{"id":36489,"date":"2016-02-11T10:40:36","date_gmt":"2016-02-11T08:40:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36489"},"modified":"2016-02-11T10:40:36","modified_gmt":"2016-02-11T08:40:36","slug":"dan-roodt-marx-du-preez-dink-afrikaans-is-n-moslemtaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36489","title":{"rendered":"Dan Roodt: Marx du Preez dink Afrikaans is &#8216;n Moslemtaal"},"content":{"rendered":"<p>Toevallig sien ek Ma(r)x du Preez se jongste stukkie propaganda in Beeld raak waarin hy die gewone polities korrekte twak opdis dat daar &#8216;n sterk &#8220;Maleis-Portugese&#8221; invloed in Afrikaans was:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Ja, dit was ongemaklik vir wit Afrikaners dat die taal waarom hul etniese Christelik-nasionale identiteit gebou is, sterk deur slawe en Moslems be\u00efnvloed is. Vryburgers, VOC-amptenare, bediendes, slawe en die Khoi het almal tot die kreolisering en vereenvoudiging van Nederlands in die laat 17de tot middel 18de eeu bygedra, maar die Maleis-Portugees van die Oosterse slawe was die sterkste buite-invloed.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Is Afrikaners nie Christene nie? Is al die NG en ander Kerke in die land deur Moslems gebou en gefinansier?<\/p>\n<p>Ek woon nie in die Kaap nie, maar dit sou my verbaas as Afrikaans &#8216;n sterk rol in Islamitiese aanbidding aldaar speel. Self besit ek die Koran in Afrikaans wat ek jare gelede by die moskee in Durban gekoop het; ek twyfel egter selfs of dit vandag algemeen beskibaar is. Die Moslemraad en verwante instellings in Suid-Afrika gebruik Engels as voertaal.<\/p>\n<p>In elk geval is daar geen taalkundige bewys betreffende woordeskat, sintaksis of grammatika vir so &#8216;n geheimsinnige Islamitiese Maleis-Portugese &#8220;invloed&#8221; nie, afgesien van die spekulasies van een of twee Nederlandse taalkundiges wat Afrikaans wesentlik vyandiggesind was en &#8211; moontlik uit jaloesie &#8211; die taal as een of ander derdew\u00eareldkuriosum wou afmaak. Daar is seker &#8216;n paar honderd maal meer Franse woorde in Afrikaans wat via Nederlands in die taal beland het as Maleise woorde. Dink maar aan die woord &#8220;fontein&#8221; waarmee die hele SA landkaart besaai (of vir Marx seker &#8220;bevuil&#8221;) is. Nietemin word daar nie daagliks vir ons gepreek oor die &#8220;invloed&#8221; van croissants of camembert op Afrikaans nie.<\/p>\n<p>Wat maak dit saak indien &#8216;n paar Afrikaanse boekies in Arabiese skrif in die negentiende eeu verskyn het? Kan &#8216;n mens met so iets jou &#8220;kleim&#8221; op Afrikaans &#8220;afsteek&#8221;? En alles wat Afrikaners in die twintigste eeu in die taal geproduseer het, is van nul en gener waarde?<\/p>\n<p>Dit het vir my so &#8216;n geur van &#8220;ons was eerste hier&#8221;, &#8216;n argument wat natuurlik so gereeld in swart geledere opklink. Net: &#8216;n mens weet nie presies waar en wanneer &#8220;hier&#8221; was nie. Miskien behoort Suid-Afrika dan aan die Portugese want hulle was mos voor ons almal &#8220;hier&#8221;, nie waar nie?<\/p>\n<p>Dalk moet Marx du Preez hom maar tot Islam bekeer sodat hy sy nie-Christelike nie-Afrikaneridentiteit na behore kan uitleef. Die vraag is net: wat is Beeld se doelwit om aanhoudend sulke taalkundige disinformasie te plaas? Gaan dit maar net daaroor om Afrikaners konstant af te kraak, te beledig en te demoraliseer?<\/p>\n<p>Ek dink nie dit sou &#8216;n doel dien om &#8220;debat&#8221; hieroor te voer nie. In elk geval is Marx du Preez die Salafis of tot watter vertakking van Islam hy ook al behoort, &#8216;n bekeerde en slaan geen ag op rasionele &#8220;eurosentriese&#8221; argumente nie.<\/p>\n<p>En die vrye meningsuiting van die grondwet is, soos die absurde, haas niksseggende artikels oor amptelike tale, mos net &#8216;n tierlantyntjie vir die mitiese &#8220;demokratiese&#8221;, kwasi-Zimbabwaanse eenpartystaat. &#8220;Zimbabwaanse&#8221; synde natuurlik &#8216;n Neerlandisme wat vir my soveel meer gepas as &#8220;Zimbabwiese&#8221; klink.<\/p>\n<p>Mens moet ook versigtig wees om nie pers van woede te raak nie, want dan is dit rassisties.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toevallig sien ek Ma(r)x du Preez se jongste stukkie propaganda in Beeld raak waarin hy die gewone polities korrekte twak opdis dat daar &#8216;n sterk &#8220;Maleis-Portugese&#8221; invloed in Afrikaans was: &#8220;Ja, dit was ongemaklik vir wit Afrikaners dat die taal waarom hul etniese Christelik-nasionale identiteit gebou is, sterk deur slawe en Moslems be\u00efnvloed is. Vryburgers, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[167,11532,3377,14454,504,5998,22118,5565],"class_list":["post-36489","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-arabies","tag-beeld","tag-marx","tag-max-du-preez","tag-portugese","tag-salafisme","tag-taal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36489","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36489"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36489\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36489"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36489"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36489"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}