{"id":36713,"date":"2016-02-22T09:14:11","date_gmt":"2016-02-22T07:14:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36713"},"modified":"2016-02-22T09:14:11","modified_gmt":"2016-02-22T07:14:11","slug":"sydney-gregan-wie-sit-agter-julius-malema-en-waarom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36713","title":{"rendered":"Sydney Gregan: Wie sit agter Julius Malema? En waarom?"},"content":{"rendered":"<p>Terwyl die Suid-Afrikaanse publiek hulle blykbaar verlekker in die manewales van die hanswors Julius Malema, en veral die feit dat hy vir Jacob Zuma &#8216;n steen des aanstoots geword het, word die situasie in Suid-Afrika al meer plofbaar en kan die &#8220;beheerde chaos&#8221; dalk eersdaags totaal onbeheerbaar word.<\/p>\n<p>Die vraag is egter: Hoe was dit moontlik dat iemand met s\u00f3 &#8216;n agtergrond soos Malema, en wat vir alle praktiese doeleindes die einde van sy politieke loopbaan bereik het toe die ANC hom die rug gekeer het, nou skielik soveel aanhang en aandag geniet? En dit sonder dat die ANC-regime, op die oog af, min daaromtrent kan doen?<\/p>\n<p>Die antwoord is baie duidelik dat &#8216;n ander mag agter Malema sit. Hyself het nie die politieke, finansi\u00eble en intellektuele vermo\u00eb om &#8216;n duik te maak in\u00a0die politieke landskap nie. Maar die magte agter hom het wel. Feit is dat die Amerikaanse geldmagte Malema finansier \u00e9n met &#8216;n doel: Hy moet die chaos aanwakker wat die VSA graag in elke land van die w\u00eareld wil implementeer. Die VSA het reeds grootliks geslaag om die Midde-Ooste te destabiliseer (met net Rusland wat nog in sy pad staan), maar sy agenda sluit Afrika ook in, soos Soedan, Libi\u00eb en talle ander Afrikastate die bewys van is. Suid-Afrika is nie uitgesluit hiervan nie.<\/p>\n<p>Die feit dat die ANC die beheer oor die land moes oorneem, was net deel van die Amerikaanse agenda. Om te keer dat die ANC nie te astrant word en sy eie agenda begin volg nie, soos Zuma gedreig het om te doen (veral met sy voorgenome Russiese en Chinese bande), moes &#8216;n teenvoeter vir die ANC daargestel word. Malema was die ideale kandidaat. Waar die ANC se agenda vir blanke verontregting deur die geldmagte beheer word en uiteraard met verdrag (eerder as drasties) ingestel\u00a0moet word om die blankes te sus, kom Malema nou en eis drastiese en onmiddellike stappe en saai ontwrigting en verwoesting sover hy gaan. Inmiddels word hy selfs na Londen genooi om sakemanne en politici daar toe te spreek! Verbeel jou Suid-Afrikaanse sakemanne nooi &#8216;n Britse skurk om ons hier te kom vermaak oor die chaos wat hy in Brittanje aanrig?! So iets is net ondenkbaar en sal lei tot allerlei dreigemente van sanksies, en so meer. Maar as die geldmagte die situasie beheer, is dit uiteraard aanvaarbaar.<\/p>\n<p>En nou verkondig Malema wat die ANC eintlik graag w\u00edl doen, maar omdat die VSA die ANC-agenda beheer, is die ANC aan bande gel\u00ea. Die ANC se grootste probleem is dat die IMF sy kraan enige dag kan toedraai. Die nomenklatoera \u2014 die betaalde amptenary\u2014 in die ANC (wat blykbaar reeds oor die 6 miljoen tel) het lankal van die &#8220;struggle&#8221; vergeet en hulle stryd is nou om ten alle koste hulle posisies, salarisse, huise en karre te behou. Plus natuurlik die &#8220;shopping spree&#8221; waarop hulle weekliks gaan! Intussen bewys hulle lippediens aan die ellendige toestand waarin meeste van hulle landgenote verkeer. Malema weet dit baie goed want hy was in dieselfde bootjie toe hy in die ANC was. Vandaar sy tirades. En duidelik is geld steeds nie vir Malema &#8216;n probleem nie, gesien sy uitspattige kleredrag, duur horlosies en ander bykomstighede.<\/p>\n<p>Die grootste bewys dat die ANC beheer word deur die IMF en die Amerikaanse geldmagte was juis toe Zuma moes terugkrabbel oor die afdanking en aanstelling van &#8216;n nuwe minister van finansies. Die ANC kan duidelik maak wat hy wil as dit by baie ander sake kom (soos om blankes te verontreg), maar het geen s\u00ea as dit by finansies, en veral die ekonomie van die land kom nie.<\/p>\n<p>Die EFF en Malema se rol is om sake deurentyd so moeilik as moontlik vir die ANC te maak en die gekniehalterde posisie van die ANC \u2014 daargestel deur die geldmagte \u2014 te bestendig en te vererger. Zuma besef dit baie goed, maar omdat hyself ook beheer word, durf hy niks s\u00ea nie. Die gevolg is &#8216;n politieke party wat ontman is en nie in staat is om die land te regeer nie; al sou hy ook probeer. En dit is presies wat die VSA ten doel stel. Die werklike agenda van die Amerikaanse geldmagte vir ons land vereis &#8216;n aparte artikel vir diegene wat oningelig is daaroor. Dat dit alles behalwe rooskleurig is, kan in klip uitgekap word.<\/p>\n<p>Nou moet ons weer (dis mos verkiesingstyd!) almal agter die pastoortjie van die DA aanhardloop. Ons moet klaarblyklik wysgemaak word dat &#8220;redelike swartes&#8221; glo in groot getalle vir die DA gaan begin stem. Hierdie wolhaarstorie word al jare verkondig en steeds stem meer as 60% van die swartes elke keer vir die ANC. Daarbenewens het dr Corn\u00e9 Mulder die spyker op die kop geslaan toe hy onlangs gestel het dat chaos die land se voorland is as die ANC uitgestem sou word. Die chaos sal natuurlik nie meer die beheerde chaos van nou wees nie, maar grootliks onbeheerd. Die publiek is soos skape wat ter slagting gelei word \u2014 met die verskil dat hulle blykbaar opgewonde is daaroor!<\/p>\n<p>Wat ons nodig het in hierdie land is dat mense die twak wat die Amerikaans-beheerde media elke dag aan hulle opdis, deeglik sal ontleed en ophou gryp na strooihalms. Daar is talle alternatiewe bronne wat geraadpleeg kan word op die internet. Ons blankes is uitgelewer deur die Amerikaanse geldmagte aan die ANC om ons met &#8216;n grondwet te troos wat op die kort- en langtermyn niks vir ons beteken nie. Om alewig te wil dink dat die grondwet ons moet en sal beskerm, is uiters nai\u00ebf. Grondwette in Afrika beteken niks. Daarby word ons verontregting juis deur die grondwet gemagtig! Dit slaan my dronk dat geleerde blankes dit nie kan insien nie.<\/p>\n<p>Maar terug by Malema: Hy is net so gevaarlik soos wat sy meesters wil h\u00ea hy moet wees. En met die onrus wat elke dag groter word in hierdie land, is dit duidelik dat daardie agenda momentum kry en die ANC hoe later, hoe meer, geen beheer oor die land sal kan uitoefen nie.<\/p>\n<p>Intussen slaap baie van die wagters op die blanke mure &#8230;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die Suid-Afrikaanse publiek hulle blykbaar verlekker in die manewales van die hanswors Julius Malema, en veral die feit dat hy vir Jacob Zuma &#8216;n steen des aanstoots geword het, word die situasie in Suid-Afrika al meer plofbaar en kan die &#8220;beheerde chaos&#8221; dalk eersdaags totaal onbeheerbaar word. Die vraag is egter: Hoe was dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":36731,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,4703],"tags":[7575,7599,20009,6977,6723,6685,11340],"class_list":["post-36713","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-sydney-gregan","tag-corne-mulder","tag-da","tag-geldmagte","tag-imf","tag-jacob-zuma","tag-julius-malema","tag-mmusi-maimane"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36713","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36713"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36713\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36731"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36713"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36713"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36713"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}