{"id":36500,"date":"2016-02-12T07:16:40","date_gmt":"2016-02-12T05:16:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36500"},"modified":"2016-02-12T07:40:00","modified_gmt":"2016-02-12T05:40:00","slug":"namibier-middelpunt-van-pers-rasherrie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36500","title":{"rendered":"Namibi\u00ebr middelpunt van pers rasherrie"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Bekende Namibiese stoetboer en ortodontis, dr. Joggie Briedenhann, se dogter is vasgevang in die absurde en kwaadwillige pers rasherrie op Stellenbosch.<\/p>\n<p>Briedenhann het uit Stellenbosch ges\u00ea dit is betreurenswaardig dat Poekie, en &#8216;n koshuismaat op die Matie-kampus, Jo-Anne Cloete, hulself in die situasie bevind.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is jammer dat dit moes gebeur. Ons hier in Namibi\u00eb leef in ander tye en beleef rasseverhoudinge anders as in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Die twee vrouestudente is deur die Universiteit van Stellenbosch (US) uit die Heemstede dameskoshuis geskors n\u00e1 hulle hul gesigte vir \u2019n sterreruim-koshuispartytjie pers geverf het.<\/p>\n<p>Die getalarm drukgroep, Open Stellenbosch (OSB), wat hom vir die transformasie van die US beywer, het die onmiddellike en onvoorwaardelike skorsing van Briedenhann en Cloete sowel as die huiskomitee en huismoeder van die koshuis ge\u00ebis. Hulle is van &#8220;blackface&#8221; beskuldig toe foto\u2019s van Briedenhann en Cloete op sosiale media platforms gedeel is.<\/p>\n<p>Briedenhann, het kort n\u00e1 die voorval op Facebook geskryf dat sy en \u2019n vriendin hulle bloot vir die partytjie donkerpers geverf en met blinkers bedek het en nie met swart mense die gek probeer skeer het nie. <\/p>\n<p>Die groep het egter Maandag in &#8216;n verklaring vir die twee studente om verskoning gevra en ges\u00ea die situasie is misverstaan, maar hul verskoning weer kort daarna teruggetrek.<\/p>\n<p>\u201cOns besef dat die voorval nie meer algemeen deur die media as \u2019n geval van \u2018blackface\u2019 aanvaar word nie. Ons hou egter vol die feit dat die student \u2019n filter op die foto geplaas het sodat dit swart lyk, en dit willens en wetens op sosiale media geplaas het, dit wel \u2019n geval van \u2018blackface\u2019 maak,\u201d het die groep in \u2019n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Prof. Wim de Villiers, US-rektor, het in \u2019n brief aan personeel en studente ges\u00ea die universiteit het \u2019n verantwoordelikheid om die saak te ondersoek.<\/p>\n<p>\u201cDie ondersoek moet plaasvind sodat al die feite voorgel\u00ea en deeglik oorweeg kan word. Die proses is in werking gestel met die skorsing van die twee studente uit hul koshuis terwyl die ondersoek aan die gang is.\u201d <\/p>\n<p>De Villiers s\u00ea dat die skorsing van die studente hangende &#8216;n ondersoek standaard praktyk is en dat dit nie gelykstaande aan &#8216;n skuldbevinding is nie.<\/p>\n<p>Dit is duidelik dat De Villiers geswig het voor die opsetlik kwaadwillige vertolking van die twee se optrede.<\/p>\n<p>Hy het in &#8216;n verklaring die flou verskoning voorgehou dat die universiteit nie &#8216;n afgesonderde \u201cenklawe\u201d is wat van die res van Suid-Afrika ge\u00efsoleer is nie. <\/p>\n<p>\u201cOns maak deel uit van die res van die samelewing. In die lig van \u2018blackface\u2019- voorvalle aan die US en by ander universiteite in 2014, en die negatiewe impak wat dit gehad het, neem ons sulke bewerings ernstig op,\u201d lui sy verklaring.<\/p>\n<p>Dr. Briedenhann het minute voordat hy saam met ander betrokkenes om 13:30 &#8216;n vergadering met De Villiers sou h\u00ea, in &#8216;n kort telefoniese onderhoud die voorval betreur en onderneem om die gesprek na afloop daarvan voort te sit. Teen druktyd het hy laat weet die vergadering duur steeds voort.<\/p>\n<p>Bron: Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Bekende Namibiese stoetboer en ortodontis, dr. Joggie Briedenhann, se dogter is vasgevang in die absurde en kwaadwillige pers rasherrie op Stellenbosch. Briedenhann het uit Stellenbosch ges\u00ea dit is betreurenswaardig dat Poekie, en &#8216;n koshuismaat op die Matie-kampus, Jo-Anne Cloete, hulself in die situasie bevind. &#8220;Dit is jammer dat dit moes gebeur. Ons hier in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36501,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[22123,6831,22122,22121,266,4861],"class_list":["post-36500","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-black-face","tag-namibie","tag-pers-verf","tag-rasherrie","tag-rassisme","tag-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36500","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36500"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36500\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36501"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36500"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36500"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36500"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}