{"id":366,"date":"2007-04-28T07:25:55","date_gmt":"2007-04-28T07:25:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=366"},"modified":"2007-04-28T07:25:55","modified_gmt":"2007-04-28T07:25:55","slug":"vr-hef-embargo-teen-liberiese-diamante-op","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=366","title":{"rendered":"VR hef embargo teen Liberiese diamante op"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Die Raad het sonder enige teenstemme &#8216;n resolusie aanvaar wat deur die VSA oor die aangeleentheid ter tafel gel&ecirc; is.<\/p>\n<p align=\"justify\">&#8216;n Rukkie daarna het Liberi&euml; se ambassadeur na die VN, Nataniel Barnes, aangekondig dat sy land toegelaat sal word om aan die internasionale riglynvereistes, die Kimberley Proses, deel te neem. Volgens die Proses word elke steen se herkoms aangetoon waarna waarborge uitgereik word vir die wettige uitvoer daarvan.<\/p>\n<p align=\"justify\">In die VN se resolusie 1753 is daar selfs &#8216;n gelukwensing aan Liberi&euml; omdat die land &quot;aangehou het om saam te werk met die Kimberley Proses&quot; sodat die beperkinge teen diamantuitvoere nie meer nodig geraak het nie. Die embargo teen Liberi&euml; is in 2003 ingestel wat verhoed het dat ongeslypte stene die land verlaat.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die Veiligheidsraad het aangedui dat die besluit oor 90 dae hersien sal word op sterkte van &#8216;n verslag wat voorgel&ecirc; sal word deur die instansies wat die Kimberley Proses monitor.<\/p>\n<p align=\"justify\">Dit is die tweede keer dat die Veilgheidsraad sy vertroue in die land en sy eerste vroue-president, Ellen Johnson Sirleaf, bevestig. In Junie is &#8216;n embargo teen die uitvoer van hout opgehef.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die Britse ambassadeur na die VN, Emyr Jones Parry, het aan die media ges&ecirc; &quot;dat maatre&euml;ls in plek die opheffing moontlik gemaak het. Ons het vertroue in die land en sy owerhede en ons hoop dat hulle sterk groei sal toon.&quot; Parry is die Raadsvoorsitter vir April.<\/p>\n<p align=\"justify\">Mnr. Barnes het op sy beurt verheug ges&ecirc; dat &quot;hierdie &#8216;n teken van vertroue in ons sterk politieke wil is om te doen wat voordelig is vir Liberi&euml; en die Liberi&euml;rs.&quot; <\/p>\n<p align=\"justify\">Liberi&euml; het 14 jaar lank gebuk gegaan onder &#8216;n burgeroorlog (1989-2003). Mev. Johnson Sirleaf is in Januarie 2006 as staatshoof aangewys. Tydens die oorlog is hout en diamante gebruik om verskillende faksies se wapenaankope te betaal.<\/p>\n<p align=\"justify\">Sirleaf Johnson het oa aan Harvard studeer en lank in diens van Citibank, Afrika gestaan. Alhoewel twee van haar voorouers inheemse Liberi&euml;rs was, was &#8216;n derde Duits. Di&eacute; Duitser moes Liberi&euml; verlaat met die oorlogsverklaring in 1917 en het sy gesin daar agtergelaat.<\/p>\n<p align=\"justify\">Liberi&euml; is steeds een van die armste lande in Afrika en inwoners het &#8216;n lewensverwagting van net oor die veertig jaar. Die risiko vir aansteeklike siektes is besonder hoog in die afwesigheid van enige gesondheidssorg buite die hoofstad Monrovi&euml;. Die land is voorts vir byna alles op hulp en bystand van buite aangewese. UNMIL, die VN se vredesmag is steeds in die land aanwesig en die politieke klimaat bly gespanne.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die Kimberley Proses word deur die VN, 43 lande en internasionale organisasies ondersteun om die vloei van sogenaamde &quot;bloeddiamante&quot; te stuit. &#8216;n Film met dieselfde titel het onlangs verskyn in &#8216;n poging om mense meer bewus te maak van die handel in onwettige diamante. <\/p>\n<p align=\"justify\">\n<p align=\"justify\">Nie net in Liberi&euml; is &#8216;n burgeroorlog deur diamante gefinansier nie, maar ook in Sierre Leone en die DRK. Trouens, De Beers se grootste vonds tot dusver is die <em>Millenium Star<\/em>, wat ongeslyp 777 karaat was, uit die oorloggeteisterde DRK.&nbsp; Di&eacute; peervormige diamant is in 1990 ontdek in die Mbuji-Maji-distrik is te midde van die burgeroorlog wat in die land gewoed het.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die diamant se naam word sedertdien in &#8216;n Nintendo-speletjie gebruik om die naam van die van die hoogste prys in die spel aan te dui.<\/p>\n<p align=\"justify\">&#8216;n Week gelede is onwettige diamanthandel in Zimbabwe op e-TV eksklusief &quot;oopgevlek&quot; deur die aanbieder van die aktualieitsprogram <em>Third Degree.<\/em><\/p>\n<p align=\"justify\">Diamante word vir &#8216;n appel en ei langs hoofwe&euml; in Zimbabwe te koop aangebied deur honger en desperate verkopers. Die TV-span het vryelik die bedrywighede langs paaie en by die myn verfilm. Nadat hulle egter verhoed is om diamante uit die land te neem, het hulle Mugabe daarvoor verkwalik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/stoit-li-ustanavlivat-berekety\/\">\u0431\u0440\u0435\u043a\u0435\u0442\u044b \u0434\u043b\u044f \u0437\u0443\u0431\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die Veligheidsraad van die VN het Vrydag sy embargo teen diamante uit Liberi&euml; opgehef danksy die vooruitgang wat di&eacute; land getoon het met die sertifisering van die edelsteen.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[21089,173],"class_list":["post-366","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-nuus","tag-select-category"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/366","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=366"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/366\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=366"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=366"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=366"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}