2019n streng teenwoordigheid deur veiligheids\u00adpersoneel is gehandhaaf. <\/p>\n<p>Museveni is Saterdag as die wenner van die presidentsverkiesing verklaar wat Donderdag gehou is. Besigye se party het die amptelike uitslae verwerp en beweer grootskaalse kullery het tydens die verkiesing plaasgevind.<\/p>\n<p>Museveni het met meer as 60 persent van die stemme gewen en Besigye het 35 persent van die stemme op hom verenig.<br \/>\nDie 71-jarige Museveni het in 1986 aan bewind gekom.<\/p>\n<p>Die Europese Unie se waarnemersending het Donderdag ges\u00ea die stemmery het &#8216;n tekort deursigtigheid getoon en het in &#8216;n &#8220;intimiderende&#8221; atmosfeer plaasgevind.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse minister van buitelandse sake John Kerry het Museveni geskakel om sy kommer uit te spreek oor die teistering van die opposisie asook &#8216;n o\u00ebnskynlike sluiting van sosiale mediadienste.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die hoofleier van die opposisie in Uganda, dr. Kizza Besigye, is Maandag deur die polisie in hegtenis geneem en agter in &#8216;n vangwa gesmyt toe hy probeer het om sy huis aan die buitewyke van Kampala te verlaat. Hy wou die verkiesingskommissie\u00ad se hoofkantoor besoek om gedetailleerde afskrifte van die uitslae van die presidentsverkiesing te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36754\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Uganda se opposisieleier in vangwa gesmyt&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36755,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[22181,21657,9496,6620,4631],"class_list":["post-36754","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-kizza-besigye","tag-museveni","tag-opposisie","tag-uganda","tag-verkiesing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36754","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36754"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36754\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36755"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36754"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36754"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36754"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}