{"id":36580,"date":"2016-02-16T07:48:31","date_gmt":"2016-02-16T05:48:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36580"},"modified":"2016-02-16T09:48:49","modified_gmt":"2016-02-16T07:48:49","slug":"wit-namibier-eerste-om-van-terreur-aangekla-te-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36580","title":{"rendered":"Wit Namibi\u00ebr eerste om van terreur aangekla te word"},"content":{"rendered":"<p>Johannes (Johan) Martinus Mostert van die plaas Swartmodder in die Otjiwarongo-distrik is die eerste mens in die geskiedenis van Namibi\u00eb wat ingevolge die Wet op die Voorkoming\u00ad en Bestryding van Terroriste- en Proliferasie-aktiwiteite (Wet No.4 van 2014) aangekla is.<\/p>\n<p>Mostert het Donderdag in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn en is ingevolge artikel 17 (1a en 1b) van di\u00e9 wet aangekla.<\/p>\n<p>&#8220;Hy is die eerste mense ooit in die geskiedenis wat op di\u00e9 klag teregstaan,\u201d het staatsaanklaer, Lewis Chigunwe ges\u00ea. <\/p>\n<p>Artikel 17 verwys na \u2019n oortreding wat verband hou met wapens en \u2019n oortreder wat hieraan skuldig bevind word, kan lewenslange gevangenisstraf in die o\u00eb staar.<\/p>\n<p>Kortom verwys artikel 17 (1) na enige persoon, in of buite Namibi\u00eb, met die bedoeling om enige omgewingskade, ekonomiese of sosiale terreur teweeg te bring, of enige regering, liggaam of instelling te intimideer of te dwing om politieke, godsdienstige of ideo\u00adlogiese standpunte te aanvaar of te verwerp deur \u2019n wapen te gebruik, of dreig om te gebruik, met die opset om mense dood te maak, te beseer of te infekteer, insluitende \u2019n stelsel wat ontwerp, aangepas of van voorneme is om so \u2019n wapen te lewer.<\/p>\n<p>Dit is teen die wet om so \u2019n wapen teen \u2019n Namibiese burger of \u2019n reg\u00admatige inwoner van Namibi\u00eb te gebruik, ongeag of die persoon in of buite Namibi\u00eb bly.<\/p>\n<p>Mostert verskyn op hierdie klag asook vyf ander: Die besit van ammunisie sonder \u2019n permit, die besit van vuurwapens sonder \u2019n permit, die besit van handgranate sonder \u2019n permit, die oortreding van die Wet op Plofstof en die besit van plofstof vir private gebruik sonder \u2019n permit.<\/p>\n<p>Volgens die polisie het Mostert semi-\u00adoutomatiese aanvalsgewere, jaggewere, hand\u00adgranate en sowat 10 000 patrone in sy besit gehad asook verskeie uniforms van PLAN, Unita, die MPLA, Koevoet, SWATF, die Namibiese polisie en weermag.<\/p>\n<p>Die beskuldigde bly in aanhouding tot sy volgende verskyning op 29 Maart.<\/p>\n<p>Bron: Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Johannes (Johan) Martinus Mostert van die plaas Swartmodder in die Otjiwarongo-distrik is die eerste mens in die geskiedenis van Namibi\u00eb wat ingevolge die Wet op die Voorkoming\u00ad en Bestryding van Terroriste- en Proliferasie-aktiwiteite (Wet No.4 van 2014) aangekla is. Mostert het Donderdag in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn en is ingevolge artikel 17 (1a en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36580\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wit Namibi\u00ebr eerste om van terreur aangekla te word&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36581,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11911,5129,18703,12106,6831,13825,7829,5132],"class_list":["post-36580","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-aanvalsgewere","tag-ammunisie","tag-handgranate","tag-klag","tag-namibie","tag-plofstof","tag-terreur","tag-wapens"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36580","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36580"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36580\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36581"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36580"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36580"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36580"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}