{"id":36720,"date":"2016-02-22T07:47:37","date_gmt":"2016-02-22T05:47:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36720"},"modified":"2016-02-22T08:33:25","modified_gmt":"2016-02-22T06:33:25","slug":"eff-dreig-om-up-onregeerbaar-te-maak-onder-vaandel-van-amerikaanse-swartmagterroris","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36720","title":{"rendered":"EFF dreig om UP &#8216;onregeerbaar&#8217; te maak onder vaandel van Amerikaanse swartmagterroris"},"content":{"rendered":"<p>Terwyl klasse vandag normaalweg op die kampus van die Universiteit van Pretoria voortgaan, dreig die EFFSC, die tak van Julius Malema se party by Tuks, om die kampus &#8220;onregeerbaar te maak&#8221;. Op sy Facebookblad het die radikale swart studentegroep insgelyks die foto van die voortvlugtige Amerikaanse swartmagterroris\u00a0Assata Shakur alias JoAnne Deborah Byron geplaas waarin hulle hul bewondering vir haar uitspreek.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_terroris.jpg\" rel=\"attachment wp-att-36721\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-36721\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_terroris.jpg\" alt=\"EFFSC_terroris\" width=\"495\" height=\"569\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_terroris.jpg 495w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_terroris-261x300.jpg 261w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_terroris-129x148.jpg 129w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_terroris-27x31.jpg 27w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_terroris-33x38.jpg 33w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_terroris-187x215.jpg 187w\" sizes=\"auto, (max-width: 495px) 100vw, 495px\" \/><\/a><\/p>\n<p>&#8220;Mbokodo&#8221; verwys na die gewelddadige geheime polisie van die ANC-SAKP\u00a0wat in die Quattro-strafkamp ANC-lede wat van dislojaliteit verdink is, gemartel en tereggestel het. Assatu Shakur alias\u00a0JoAnne Deborah Byron het as Black Panther en swartmagterroris tydens die sewentigerjare &#8216;n skrikbewind in die VSA gevoer. Sy is steeds voortvlugtig en word in die VSA gesoek vir &#8216;n reeks gewapende rowe, asook die moord op &#8216;n blanke polisieman, staatstroep Werner Foerster. Shakur het politieke asiel in Kuba ontvang en woon steeds in di\u00e9 land.<\/p>\n<p>Soos in bogaande Facebook-inskrywing vermeld word, vergader die EFF-jeugtak by Tuks vanoggend om 7:30 in Prospectstraat by die universiteitsingang waar busvervoer blykbaar beskikbaar gaan wees om hulle na die Pretoriase Landdroshof te neem waar 27 van hul makkers teregstaan op verbreking van die huidige hofbevel wat onwettige betogings en geweldpleging op of naby die kampus verbied.<\/p>\n<p>Later vanoggend beplan hulle om strydig met die hofbevel &#8216;n &#8220;massavergadering&#8221; op die kampus te hou en weereens lesings en toetse te ontwrig. Die EFF wil nie h\u00ea dat Afrikaans langer by Tukkies as doseertaal gebruik moet word nie en voer &#8216;n haatveldtog daarteen met die hutsmerk #afrikaansmustfall. Hierteenoor het Afrikaanse studente op sosiale media &#8216;n teenveldtog geloods met die hutsmerke #afrikaansbly en #fokeng.<\/p>\n<p>&#8216;n Tweedejaarstudente, Lauren Shultz, het &#8216;n brief in Engels geskryf waarin sy haar misnoe\u00eb oor die gedrag van swart en EFF-studente uitspreek, wat wyd op Facebook gedeel\u00a0is en ook <a href=\"http:\/\/praag.org\/?p=21703\" target=\"_blank\">hier te lese is<\/a>.<\/p>\n<figure id=\"attachment_36725\" aria-describedby=\"caption-attachment-36725\" style=\"width: 499px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_vergaderingskennisgewing20160222.jpg\" rel=\"attachment wp-att-36725\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-36725 size-full\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_vergaderingskennisgewing20160222.jpg\" alt=\"EFFSC_vergaderingskennisgewing20160222\" width=\"499\" height=\"459\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_vergaderingskennisgewing20160222.jpg 499w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_vergaderingskennisgewing20160222-300x276.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_vergaderingskennisgewing20160222-148x136.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_vergaderingskennisgewing20160222-31x29.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_vergaderingskennisgewing20160222-38x35.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/EFFSC_vergaderingskennisgewing20160222-234x215.jpg 234w\" sizes=\"auto, (max-width: 499px) 100vw, 499px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-36725\" class=\"wp-caption-text\">Die Facebook-kennisgewing waarin swart studente van die EFF opgeroep word om in uniform (&#8220;regalia&#8221;) te vergader, eers hof toe te gaan en daarna die #AfrikaansMustFall-veldtog op die kampus voort te sit.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dit wil voorkom asof die Amerikaanse swartmagterroris Assata Shakur oor &#8216;n ongekende gewildheid onder radikale swartes in Suid-Afrika beskik, want die Nasperskoerant City Press het haar insgelyks verlede jaar van ruimte in die koerant voorsien om haar antiblanke ideologie te verkondig, waarna PRAAG &#8216;n klag by die Persombudsman en mediaraad van Suid-Afrika aanhangig gemaak het. City Press het hierna dr. Dan Roodt toegelaat om kritiek op di\u00e9 artikel in die blaaie van die koerant te lewer, iets wat nie normaalweg deur City Press geduld\u00a0sou word nie. Lees dr. Dan Roodt van PRAAG se repliek op Assata Shakur hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.org\/?p=18637\">Is City Press in favour of race war? Reply to Assata Shakur<\/a><\/p>\n<p>PRAAG het intussen &#8216;n dringende vergadering met die Tuks-bestuur versoek om die voorgenome verengelsing van die kampus, asook die radikalisering wat deur die EFF en sommige Engelstalige dosente aangehits word, te bespreek. In sy skrywe aan die Universiteit van Pretoria s\u00ea dr. Dan Roodt onder andere:<\/p>\n<blockquote><p>Ons is bekommerd oor die radikalisering wat by die UP aan die gang is, ook onder Engelstalige dosente wat &#8216;n swaar dosis marxisme en antiblanke, anti-Afrikaanse ideologie aan studente opdring.<\/p>\n<p>Die Afrikanergemeenskap van Pretoria, wat oor dekades heen by die befondsing en opbou van die universiteit betrokke was, beskik oor die reg om geken te word in die proses wat tans aan die gang is en waardeur Engels sonder demokratiese inspraak tot &#8216;n ongekende oorheersing verhef word.<\/p><\/blockquote>\n<p>Die Johannesburse dagblad Beeld het vanoggend\u00a0berig dat Tukkies eintlik uit die staanspoor &#8216;n Engelse universiteit was terwyl die koerant byna &#8216;n eeu van Afrikaanse onderrig aan di\u00e9 universiteit ignoreer.<\/p>\n<blockquote><p>Toe die UP in 1908 gestig is, was dit \u2019n universiteit met Engels as onderrigmedium. (Beeld 22 Feb. 2016)<\/p><\/blockquote>\n<p>Sedert gister het 7500 mense <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=36715\">PRAAG se elektroniese petisie<\/a> teen die verengelsing van Tukkies weens intimidasie en geweld van die EFF onderteken.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl klasse vandag normaalweg op die kampus van die Universiteit van Pretoria voortgaan, dreig die EFFSC, die tak van Julius Malema se party by Tuks, om die kampus &#8220;onregeerbaar te maak&#8221;. Op sy Facebookblad het die radikale swart studentegroep insgelyks die foto van die voortvlugtige Amerikaanse swartmagterroris\u00a0Assata Shakur alias JoAnne Deborah Byron geplaas waarin hulle [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36722,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[167,22175,10876,17503],"class_list":["post-36720","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrikaans","tag-assata-shakur","tag-eff","tag-tuks"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36720","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36720"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36720\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36722"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36720"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36720"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36720"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}