{"id":36591,"date":"2016-02-17T06:30:53","date_gmt":"2016-02-17T04:30:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36591"},"modified":"2016-02-17T08:38:46","modified_gmt":"2016-02-17T06:38:46","slug":"sar-hoop-op-vrede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36591","title":{"rendered":"SAR hoop op vrede"},"content":{"rendered":"<p>Verkiesingsbeamptes het begin om die stemme te tel nadat kiesers in die Sentraal-Afrikaanse Republiek in  verkiesings wat eers uitgestel is, vir die wetgewende liggaam en die president gestem het. <\/p>\n<p>Die hoop is uitgespreek dat \u2019n einde aan die ergste sektariese geweld sedert die land se onafhanklikwording in 1960 nou gemaak sal word, het AFP berig.<\/p>\n<p>Die stemmery het onder streng veiligheidsmaatre\u00ebls plaasgevind met duisende vredesbewaarders van die Verenigde Nasies wat landwyd \u00adontplooi is. Sover vasgestel kon word, het die verkiesings vreed\u00adsaam verloop.<\/p>\n<p>Die eerste amptelike uitslae word nie vir etlike dae verwag nie.<\/p>\n<p>Anicet Georges Dologuele, \u2019n 58-jarige voormalige bankier van die sentrale bank, wat as \u201cMnr. Skoon\u201d bekend staan vir sy pogings om deursigtigheid in die deurmekaar openbare finansies teweeg te bring, het in die eerste ronde van die presidentsverkiesing op 30 Desember 23,78 persent van die stemme op hom verenig.<\/p>\n<p>Sy naaste teenstaander, Faustin Archange Touadera, \u2019n voormalige wiskunde professor, ook 58 jaar oud, wat as \u2019n onafhanklike kandidaat gestaan het, het vir \u2019n verrassing gesorg en 19,4 persent van die stemme ingepalm.<\/p>\n<p>Kiesers het ook in \u2019n herverkiesing vir die wetgewende vergadering gestem nadat die aanvanklike verkiesing, wat ook op 30 Desember gehou is, ongeldig verklaar is n\u00e1 talle onre\u00ebl\u00admatighede aan die lig gekom het.<\/p>\n<p>Altesaam 1 800 kandidate ding mee om 105 setels in die Nasionale Vergadering.<\/p>\n<p>Die Sentraal-Afrikaanse Republiek se mees onlangse bloedvergieting is begin nadat die bewind van die \u00adveteraanpresident, Francois Bozize, \u2019n Christen, in Maart 2013 deur hoofsaaklik Moslem Seleka-\u00adrebelle omvergewerp is.<\/p>\n<p>Die staatsgreep het \u2019n reeks vergeldingsaanvalle deur Christen \u201canti-balaka\u201d (anti-kapmes) milisies en Moslem-rebelle meegebring. Duisende mense is dood en ongeveer \u2019n tiende van die land se 4,8 miljoen inwoners, het op die vlug geslaan.<\/p>\n<p>Sowel Dologuele as Touadera is Christene.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verkiesingsbeamptes het begin om die stemme te tel nadat kiesers in die Sentraal-Afrikaanse Republiek in verkiesings wat eers uitgestel is, vir die wetgewende liggaam en die president gestem het. Die hoop is uitgespreek dat \u2019n einde aan die ergste sektariese geweld sedert die land se onafhanklikwording in 1960 nou gemaak sal word, het AFP berig. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36591\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SAR hoop op vrede&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36592,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4112,5361,5358,22143,14432,4635,18061],"class_list":["post-36591","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afrika","tag-islam","tag-moslems","tag-rankryk","tag-sar","tag-verkiesings","tag-vrede"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36591","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36591"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36591\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36592"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36591"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36591"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36591"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}