{"id":36482,"date":"2016-02-11T10:33:35","date_gmt":"2016-02-11T08:33:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36482"},"modified":"2016-02-11T11:53:19","modified_gmt":"2016-02-11T09:53:19","slug":"j-h-du-toit-pers-lewe-op-mars-gevind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36482","title":{"rendered":"JH du Toit: (Pers) lewe op Mars gevind"},"content":{"rendered":"<p>As daar nog enige twyfel was, of daar lewe op Mars is, is dit nou uit die weg geruim, so het NASA hierdie week bevestig. Ja inderdaad, lewe is op die diepste en donkerste krater op Mars gevind. Tot onlangs is geglo dat Helas Planitia die grootste en diepste krater op Mars is, maar hierdie week is \u2018n selfs groter en dieper krater op Mars ontdek. Wetenskaplikes het die krater Stellenbosch gedoop.<\/p>\n<p>Klaarblyklik is die krater meer as net \u2018n gat. Dis weliswaar \u2018n portaal na \u2018n ander dimensie waar die wette van ons heelal nie geld nie. In die vreemde buite-aardse werklikheid van die eindelose gat genaamd Stellenbosh, geld natuurwette wat glad nie natuurlik is nie. In Stellenbosh vloei water opwaarts, lig is donkerte en donkerte is lig. Wat nie is nie is, en wat is is nie. Niks goeds, nie eens lig kan uit hierdie swartgat ontsnap nie. Dis \u2018n vreemdsoortige, verwarrende wereld wat nie\u00a0vir die spesie homo sapiens sin kan nie maak. Dit is so vreemd dat dit u waarlik sal verbyster. Dit is veral gevaarlik vir die besoeker want die oomblik wanneer u die vreemde dog algemene werklikheid van hierdie onwerklike plek begryp, is u reeds stapekgek.<\/p>\n<p>Net laasweek het twee Aardlinge, nogal twee wit Suid-Afrikaners, hierdie ligging besoek. In die gees van welwillendheid en eensgesindheid met die inwoners van Mars het hulle hulself soos wesens uit die ruimte pers geverf. Tot hulle verbasing het hulle ontdek dat die Gat nie deur pers mannetjies bewoon word nie maar wel deur \u2018n selfs vreemder wese. Ongelukkig is dit dieselfde grieselrige en afskuwelike gatkruiper wat elke instansie in ons land oorgeneem het, naamlike die gevreesde &#8220;Linkse Gek&#8221;.<\/p>\n<p>In sommige\u00a0oorde word na hierdie eiesoortige Gek as Liberale, Progressiewe, Kulturele Marxiste, Marxiste, Feministe, Neo-Marxiste, Sosiaal-Demokrate, Christen-Demokrate en ander gesofstikeerde name verwys. Hoewel al di\u00e9\u00a0verskillende subtipes van die spesie Gek verteenwoordig, is hulle almal in die bol gepik.<\/p>\n<p>Anders as die gewone gek, oftewel Gekkus Generalus, is die Linkse Gek, oftewel Gekkus Lekkusgattus dodelik giftig. Die GLS se naam is afkomstig daarvan dat hulle gedurig die diep swart gat waarin hulle woon, uitlek in \u2018n poging om dit skoon te hou. Ongelukkig is hierdie poging uiters onsuksesvol want ongeag hoveel\u00a0hulle lek, bevuil hulle terselfderty hul vesting met absurditeite wat jou asem sal wegslaan.\u00a0Sommiges beweer die naam kom daarvan dat hulle so hoog in hul heersers se donkerkant op is.<\/p>\n<p>Een byt van die lewensgevaarlike Gekkus Lekkusgattus en jy is jou werk, reputasie en jou menswees kwyt. U sien op die bodem van die krater geld ons driedimensionele werklikheid nie. Die Linkse Gek leef in \u2018n tweedimensionele w\u00eareld waar jy net vorentoe of agtertoe kan beweeg en eintlik is dit een en dieselfde ding. In hierdie bin\u00eare raserny verkeer\u00a0alle mense in een van twee kategorie\u00eb. Jy is \u00f3f \u2018n onderdrukker \u00f3f \u2018n onderdrukte, ook genoem \u2018n oortreder of slagoffer. Die Linkse beskryf sy tweedimensionele w\u00eareld as die &#8220;Patriargie&#8221;, &#8220;Wit Bevoorregting&#8221;, &#8220;Wit Imperialisme&#8221;, &#8220;Taalapartheid&#8221;, &#8220;Wit Monopoliekapitaal&#8221;, &#8220;Witheid&#8221; en sommer enige ander ding wat hy hom verbeel of doodeenvoudig nie van hou nie, of dalk te veel van hou.<\/p>\n<p>In die Linkse Gek se wereld m\u00f3\u00e9t jy sorg dat jy \u2018n slagofffer is. As jy nie \u2018n slagoffer is nie, is jy outomaties \u2018n oortreder met slagoffers van jou eie. So &#8216;n persoon het geen toekoms nie en is uit die staanspoor persona non grata en vo\u00eblvry verklaar vir die ergste vorme van mishandeling. In alle geklikheid word daar ook geen bewyse vereis of jy \u2018n oortreder is of nie. \u2018n Blote aantyging is voldoende. Die Linkse Gek (&#8220;Leftist Lunatic&#8221; in Engels) heg nie veel waarde aan verifieerbaarheid nie. Nee in Gekkus Lekkusgattus se w\u00eareld is niks meetbaar nie en rasionele denke het geen plek nie. Jy hoef bloot iets te voel, dan is dit sommer so, en hoe maller hoe beter.<\/p>\n<p>Daar is egter &#8216;n <em>enkele<\/em> konstante in die Linkse Gek se omgekeerde\u00a0w\u00eareld en dit is ras. Hoewel die Geklike Linkse beweer dat ras nie bestaan nie het hy \u2018n obsessie daarmee. As lg u verwar onthou wat ek vroe\u00ebr gewaarsku het &#8211; wanneer Stellenbosch vir u sin maak, is u reeds van lotjie getik. Wees dus dankbaar as dit u kop behoorlik laat draai. Teenstrydigheid en dubbelpraat is die Linkse se kos. Niks hoef sin te maak nie, solank jy net hard genoeg skree.<\/p>\n<p>U sien die kern van die Gekkus Lekkusgattus se absolutistiese rassekwessie is dat witmense rassiste is en dat swartmense wittes se slagoffers is. Amper alles wat witmense doen is op een of ander manier rassisties, aldus die Linkse. \u2018n Linkse hoef bloot te s\u00ea &#8220;Jou rassis!\u201d dan versteen jy op die plek en jou hele w\u00eareld tuimel inmekaar. Hy\u2019t ook ander towervloekwoorde soos &#8220;Konserwatief&#8221;, &#8220;Islamofoob&#8221;, &#8220;Chauvinis&#8221;, &#8220;Seksis&#8221;, &#8220;Imperialis&#8221;, ens, maar nie een is so dodelik soos die gevreesde &#8220;Rassis!&#8221; nie.<\/p>\n<p>En, hoewel al hierdie tipes as randfigure\u00a0bestaan, het die Linkse se beskuldiging niks met hierdie miniskule minderheid te make nie maar wel alles daarmee om elkeen wat met hom verskil, of van wie hy doodeenvoudig nie hou nie, daarmee beet te kry. Dit is gek en onderduims.<\/p>\n<p>Die Linkse se obsessie eindig\u00a0nie bloot by ras nie, maar gaan oor na alles wat met kleur te make het. Elke greintjie te make met die kleur swart is heilig. Dit sluit in: vanaf die woord \u2018swart\u2019 tot en met swartskoenpolitoer. U sien swartskoenpolitoer is so \u2018n heiligdom dat enige aanwending daarvan op u vel die hoogste vorm van heiligskennis behels &#8211; dis selfs \u2018n duisend maal erger as \u2018n duisend rasgedrewe plaasmoorde. Ja, die Linkse Gek het sy heilige gekheid na die volle kleurspektrum uitgebrei.<\/p>\n<p>In sy dolle brein wat\u2018reeds afgebreek is tot \u2018n soort ebolabesmette bloedsop, het die Geklike Linkse daarin geslaag om aan elke kleurskakering \u2018n graad van heiligheid toe te ken. Soos genoem, swart is die mees heilige kleur in die Linkse se psigotiesmalle heelal. Soos jy na die ligter kant\u00a0van die kleurspektrum beweeg, verloor dit heiligheid. Teen die tyd dat u die kleur &#8220;wit&#8221; op die ander uiterste van die spektrum bereik, is u omsingel deur demone.<\/p>\n<p>En dit is juis te danke aan hierdie kleurspektrum van die Linkses dat NASA die bestaan van die Stellenboschkrater finaal kon bevestig. U sien, omdat die Geklike Linkse heeltemal van sy trollie af is, is hy gene\u00eb tot die mees aggressiewe vorm van histeriese gedrag genaamd sosiale geregtigheid, ook genoem &#8220;transformasie&#8221;. Hierdie sosiopatologie het ons twee Aardse besoekers aan hierdie ondermaanse duur te staan gekom. Synde \u2018n donker kleur is pers naasheilig en ons twee onwetende persgeverfde besoekers vanaf die Aarde het daarmee die hoogste wette van Gatland oortree.<\/p>\n<p>Na \u2018n agterstevoorom ondersoek wat hulle hul huisvesting geskos het, is dit bevestig dat hulle nie die heilige swart nie, maar wel die naasheilige pers misbruik het. Vir die belediging en pyn wat dit al die gatlekkers en gatters meegebring het, moes hulle toe in die openbaar om verskoning vra. Terwyl regdenkende inwoners van ons sonnestelsel nie weet of hulle moet lag of huil ten aanskoue van hierdie stommiteit nie, jaag die tweedimensionele gekke in diens van die ondersoek soos wafferese Don Quijot&#8217;te na die volgende gekleurde windmeul.<\/p>\n<p>Omdat die kleur wit as die mees bose kleur op Stellenbosch geag word, verteenwoordig alles daarmee te make \u2018n probleem. Dis juis hierom dat helderheid van denke, begrip, rasionaliteit, meetbaarheid, wetenskaplikeheid en redelikheid verbode is op Stellenbosh. Dit bring mee dat die inwoners van hierdie eindlose niksheid soos dolle honde in die fekale warboel van hul donker idees rondstrompel. Uit Stellenbosh kom daar geen lig nie, maar net donker gif wat oor \u2018n reeds erg verdeelde landskap vloei. Dat \u2018n eens gesiene universiteit so \u2018n krater van sigself kan maak, is slegs te danke aan die uiterste gekheid van die linkses wat ons land en ons w\u00eareld die afgrond insleep.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As daar nog enige twyfel was, of daar lewe op Mars is, is dit nou uit die weg geruim, so het NASA hierdie week bevestig. Ja inderdaad, lewe is op die diepste en donkerste krater op Mars gevind. Tot onlangs is geglo dat Helas Planitia die grootste en diepste krater op Mars is, maar hierdie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":18,"featured_media":36484,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[126,10],"tags":[235,5665,22116,8825,4861,20142,22117],"class_list":["post-36482","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c118-jh-du-toit","category-rubrieke","tag-links","tag-nasa","tag-pers","tag-regs","tag-stellenbosch","tag-verf","tag-wesens"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36482","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/18"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36482"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36482\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36484"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36482"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36482"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36482"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}